Perfect China, wat ’n belang van 51% in Perfect Wines of South Africa besit, het pas die Val de Vie-wynlandgoed tussen die Paarl en Franschhoek, gekoop.
Dit is die eerste Chinese belegging in die plaaslike wynbedryf. Dit sluit die wynplaas van 25 ha en die historiese herehuis in en is bekend vir sy Rhône-styl wyne
Hein Koegelenberg, voorsitter van Perfect Wines of South Africa en uitvoerende hoof van die wynlandgoedere La Motte en Leopard’s Leap, wou nie die koopbedrag bekendmaak nie.
’n Groter, baie duur vatverouderingskelder word in die vooruitsig gestel, en die herehuis, wat van 1783 dateer, sal in ’n Hugenote-museum omgeskep word.
Perfect Wines of South Africa voer sedert 2011 wyne uit na China.
Koegelenberg sê L’Huguenot, die wynhandelsnaam wat spesiaal vir die Chinese mark geskep is, is verantwoordelik vir byna 50% van die totale Suid-Afrikaanse wynuitvoer na China.
Perfect China versprei L’Huguenot in die Verre Ooste sowel as in Maleisië, Thailand, Hongkong, Indonesië, Singapoer, Taiwan en Viëtnam as deel van die strategie om Suid-Afrikaanse wyntoerisme in China te bemark.
Koegelenberg se span het aanvanklik op eie koste Franschhoek se toerismegids in Mandaryns vertaal en 60 000 eksemplare in China versprei.
Roy Bennet, tesourier van Zimbabwe se opposisieparty, het ‘n oproep om weerstand teen Robert Mugabe se bewind gedoen.
“Ek praat van passiewe weerstand. Ek praat van mense wat die land tot stilstand bring – moenie julle rekeninge betaal nie, moenie gaan werk nie.”
Hy het dié oproep gedoen vir ‘n veldtog om die land tot ‘n stilstand te bring nadat pres. Robert Mugabe ‘n oorwinning in Woensdag se verkiesing voorspel het.
“Daar moet weerstand teen hierdie diefstal wees en die mense van Zimbabwe moet opstaan en dit aanspreek,” het Bennett Donderdag aan AFP in Johannesburg gesê. – Sapa/AFP
Die MDC se leier, Morgan Tsvangirai, het vroeër gesê die verkiesing was ‘n klug.
Die party het ook beswaar gemaak oor ‘n gebrek aan deursigtigheid oor die druk van stembriewe, die groot aantal kiesers wat by stembusse weggewys is en die kiesersrol wat chaoties was.
Die finale uitslae moet nog bekend gemaak word, maar Mugabe se Zanu-PF voorspel reeds ‘n oorweldigende meerderheid.
PresidentJacobZumahet Donderdagdie SAUK aangemoedig om Afrika se suksesvarhale watdie vasteland sevorderingweerspieël, te vertel.
Die24-uurnuuskanaalmoet nie netfokus opmisdaad en korrupsienie, maar die land segoeie eienskappe weergee, het hy gesêby dienuwe kanaalse bekendstelling,inAucklandPark, Johannesburg.
“Ekhoop dat hierdiekanaal die houdinge salverander enSuid-Afrikanerstrots sal maak op wathullein staat was omte bereikop hul eie.Inkort,die wareSuid-Afrikaanse storiewat wag omvertel te word.“
Diekanaal sal uitsendings opDStvse kanaal404 uitsaai,enwas geskeduleerom te beginvanaf18:00. “Die groei vandie kommunikasiesektor…is merkwaardig,” het Zuma gesê.
Zumahet gesê dit sal‘n deurslaggewende rolspeelin die samelewingwant mediais ‘n belangrikekommunikasie-instrument. “Ons is gelukkig omte leefin‘n tydperk vanAfro–optimisme,” het hy bygevoeg.
Die nuwe kanaal sal in al 11 tale uitsaai en is oënskynlik geskep om die verskillende tale tot hul reg te laat kom. DStv behoort aan Naspers.
Kritici meen só ‘n ondeneming sal nooit winsgewend wees nie en dit is bloot ’n manier om die dalende kykergetalle van SABC2 te probeer teenwerk, terwyl die nuwe kanaal ’n gulde geleentheid sal bied om in al die verskillende tale ‘n nasiebouoffensief tot voordeel van die maghebbers uit te bou.
Die Afrikaanse kyker was lank die SAUK se melkkoei, aangesien adverteerders gretig is om geld uit te haal waar kykergetalle hoog is.
Afgevaardigdes nadie bekendstellinghet Zumaseeweknievan LesothoTomThabane,minister van kommunikasie,YunusCarrimen sokkeradministrateurIrvinKhoza ingesluit.
Carrim het gesê ditsal gratis beskikbaar wees opTVsodra dieskuifvan analoog nadigitaletelevisiegebeur. DStv is steeds ‘n betaalkanaal en ‘n groot bron van inkomste vir Naspers.
Die besluit het vir kritiek teen dieSAUKgesorg om sy24-uurnuusaan te bied op‘n betaalplatformwat oor diedie enigsteopenbare uitsaaimandaatindie land beskik.
Carrimhet egtervrese dat diekanaalfinansieelonvolhoubaar is geïrriteerd afgemaaken gesêdit is dierisiko wat sulke kanale reg oor die hele wêreld in die gesig staar.
Hy hetdie hoop uitgespreekdat diekanaalsal help om gehorewat hulle verloor het, terug te wen.
Die bekendstelling hetsaamgeval met die77steherdenking van dieSABC.
Die besturende direkteur van die ATKV, Japie Gouws, sê hy is opgewonde oor die groter blootstelling wat gebied word en wat “opbouend” vir Afrikaans sal wees.
President Jacob Zuma sê die regering het nog nie sy planne laat vaar om vyf miljoen nuwe werksgeleenthde teen 2020 te skep nie.
Statistiek Suid-Afrika het vroeër die week bekendgemaak dat die getal werklose mense in die tweede kwartaal van die jaar tot vier komma sewe miljoen toegeneem het – die grootste nog.
Tussen die eerste en tweede kwartale van vanjaar het 122 000 werksgeleenthede verlore gegaan.
Zuma het Donderdagaand in Johannesburg by die bekendstelling van die SAUK se 24-uur nuuskanaal op DSTV gesê die uitdaging is dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei om werkskepping te bevorder nie.
Die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad werk intussen onverpoosd om tegnologie te ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om beter lewens te lei.
Die bestuurshoof van die WNNR, Sibusiso Sibisa het by die Raad se Meraka Instituut in Pretoria ‘n beroep op jong Suid-Afrikaners gedoen om wiskunde en wetenskap as vakke op skool te neem.
Hy het die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom, op ‘n toer vergesel van sommige van die projekte waaraan gewerk word.
Sibisa sê geleenthede soos die WNNR se Wetenskapsweek, wat vandeesweek plaasvind, is daarop gemik om belangstelling in wiskunde en wetenskap te help bevorder. – RSG
Die voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), het boere Woensdag op dié organisasie se jaarlikse kongres in Bloemfontein gerusgestel dat blanke in die Vrystaat geen rede tot paniek het oor grondgryp nie.
Dan Kriek het VL se verbintenis tot ordelike grondhervorming geprys met die aankondiging dat sy provinsiale grondoudit afgehandel is.
Kriek, sê dié inisiatief is die afgelope 18 maande met die samewerking van die staat aangepak en maak die Vrystaat die pionier-provinsie op dié gebied.
Dit is ’n poging om die ongeregtigheid van die nalatenskap van die Wet op Naturellegrond van 1913 reg te stel.
Kriek het vroeër in reaksie op die honderdjarige herdenking van dié wet gesê die nalatenskap daarvan kan nie verdedig word nie.
Kriek sê die regering se mikpunt om 30% van grond wat in 1994 in wit besit was aan swart eienaars te oorhandig, is onafdwingbaar.
Vrystaat Landbou en die provinsie se departement van grondsake se volledige grondoudit wys dat meer as 10,775 miljoen hektaar (86,39%) landbougrond in die provinsie in wit hande is.
Die totale landbougrondoppervlak in die Vrystaat meer as 12,196 miljoen hektaar waarvan 152 700 hektaar (1,22%) in swart privaatbesit is, en 209 000 hektaar deur die staat vir swartes aangekoop is. Ongeveer 5,31% is in staatsbesit.
Prof. Nick Vink, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, sê die hoë persentasie wit grondbesit toon dat grondhervorming ’n “algehele mislukking is”.
Vink en prof. Johann Kirsten, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, was gassprekers op die kongres.
‘n 31-Jarige wit vrou is Vrydagoggend deur drie kapers by n huis in Brakpan-Noord ingewag, waar sy elke oggend n persoon wat saam met haar ry, oplaai
Die vrou het versoek dat haar naam nie gepubliseer moet word nie.
Volgens haar man ry sy elke oggend min of meer dieselfde tyd vanaf hul huis in Brakpan-sentraal na Malanstraat, waar sy die ander persoon oplaai.
“Ek glo die kapers het haar al n rukkie lank fyn dopgehou, want dit is asof alles net mooi volgens hul plan verloop het”, het haar man gesê.
Die vrou het voor die huis stilgehou en die passasiersdeur oopgessluit.
Die oomblik toe sy dit doen het n man dadelik die deur oopgepluk, in die voertuig gklim en n vuurwapen teen haar kop gedruk.
‘n Tweede kaper het haar deur oopgemaak en haar veiligheidsgordel self losgemaak.
“My vrou het op dié stadium gevra of sy net ons seuntjie (2), wat in sy karstoeltjie op die agtersitplek was, kon uittel.”
Die kapers het haar toegelaat om dit te doen en toe sy die kind in haar arms het, het hulle haar en die kind uit die voertuig gepluk en op die sypaadjie neergestamp.
Die twee kapers het in haar Citi Golf weggejaag.
‘n Derde boosdoener, wat in n ligkleurige voertuig gewag het, het saam met hulle weggery.
Al die vrou se persoonlike besittings, soos haar handsak en selfoon, was ook nog in die motor.
“Ek is baie dankbaar dat my vrou en kind ongedeerd hiervan afgekom het”, het haar man gesê.
“Dit is belangrik dat mense weet dat dit op enige tyd en op enige plek kan gebeur.”
Die voorval word deur die SAPD ondersoek. – looklocal.co.za
Besoekers aan die Voortrekkermonument kan nou met die behulp van hulle slimfone die monument verken.
As paghouer van geskiedenis is die Voortrekkermonument byderwets die eerste monument in die land wat met slimfoontegnologie die belang van die Monument en ’n verduideliking van die tonele op die friese kan gee.
“Die tegnologie behels ’n QR-kode wat via die monument se Wi-fi op slimfone die besoeker toegang gee tot wetenswaardighede omtrent die monument en brokkies geskiedenis wat gekoppel is aan die tonele uitgebeeld op die friese,” het Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument gesê.
“Met behulp van die tegnologie het jy nie ’n toergids nodig nie. Die Wi-fi is gratis beskikbaar vir besoekers.”
Die nuwe tegnologie en ’n DVD met die naam ‘Vryheid’ wat die vryheidsideaal van die Voortrekkers verduidelik, is onder blyke van groot belangstelling tydens ’n kultuuraand bekendgestel.
Die DVD is tans in Afrikaans en Engels beskikbaar, maar sal later ook in Chinees, Duits, Spaans, Italiaans en in Portugees beskikbaar wees.
Die bekendstelling is voorafgegaan met sangnommers uit die FAK, ’n volkspele-vertoning deur die Erika volkspelelaer, die bekendstelling van eg eie Suid-Afrikaanse mampoerlikeurs en ’n boekvoorlesing uit Louis Trichardt se dagboek.
Die nuus dat Francis Hougaard en Deon Stegmann albei binnekort geopereer word vir ernstige beserings, en dus nie vanjaar weer rugby sal speel nie, is die nuuste terugslag vir die Blou Bulle wat na dese só uitgedun is voor die Curriebekerreeks dat hulle waarskynlik die jongste en mees onervare span in dié toernooi gaan
wees.
Met slegs tien dae oor voor die Curriebekerreeks vir 2013 afskop, het die krisis in die Bloubul kamp op Loftus Versfeld hierdie week vergroot toe daar aangekondig is dat nog twee senior Springbokke nie weer vanjaar vir die Bulle in aksie sal wees nie.
Dié twee Springbokke, Francois Hougaard en Deon Stegmann, word albei binne die volgende week vir onderskeidelik ’n skouer- en ’n enkelbesering geopereer en sal dus nie weer vanjaar kan speel nie.
Hierdie nuus is nie net sleg vir die Blou Bulle nie, maar ook vir die Springbokke, wat binnekort met hul veldtog in die Castle Rugby Kampioenskap teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië begin. Hoewel Stegmann waarskynlik nie tans in Springbok afrigter, Heyneke Meyer, se visier is nie, was Hougaard se betrokkenheid by die Springbokspan ’n formaliteit.
Hougaard se besering en operasie beteken dat die Springbokke waarskynlik vanjaar die Castle Rugby Kampioenskap met twee skrumskakels sal aandurf wat albei hul klubrugby oorsee speel. Ruan Pienaar wat tans vir Ulster in Ierland speel is van verlede jaar af al deel van Meyer se planne, terwyl sy derde keuse in dié posisie naas Hougaard en Pienaar, Jano Vermaak, ook kort na die SupeRugby halfeindrondte na Toulouse in Frankryk vertrek het, waar hy vir die volgende twee seisoene sy rugby gaan speel.
Stegmann was waarskynlik die sterkste kandidaat om die Blou Bulle in vanjaar se Curriebekerreeks te lei, nadat die ander kandidate vir die kapteinskap ook òf beseer is òf oorsee verkas het. Pierre Spies sal weens ’n besering eers weer in 2014 rugby speel, terwyl Dewald Potgieter na Japan uitgewyk het waar hy vir die Yamaha-span gaan speel.
Saam met Potgieter en Vermaak het nóg vyf senior spelers Pretoria die afgelope maand verlaat. Hulle is Chiliboy Ralepelle (Frankryk), Juandré Kruger (Frankryk), Jacques Potgieter (Japan), Morné Steyn (Frankryk), Wynand Olivier (Frankryk) en Zane Kirchner (Ierland).
Voeg hierby Spies en Arno Botha se langtermyn beserings en die feit dat Flip van der Merwe, Jan Serfontein, JJ Engelbrecht en Bjorn Basson waarskynlik almal by die Springbokke betrokke gaan wees, en dit word duidelik dat die Blou Bulle se diepte tot die uiterste beproef gaan word in die Curriebekerreeks wat op 10 Augustus afskop.
Die Blou Bulle sal dus kan reken op slegs die stutte, een slot en een vleuel wat vir die Curriebekerreeks gaan oorbly uit die span wat verlede Saterdag in die halfeindrondte teen die Brumbies op die veld gedraf het. Pine Pienaar, die Bou Bulle se Curriebeker afrigter, sal dus byna ’n hele nuwe agterlyn en drie nuwe losvoorspelers moet vind vir sy Curriebeker veldtog.
Verlede jaar moes die Blou Bulle baie hard werk om in die Curriebekerreeks onder die top vier spanne te eindig, terwyl hulle die vorige jaar selfs gesukkel het om nie laaste (sesde) te eindig en by ’n promosie-relegasie wedstryd teen die top span uit die Eersteliga betrokke te raak nie.
Vanjaar sal die stryd soveel groter wees, want Pienaar sal moet terugval op jong en onervare spelers om sy Curriebekerspan vol te maak.
Daar word verwag dat die OP Kings met ’n groot aanslag gaan kom om te probeer om vanjaar na die Premierliga-afdeling van die Curriebeker bevorder te word. Hoewel hulle tans vyfde op die punteleer in die Eersteliga-afdeling is, sal hulle vanaf volgende naweek en basies die hele tweede rondte van dié kompetisie al hul SupeRugby spelers beskikbaar hê vir hul Curriebekerspan. Dit is dus nie onmoontlik dat hulle die Pumas, wat tans tien punte voor hulle op die punteleer lê, sal kan inhaal en selfs dié liga kan wen nie.
Indien die OP Kings dit regkry om vir die promosie-relegasie wedstryd te kwalifiseer teen die laagste span op die Premierliga-afdeling, kan dit aanvaar word dat die rugbymagte in die Oos-Kaap alles in hul vermoë sal doen om gepromoveer te word.
Die Blou Bulle sal dit dus nie kan bekostig om enige kanse te vat om in so ’n wedstryd betrokke te raak met ’n jong en onervare span nie. Daar sal enorme druk wees op die Blou Bulle om selfs na die verlies van soveel top spelers én sonder die hulp van hul Springbokke steeds te presteer in die komende Curriebekerreeks. Die Springbokke speel hul laaste toets in die Castle Rugbykampioenskap op 5 Oktober, wat beteken dat die Blou Bulle se Springbokke eers in hul laaste ligawedstryd van die Curriebekerreeks, wat op 12 Oktober sal gespeel word, beskikbaar sal wees. Op daardie stadium behoort die spanne se lot op die punteleer reeds bepaal te wees. – looklocal.co.za
Lyttelton Polisie in Pretoria het ‘n man vasgevat wat vermoedelik onwettig handeldryf met voorgeskrewe medikasie, onder andere steroïedes.
Die Lyttelton polisie het Dinsdagmiddag op ’n verdagte toegeslaan in Pierre van Ryneveld wat vermoedelik onwettig met medikasie, meestal steroïedes, handel gedryf het.
“Ons is deur ’n lid van die publiek ingelig dat ’n verdagte onwettig met skedule drie tot vyf medikasie by ’n gimnasium handel gedryf het. Ons het hom in die gimnasium gekonfronteer en sy voertuig deursoek waar ons medikasie ter waarde van ongeveer R100 000 gevind het,” het Adjudant-offisier Hero Gumbu gesê.
Adjudant Robert Lundall, wat die verdagte in hegtenis geneem het, is op die spoor van ’n tweede verdagte.
“Ons is al vir ’n geruime tyd bewus van hierdie verdagte asook ’n tweede verdagte se modus operandi,” het Lundall gesê.
Die tweede verdagte was egter nie op die toneel toe die polisie toegeslaan het nie.
Die medikasie is gevind in hul oorspronklike verpakking, maar volgens Gumbu is meeste van die produkte moontlik ingevoer.
“Volgens wet mag voorgeskrewe medikasie, soos dié wat ons gekonfiskeer het, nie ingevoer word nie. Meeste van die medikasie was tipes steroïedes wat nie in Suid-Afrika vervaardig word nie,” het Gumbu gesê. – looklocal
‘n Vermeende rower is Dinsdagaand in Rooihuiskraal, Pretoria, doodgeskiet.
Skote het Dinsdagaand in Rooihuiskraal afgegaan toe ’n man glo ‘n vermeende rower in selfverdediging doodgeskiet het.
Dié man, Karel Liebenberg, het na bewering die vermeende rower voor sy huis doodgeskiet nadat ’n vuurwapen op hom gerig is.
Met die aankoms vroeër by hul huis, het Liebenberg uit sy voertuig geklim om die veiligheidshek en motorhuisdeur oop te maak.
’n Oomblik daarna het hy opgemerk dat ’n silwer-grys Subaru sonder ’n nommerplaat agter hulle voertuig stilgehou het. Die voertuig het vir hom verdag voorgekom en hy het sy gelisensieerde vuurwapen uitgehaal.
’n Passasier het regs agter uit die voertuig geklim en ’n vuurwapen op Liebenberg gerig.
Volgens Liebenberg se prokureur, Peet du Plessis, is Liebenberg die hoof van die plaaslike blokwag en daarom dra hy ten alle tye ’n vuurwapen by hom. Weens vrees dat sy lewe in gevaar was, het hy twee skote op die verdagte gevuur.
Volgens Du Plessis het die bure en Liebenberg se vrou verskeie skote gehoor wat afgevuur is, wat moontlik kan aandui dat dié 33-jarige verdagte teruggeskiet het.
Die verdagte is raak geskiet en die ander verdagtes in die voertuig het van die toneel gevlug.
Liebenberg het dadelik die polisie ontbied. Met Sersant Michiel Roos se aankoms op die toneel het die verdagte nog geleef en Roos het die mediese dienste ontbied.
Ten spyte van mediese sorg, is die verdagte op die toneel dood verklaar.
“Die egpaar is nog in skok en erg getraumatiseer,” het Du Plessis aan Looklocal gesê.
Hy wou nie verdere kommentaar lewer totdat die verslae afgehandel is nie.
Volgens Generaal-Majoor Tommy Mthombeni was die reeksnommer van die oorledene se vuurwapen afgeskuur en elf rondtes van ammunisie is in die wapen gevind waarvan een patroon reeds in die kamer gelê het.
Mthombeni het bevestig dat ’n saak van poging tot kaping deur die polisie ondersoek sal word. ’n Geregtelike doodsondersoek sal ook gedoen word. – looklocal.co.za