Zuma gaan voorbeeld stel met besparings

zumawivesPres. Jacob Zuma gaan “die regering se kostebeparingsproses lei deur ’n goeie voorbeeld te stel”.

Collins Chabane, minister in die presidensie, sê die instruksie om koste te bespaar op luukse motors, reis, verblyf en vermaak kom van Zuma self af.

“Sodra die riglyne uiteengesit is, sal ons sit en kyk na die aangeleenthede wat verband hou met die presidensie in sy geheel en onsself ooreenkomstig aanpas,” sê Chabane.

In sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk het Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag aangekondig dat die regering byvoordele vir alle beamptes gaan sny – van ministers tot burgemeesters – om meer as R2 miljard te bespaar.

Dit is vanaf 1 Desember van krag. – Sapa

63 thoughts on “Zuma gaan voorbeeld stel met besparings”

          1. In this case Trippie….the last cut will be the deepest. Die cut wat hy uit ons belastinbetalers se sake ge-cut het.

  1. Alles goed en wel. Hoeveel van sy vroue hoef ons as belastingbetalers nie meer te onderhou nie? Watter eiendomsagent gaan die verkoopstransaksie hanteer van sy super kraal dat daardie geld terugkom na ons belastingbetalers toe. Die bedrogsake hangend en die wapenskandaal? Kan ons as belastingbetalers miskien ‘n terugbetaling verwag?

    1. Goeie vraag Willy, hoe lank gaan hierdie goeie voorbeeld duur?
      Dit maak my bitter kwaad om die honger kindertjies, wit en swart, te sien bedel. My man raak al vies vir my omdat ek elke keer vir hulle geld gee of kos koop. Kan dit nie verdra om self met ‘n vol maag te loop terwyl hierdie mense net vra vir ‘n stukkie brood nie.

      1. Leana ek is so regs dat ek al amper links kan lyk – maar ek kan ook nie die ellende net miskyk nie – ek gee ook maar daar waar ek is
        kos as dit voor my deur kom. Hoe kan n mens anders as veragting voel vir hierdie ANC regering wat in 20 jaar nog geen poging
        aangewend het om werk te skep vir hierdie swartes wat swaarkry nie en net kyk hoe groot hulle hulle miljarde nog kan opstoot.

        Dan dink mens – as jy hierdie swartes sien aan die honderde duisende blankes – jou eie mense en hulle kindertjies wat menigmaal honger gaan slaap in plakkerskampe en FW gewetenloos swyg soos die graf met n dik gevrete liggaam en die ANC net dieselfde.

        1. Netso Riempies! Dit laat so ‘n wrang smaak in my mond as ek sien hoe die “dames” en Minister Zuma ge-dress to kill is op die foto. Dik gevreet soos jy se.
          Wit plakkerkampe met brandmaer blankes wat jou aanstaar met lee oe. Ingetrekte hang skouers van al die swaarkry dae. Terwyl klein kindertjies daar rondhardloop met verslete kleertjies en kaal voetjies. Te klein om te besef hulle is eintlik “anders”. Geen lekkernytjie om te eet nie, geen geskenkie op hul verjaarsdag nie, niks. Net lee beloftes.

  2. Die keurige uitrustings van ons Prez se gades getuig van goeie smaak. As noodwendige ambassadeurs van ons land – dink ek dis net billik dat daar in die verband tog nie aan hul toelaes getorring sal word nie.
    Is ook mal oor hoe daar op subtiele manier met die kleurskema van ons landsvlag omgegaan word. Patriotte van formaat……SEG ek !

          1. Maar Riempies, ek hou nie daarvan om my taal te verkrag nie – kyk nou …

            Ek het ‘n groot kartonverpakkingshouer Ferrero Rocher sjokolade ontvang …

            Die presidentsvroue se uitrustings is uit de oude kartonverpakkingshouer …

            En libtards (libidiots) is kartonverpakkingshouers …

            Hehehe !

          2. Trippie verstaan jou dillema – en die woord is ook so ongemaklik lank – dink dr. Dan moet vir Disqus aantree om op te skerp en konteks analise ook by te sit nie net die woord nie – ons leef mos darrem nou in die 21ste eeu of hoe? 😉

          1. Dominee: “EINAD, hoeveel vroue dink jy moet ‘n man hê ?”

            EINAD: “Sestien, Dominee.”

            Dominee: “Hoekom sestien ?”

            EINAD: “4 richer, 4 poorer, 4 better, 4 worse ! ”

            “GIVE THIS MAN A PAPSAK !”

            ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

            Echo India November Alpha Delta ….

  3. Kilo Alfa Kilo!!

    Gaan skilpad nog n vrou vat en die kombuis bediendes afbetaal?
    Gaan hy Nkandla skenk aan vigs wesies?
    Gaan hy kyk of hy bietjie meer by die huis kan bly?
    Gaan hulle die bloulig brigade toemaak?
    Gaan hy die politici op klok kaarte plaas, sodat ons hulle werks ure kan sien?
    Gaan hy minder stort?

    Waarom glo ek nie die storie nie?
    Die kabinet moet net een ding doen en dit is deur te besef vir wie hulle werk….dit is ons, die belastingbetaler.

Maak 'n opvolg-bydrae