Drie swart mans is in hegtenis geneem na die moord op die takvoorsitter van die National Union of Mineworkers (NUM) op Marikana in Noordwes.
Brig. Thulani Ngubane sê die drie verdagtes – tussen die ouderdom van 33 en 37 – is vroeër vandeesweek in Nkaneng, Wonderkop Uitbreiding 2, gearresteer.
Ngubane sê die drie mans sal binnekort in die landdroshof in Rustenburg verskyn.
William Setelele (46) is verlede week agt keer in die Nkaneng-lokasie geskiet. – Sapa

Daardie faksiegeveg tussen die unies gaan so lank aanhou as wat Malema die vuur daar bly stook.
Hulle kan maar mekaar vrek maak, dit pla my nie die minste nie.