’n Vrou wat in Limpopo met plofstof in haar besit betrap is, sal Vrydag in die hof op Musina verskyn.
Sy is Donderdagaand by die Beitbrug-grenspos voorgekeer.
Die 23-jarige vrou was per bus vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg toe die polisie op die plofstof en 100 ontstekers in haar handbagasie afgekom het.
Die plofstof word gewoonlik gebruik om kitsbanke en kluise mee op te blaas.
Die Suid-Afrikaanse polisie is intussen in verbinding met hul ampsgenote in Zimbabwe om te probeer vasstel of die vrou ’n misdaadgeskiedenis in haar tuisland het. – Sapa
Kenia se polisiehoof het gedreig om joernaliste in hegtenis te neem ná berigte oor grootskaalse buitery deur veiligheidsmagte tydens die terreuraanval op die Westgate-winkelsentrum verlede maand in Nairobi verskyn het.
Genl. David Kimaiyo het Donderdag aan joernaliste gesê dit is “baie duidelik dat daar ’n beperking is” op mediavryheid.
“Ons kyk na individue binne die wet wat op die een of ander manier misdade gepleeg het… Hulle sal binnekort in hegtenis word en voor die hof verskyn, waar hulle die gevolge sal moet dra,” het Kimaiyo gesê.
“Julle het nie nodig om Keniane aan te hits nie, julle het nie nodig om verklarings uit te reik wat neerkom op haatspraak nie,” het hy bygevoeg.
Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe lede van die veiligheidsmagte met plastieksakke uit ’n supermark in die Westgate-winkelsentrum stap kort nadat die vermeende Al Sjabaab-rebelle op omstanders begin skiet het.
Sommige winkeleienaars sê hul winkels is heeltemal geplunder.
Kenia se weermaghoof, Julius Karangi, hou egter vol dat soldate nie geplunder het nie, maar slegs koeldrank in die supermark gevat het om “hul dors te les”.
In ’n poging om te verduidelik hoekom ander items gevat is, het Karangi dit “sanitasie om hul veiligheid te verseker” genoem.
Verskeie eienaars het aan AFP gesê dat hulle die winkels gesluit het voordat hulle gevlug het.
Met hul terugkeer was die winkels egter heeltemal geplunder en waardevolle items soos juwele, selfone en elektriese ware was vermis. – Sapa/AFP
Sowat 106 meisies jonger as 12 is binne drie maande in Pietermaritzburg en omgewing verkrag, het News24/Natal Witness berig
‘n Nuwe verslag toon ook dat 821 meisies jonger as 18 tussen Julie en September vanjaar geboorte gegee het. In dieselfde tydperk is 504 aborsies, meestal op tieners, uitgevoer. Daar is in die tyd 325 verkragtings in die streek alleen aangemeld waarvan 106 gevalle meisies onder 12 was.
Volgens ‘n gesondheidsbeampte is méér meisies tussen die ouderdomme van 15 en 21 MIV-positief as seuns.
Dié syfers het aan die lig gekom tydens ‘n veldtog teen “vroetelpappies” wat in Pietermaritzburg gehou is.
Die veldtog is deur die uMgungundlovu en Msunduzi munisipaliteite se gesondheidsafdelings van stapel gestuur en beklemtoon die negatiewe gevolge van jong meisies wat deur ouer mans met geld oortuig word om verhoudings met hulle te hê. Die munisipaliteite sluit in Pietermaritzburg, Howick, Mpendle, en Richmond.
Drie swart mans is in hegtenis geneem na die moord op die takvoorsitter van die National Union of Mineworkers (NUM) op Marikana in Noordwes.
Brig. Thulani Ngubane sê die drie verdagtes – tussen die ouderdom van 33 en 37 – is vroeër vandeesweek in Nkaneng, Wonderkop Uitbreiding 2, gearresteer.
Ngubane sê die drie mans sal binnekort in die landdroshof in Rustenburg verskyn.
William Setelele (46) is verlede week agt keer in die Nkaneng-lokasie geskiet. – Sapa
Pres. Jacob Zuma gaan “die regering se kostebeparingsproses lei deur ’n goeie voorbeeld te stel”.
Collins Chabane, minister in die presidensie, sê die instruksie om koste te bespaar op luukse motors, reis, verblyf en vermaak kom van Zuma self af.
“Sodra die riglyne uiteengesit is, sal ons sit en kyk na die aangeleenthede wat verband hou met die presidensie in sy geheel en onsself ooreenkomstig aanpas,” sê Chabane.
In sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk het Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag aangekondig dat die regering byvoordele vir alle beamptes gaan sny – van ministers tot burgemeesters – om meer as R2 miljard te bespaar.
Kaapstad is gekies as die gasheerstad vir die 14de Wêreldberaad van Nobel vredespryswenners wat volgende jaar plaasvind. Die aankondiging is in Warskou, Pole gemaak waar die 13de beraad tans plaasvind.
Volgens ‘n verklaring deur die Stad Kaapstad, is dit ‘n eer vir alle Suid-Afrikaners om dit aan te bied en sal daar seker gemaak word dat dit net so vlot soos vanjaar se beraad verloop.
Voorbereidings het glo alreeds begin vir dié groot beraad oor presies 350 dae.
Vier Suid-Afrikaners het al die Nobelprys vir vrede gewen: Albert Luthuli, die voormalige leier van die ANC (1960) , Aartsbiskop Desmond Tutu (1984) , asook voormalige Presidente FW de Klerk en Nelson Mandela, saam in 1993.
Die toekenning was al dikwels in omstredenheid gehul. Sedert Mandela en De Klerk hulle gedeelde prys ontvang het, het geweld en misdaad in Suid-Afrika dramaties toegeneem.
PresidentObama,dieNobelpryswenner vir Vrede in 2009 het gesorg dat hy Afghanistan, Libië, Egipte, Jemen ennouSirië met geweld teister.
Obama se verdienstelikheid as ontvanger is veral vertroebel deur ‘n voorgesteldemilitêre aanval opdieSiriese regering waarvoor nòg sy bondgenote, nòg sy landgenote enige aptyt gehad het.
Dit wil tewens lyk dit of sekerepresidentenienaastenby genoegaandag aandie geskiedenis van die soort wêreldleiers watgewen het, skenk nie.
Hierdieinternasionaleeer is voorheen aan groot geeste soos HenryDunant, die stigter vandie Internasionale Rooikruis,AmerikaansesosialehervormerJaneAddams, en GeorgeMarshall,dieargitekvan ‘n vreedsamepost-1945 Europa, toegeken.
Van die aanvallers van 9/11, al-Kaida, het Obama gesê dat die groepinwerklikheid vreedsame naastebestaan in Sirië nastreef. Daarmee het die glans van die prys finaal verdof.
Die1953Nobelprys vir Letterkunde aan die destydse Britse premierWinstonChurchillvir symemoirs, het Churchill genoop om na bewering op te merk:“Ek hoopdit is nievir vrede nie!”
Luitenant-kolonel Duncan Scott van die polisie is vanoggend geroskam deur advokaat George Bizos van die Regshulpsentrum tydens die Marikana Kommissie van Ondersoek se sitting in Centurion.
Bizos het tydens Scott se kruisverhoor hom gevra hoe die polisie daarin geslaag het om 34 mynwerkers dood te skiet en self ongedeerd daaruit te kom.
Die plan wat deur die polisie uitgevoer is om die oproeriges op Marikana te bedwing, was Scott se idee.
Dit het behels om die mynwerkers uiteen te jaag, te omsingel en te ontwapen op 16 Augustus verlede jaar.
Bizos voer aan dat almal wat die plan uitgedink, aanvaar en uitgevoer het, vir die sterftes verantwoordelik is. – RSG
Die skorsing van genl.maj. Chris Ngcobo, waarnemende hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid oor ‘teenstrydighede met sy kwalifikasies’, is alreeds ‘n ernstige vingerwysing na die staat van disfunksionaliteit waarin die eenheid verval het, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor die polisie gesê.
Daar is ernstige vrae moet gevra word oor waarom die ongerymdhede rondom Ngcobo nou eers op die lappe kom nadat hy reeds in Junie verlede jaar in die pos aangestel is.
Die eenheid is ironies genoeg juis veronderstel om die spesialis op die gebied van hierdie tipe inligting te wees.
Die eenheid spesialiseer onder meer in koverte optredes en meeluistering en is die regering se ‘oë en ore’ om inligting te bekom wat as ‘n bedreiging vir die staat beskou kan word.
Dit is alom bekend, en is reeds wyd in die media gerapporteer, dat Ngcobo ‘n voormalige lyfwag en vertroueling is van pres. Jacob Zuma.
“Hierdie eenheid is werklik die ‘Big Brother’ wat oor alle landsburgers se skouers loer en toegang kan kry tot die mees sensitiewe inligting oor enige persoon.
“Uit hoofde van sy amp sou Ngcobo op internasionale vlak met ampsgenote gepraat en inligting uitgeruil het. Daarvoor moes hy oor die hoogste sekerheidsklaring beskik. Dis moeilik om te aanvaar dat daar nou eers met sy kwalifikasies fout gevind word.
“Dit is werklik skrikwekkend dat ‘n eenheid met soveel mag so totaal disfunksioneel kon raak. Dit maak Suid-Afrika ‘n bespotting van die internasionale intelligensie-gemeenskap en behoort elke Suid-Afrikaner tot onrustigheid te stem,” lui die VF+ se verklaring.
Die moord van ‘n 20-jarige swart man in Bekkersdal, wes van Johannesburg, is nie gekoppel aan gewelddadige betogings in die gebied nie, het die polisie Donderdag gesê.
Woordvoerder konst Elsie Tshonte het gesê: ” Die voorval kan nie gekoppel word aan die protes nie want twee mans was buite hul krot Woensdagnag toe ‘n voertuig met vier insittendes hulle genader het.”
Volgens ‘n ooggetuie , het die motor met die vier insittendes aangekom om 23:00 .
Twee passasiers het uitgeklim en die twee mans wat buite die hut gesit het beledig, waarna vier skote afgevuur is wat een van die mans noodlottig gewond het.
Die aanvallers het terug in die motor gespring en weggejaag .
Die man wat geskiet is, is op die toneel dood.
Die vermoorde man, Themba Khumalo en sy vriend het na bewering gebots met die ondersteuners van ‘n plaaslike raadslid wat inwoners afgedank wil hê.
Die area is getref deur oproer oor dienslewering oor die afgelope week. Inwoners eis dat die Westonaria munisipaliteit ontbind en onder administrasie geplaas word.
Woensdag is ‘n buitelandse winkel eienaar in hegtenis geneem nadat hy na bewering op ‘n ander man geskiet het. Hy staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord .
Verlede week is 35 mense in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld nadat ‘n petrolbom en klippe gegooi is na die polisiestasie .
Drie polisievoertuie en ‘n rampbestuurvoertuig is beskadig in die aanval.
Die onrus het Donderdag na die naburige township, Simunye oorgespoel.
Gemeenskapslede sê dit sal ‘n sterk boodskap stuur aan die regering om spoedig op te tree en skole sal ook geteiken word.
Vanoggend moes ‘n polisiebeampte vir sy lewe vlug nadat ‘n groep woedende inwoners hom wou aanval. Hulle glo dat die polisie verantwoordelik is vir die dood van die 20-jarige man.
Vroeër is bespiegel dat die onrus na omliggende gebiede soos Simunye en Thusanang kan uitbrei, maar die polisie het die intussen die orde herstel. – Sapa