praag.co.za

Misdaadintelligensie-eenheid in ‘disfunksionele krisis’

Written by

in

,
Chris Ngcobo
Genl.maj. Chris Ngcobo

Die skorsing van genl.maj. Chris Ngcobo, waarnemende hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid oor ‘teenstrydighede met sy kwalifikasies’, is alreeds ‘n ernstige vingerwysing na die staat van disfunksionaliteit waarin die eenheid verval het, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor die polisie gesê.

Daar is ernstige vrae moet gevra word oor waarom die ongerymdhede rondom Ngcobo nou eers op die lappe kom nadat hy reeds in Junie verlede jaar in die pos aangestel is.

Die eenheid is ironies genoeg juis veronderstel om die spesialis op die gebied van hierdie tipe inligting te wees.

Die eenheid spesialiseer onder meer in koverte optredes en meeluistering en is die regering se ‘oë en ore’ om inligting te bekom wat as ‘n bedreiging vir die staat beskou kan word.

Dit is alom bekend, en is reeds wyd in die media gerapporteer, dat Ngcobo ‘n voormalige lyfwag en vertroueling is van pres. Jacob Zuma.

“Hierdie eenheid is werklik die ‘Big Brother’ wat oor alle landsburgers se skouers loer en toegang kan kry tot die mees sensitiewe inligting oor enige persoon.

“Uit hoofde van sy amp sou Ngcobo op internasionale vlak met ampsgenote gepraat en inligting uitgeruil het. Daarvoor moes hy oor die hoogste sekerheidsklaring beskik. Dis moeilik om te aanvaar dat daar nou eers met sy kwalifikasies fout gevind word.

“Dit is werklik skrikwekkend dat ‘n eenheid met soveel mag so totaal disfunksioneel kon raak. Dit maak Suid-Afrika ‘n bespotting van die internasionale intelligensie-gemeenskap en behoort elke Suid-Afrikaner tot onrustigheid te stem,” lui die VF+ se verklaring.

Comments

8 responses to “Misdaadintelligensie-eenheid in ‘disfunksionele krisis’”

  1. Willy Avatar
    Willy

    Ngcobo was seker aangestel om Zuma te beskerm sodat hy ook een van die skilde rondom hom moet wees. Dis nie verbasend dat hy soos ‘n neut klou aan daardie pos nie.

    1. Johan Avatar
      Johan

      Inderdaad ‘n netelige situasie! 😉 Hulle is geen neute nie Willy – Hulle, gee nete ‘n goeie naam! 😉

  2. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    Raak ontslae van Riah Phiyega ook ! Verdomde skande.
    Intussen wag ek om te hoor of die saak teen Richard Mdluli heropen word …
    WEG MET AL HIERDIE … UHM … !

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hy het nou seker weer iemand kwaad gemaak en nou is hierdie maar die stok om hom uit die kussings te lig. Kyk maar hoe hierdie dalk met die Zuma opnames verbind kan word – ek bespiegel dat daar ongerymdhede ook met die aan die gang is.
    Daar is net te veel van hierdie goed wat nou uitkom – dit lyk of iemand huis skoonmaak en mense wat nader is in die posisies plaas.

  4. Andrea Avatar
    Andrea

    Ek is nie seker wat ek eerste wil doen nie, lag of huil? Met hierdie klas Big Brother is ons land weerloos. Bygesê, wat gaan hierdie klomp iedjits kan doen in die geval van ‘n staatsgreep?

  5. Trompie Avatar
    Trompie

    Hoe kan so baie witmense hulself blindstaar aan al hierdie gevaartekens. Ek kan in my geestesoog hoe Zuma hierdie knap nader vir die posisie. Ek is heilig oortuig die regering weet van al hierdie dinge…dis eers wanneer dit op die lappe kom dat hulle iets moet doen om dit op te “cover”.
    Meeste van die mense wat ek ken wil nie hierdie dinge bespreek nie.

  6. Riempies Avatar
    Riempies

    Agnee wat ons Boere wil nou eenmaal nie die opperasionele funksionering van die ANC verstaan nie – die ANC se topstruktuur het nie die kennis nodig as hulle die mag het nie – hulle huur blankes met die kennis om vir hulle die werk te doen sodat hulle die salaris kan kry.
    Nou hoekom nou diskrimineer teen genl.maj. Chris Ngcobogenl.maj. Chris Ngcobo as die uitsondering vir onbekwaamheid?

  7. norainbownation Avatar
    norainbownation

    Die hele anc regering is disfunksioneel, van 1994 af!

Leave a Reply