‘n Gewapende rooftog het ‘n 14-jarige seun van Primrose, Germiston wees gelaat nadat swart aanvallers sy ma, ‘n geliefde kleuterskoolonderwyseres, en ouer suster voor hom geskiet het.
Die seun se pa is ‘n jaar gelede aan weens siekte oorlede.
Carol Pretorius (54), haar dogter Erika (26), en haar tienerseun het Dinsdagaand net na agt in die oprit by Erika se huis stilgehou.
Toe die seun uit die motor klim om die hek oop te maak, het hy die vier swartes in ‘n motor gewaar en dadelik onraad vermoed.
Hy het daarna vir sy ma en sus geskree om hulleself in die motor toe te sluit.
Twee gewapende swartes het uit die verdagte voertuig gespring en Carol en Erika in hul koppe geskiet terwyl hulle nog in die motor gesit het.
Hulle het net ‘n selfoon gesteel.
Erika se bejaarde buurman wat kom ondersoek instel het, nadat hy die skote gehoor het, is in die bors geskiet.
Die swart aanvallers het in hul eie voertuig gevlug.
Carol is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het.
Erika is in dieselfe hospitaal opgeneem en haar toestand is steeds kritiek. Ten spyte daarvan is sy steeds nie na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas nie.
Volgens die polisie is die buurman se toestand stabiel.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
