
’n Vrou wat in Limpopo met plofstof in haar besit betrap is, sal Vrydag in die hof op Musina verskyn.
Sy is Donderdagaand by die Beitbrug-grenspos voorgekeer.
Die 23-jarige vrou was per bus vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg toe die polisie op die plofstof en 100 ontstekers in haar handbagasie afgekom het.
Die plofstof word gewoonlik gebruik om kitsbanke en kluise mee op te blaas.
Die Suid-Afrikaanse polisie is intussen in verbinding met hul ampsgenote in Zimbabwe om te probeer vasstel of die vrou ’n misdaadgeskiedenis in haar tuisland het. – Sapa

Wel, as sy nie ‘n misdaadgeskiedenis in haar tuisland gehad het nie, het sy nou een !
Eerder ‘n geskrewe waarskuwing want sy bring niks geld terug Zim toe nie!
Hoekom daardie plofstof ‘n vertragingslont gehad het weet nugter!
Wou eers ‘n coke en pasty by die Quickshop gekry het, dan lyk sy soos nog ‘n onskuldige slagoffer!
Zim het ZA laaaakal binnegeval. Is dit hoekom Malema by bob gaan kuier het? Vry hy vir die goewerneurspos?
Kom maar hierdie kant om kitsbanke op te blaas wat daar is niks om op te blaas in Zim nie!
Misdaad geskiedenis in haar tuisland? “Yeah right” .
Hoekom sal sy na Zim toe gaan vir plofstof?
Hierdie bliksems is almal kop in een mus.