Twis tussen Rusland en SA oor visums

‘n Diplomatieke onderonsie dreig tussen Suid-Afrika en Rusland oor visums.

‘n Besluit deur Moskou om nie visum-vereistes vir Suid-Afrikaners te verslap nie, het glo gelei tot die verskil.

Suid-Afrikaanse sakelui is ontevrede dat Suid-Afrika nie ingesluit word by BRICS-lande nie, aangesien visum-vereistes vir alle lede van die BRICS-lande intussen verslap is.

Volgens Rusland moet Suid-Afrikaners persoonlik om visums aansoek doen.

Die mede-voorsitter van die Rusland/Suid-Afrika sakeforum, Ndaba Ntsele sê hulle het die kwessie telke male sonder sukses met die Russiese regering probeer oppper.

Zuma gaan voorbeeld stel met besparings

zumawivesPres. Jacob Zuma gaan “die regering se kostebeparingsproses lei deur ’n goeie voorbeeld te stel”.

Collins Chabane, minister in die presidensie, sê die instruksie om koste te bespaar op luukse motors, reis, verblyf en vermaak kom van Zuma self af.

“Sodra die riglyne uiteengesit is, sal ons sit en kyk na die aangeleenthede wat verband hou met die presidensie in sy geheel en onsself ooreenkomstig aanpas,” sê Chabane.

In sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk het Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag aangekondig dat die regering byvoordele vir alle beamptes gaan sny – van ministers tot burgemeesters – om meer as R2 miljard te bespaar.

Dit is vanaf 1 Desember van krag. – Sapa