
Luitenant-kolonel Duncan Scott van die polisie is vanoggend geroskam deur advokaat George Bizos van die Regshulpsentrum tydens die Marikana Kommissie van Ondersoek se sitting in Centurion.
Bizos het tydens Scott se kruisverhoor hom gevra hoe die polisie daarin geslaag het om 34 mynwerkers dood te skiet en self ongedeerd daaruit te kom.
Die plan wat deur die polisie uitgevoer is om die oproeriges op Marikana te bedwing, was Scott se idee.
Dit het behels om die mynwerkers uiteen te jaag, te omsingel en te ontwapen op 16 Augustus verlede jaar.
Bizos voer aan dat almal wat die plan uitgedink, aanvaar en uitgevoer het, vir die sterftes verantwoordelik is. – RSG

Malaka,
Boontjie kry sy loontjie, die “slagoffers” was grootgemaak om te plunder en moor, deur die einste persoon wat deur Bizos verdedig was tydens Rivonia, 46664.
Het Bizos nou kante geruil?
Hy & sy volksgenote het net een kant, naamlik die een wat hulle bevoordeel en verryk!
So word dit duidelik dat die polisie hulle hand oorspeel het. Wie het nog aan hierdie plan gewerk? Kyk maar hoe Ramaphosa se hand in hierdie steek. Hier is groot onheilighede aan die gang waar die “elite” die polisie vir hulle vuil werk gebruik.
Hierdie storie het Lonmin se aandele prys skade aangedoen, wie het met die val eweskielik baie aandele gekoop? Is hulle besig om die myn bankrot te maak sodat die staat dit MOET oorvat? Ek weet nie maar daar is net te veel dinge wat nie klop nie.