Twee tieners vermis by Heroldsbaai

Twee tieners word vermis nadat hulle vanoggend by Heroldsbaai naby George deur branders van rotse af geslaan is.

‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê die voorval het by ‘n plek wat plaaslik as Voëlklip bekend staan, gebeur.

Pojie sê ‘n 29-jarige man en twee 14-jarige seuns het gaan visvang toe hulle deur branders van die rotse afgeslaan is.

Die man kon daarin slaag om na veiligheid te swem. Die twee seuns, onderskeidelik van Kimberley en George het egter onder die water verdwyn.

Pojie sê die see is baie rof in die Voëlklip omgewing en hy het vakansiegangers gemaan om die gebied veiligheidshalwe te vermy.

Tienerseun wees na swartes toeslaan vir selfoon

‘n Gewapende rooftog het ‘n 14-jarige seun van Primrose, Germiston wees gelaat nadat swart aanvallers sy ma, ‘n geliefde kleuterskoolonderwyseres, en ouer suster voor hom geskiet het.

Die seun se pa is ‘n jaar gelede aan weens siekte oorlede.

Carol Pretorius (54), haar dogter Erika (26), en haar tienerseun het Dinsdagaand net na agt in die oprit by Erika se huis stilgehou.

Toe die seun uit die motor klim om die hek oop te maak, het hy die vier swartes in ‘n motor gewaar en dadelik onraad vermoed.

Hy het daarna vir sy ma en sus geskree om hulleself in die motor toe te sluit.

Twee gewapende swartes het uit die verdagte voertuig gespring en Carol en Erika in hul koppe geskiet terwyl hulle nog in die motor gesit het.

Hulle het net ‘n selfoon gesteel.

Erika se bejaarde buurman wat kom ondersoek instel het, nadat hy die skote gehoor het, is in die bors geskiet.

Die swart aanvallers het in hul eie voertuig gevlug.

Carol is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het.

Erika is in dieselfe hospitaal opgeneem en haar toestand is steeds kritiek. Ten spyte daarvan is sy steeds nie na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas nie.

Volgens die polisie is die buurman se toestand stabiel.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Verkragtingsyfers van minderjariges skokkend

rape8Sowat 106 meisies jonger as 12 is binne drie maande in Pietermaritzburg en omgewing verkrag, het News24/Natal Witness berig

‘n Nuwe verslag toon ook dat 821 meisies jonger as 18 tussen Julie en September vanjaar geboorte gegee het. In dieselfde tydperk is 504 aborsies, meestal op tieners, uitgevoer. Daar is in die tyd 325 verkragtings in die streek alleen aangemeld waarvan 106 gevalle meisies onder 12 was.

Volgens ‘n gesondheidsbeampte is méér meisies tussen die ouderdomme van 15 en 21 MIV-positief as seuns.

Dié syfers het aan die lig gekom tydens ‘n veldtog teen “vroetelpappies” wat in Pietermaritzburg gehou is.

Die veldtog is deur die uMgungundlovu en Msunduzi munisipaliteite se gesondheidsafdelings van stapel gestuur  en beklemtoon die negatiewe gevolge van jong meisies wat deur ouer mans met geld oortuig word om verhoudings met hulle te hê. Die munisipaliteite sluit in Pietermaritzburg, Howick, Mpendle, en Richmond.

Tieners verkies onveilige seks

young-south-africansDie meeste tieners in Gauteng verkies onveilige seks, het die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling bevind.

Tydens die mediainligtingsessie is die verslag wat lui: “Faktore wat verband hou met tienerswangerskappe in Gauteng-provinsie”, deur die LUR vir maatskaplike ontwikkeling Nandi Mayathula-Khoza belig. Sy het gesê tienerswangerskappe was ‘n probleem wat kan nie geïgnoreer word nie.

“Ja, meisies wat swanger raak het ‘n reg om voort te gaan met skool. Die probleem is egter, dit dra by tot die vlak van werkloosheid, asook meisies wat die skool verlaat as gevolg van swangerskap.”

Eksperimentering met seks, en faktore soos die feit dat verskeie seksmaats en vennote van uiteenlopende ouderdomme betrokke is, moet aangespreek word, het Mayathula-Khoza gesê.

Die studie, wat deel uitmaak van ‘n nasionale opname, is oor vyf weke by skole gedoen. Meer as 500 leerlinge tussen die ouderdomme van 13 en 18 het vraelyste ingevul, en 19 fokusgroepe, bestaande uit 10 tot 12 leerlinge, is gevorm.

Die Departement van Basiese Onderwys beraam dat 94.000 skoolmeisies swanger geraak het gedurende 2011.

Net meer as 1600 swangerskappe is in Mpumalanga se skole in die hele 2012 aangeteken, maar teen Mei vanjaar 1 564 leerlinge was glo swanger.

Die Gautengse departement van gesondheid het bevind dat 4217 van 1040760 leerlinge in die provinsie swanger geword het in 2011, in vergelyking met 4874 van 953170 leerlinge drie jaar vroeër.

Maar Mayathula-Khoza het gesê die afname in die getal swangerskappe nie moet die provinsie nie van verdere optrede laat afwyk nie.

Vroeër vanjaar het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi ouer mans wat meisies lok vir seks in ruil vir geld, gekritiseer.

Hy het gesê meisies was vier tot agt keer meer geneig om te word wat met MIV besmet as seuns van dieselfde ouderdom.

Die nasionale departement het bevind dat 28% van skoolmeisies landwyd MIV-positief is, terwyl slegs 4% van seuns met die virus besmet is. – timeslive.co.za