Pres. Jacob Zuma gaan “die regering se kostebeparingsproses lei deur ’n goeie voorbeeld te stel”.
Collins Chabane, minister in die presidensie, sê die instruksie om koste te bespaar op luukse motors, reis, verblyf en vermaak kom van Zuma self af.
“Sodra die riglyne uiteengesit is, sal ons sit en kyk na die aangeleenthede wat verband hou met die presidensie in sy geheel en onsself ooreenkomstig aanpas,” sê Chabane.
In sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk het Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag aangekondig dat die regering byvoordele vir alle beamptes gaan sny – van ministers tot burgemeesters – om meer as R2 miljard te bespaar.
Dit is vanaf 1 Desember van krag. – Sapa
