Voortekkermonument spog met nuutste tegnologie

vmwaensBesoekers aan die Voortrekkermonument kan nou met die behulp van hulle slimfone die monument verken.

As paghouer van geskiedenis is die Voortrekkermonument byderwets die eerste monument in die land wat met slimfoontegnologie die belang van die Monument en ’n verduideliking van die tonele op die friese kan gee.

“Die tegnologie behels ’n QR-kode wat via die monument se Wi-fi op slimfone die besoeker toegang gee tot wetenswaardighede omtrent die monument en brokkies geskiedenis wat gekoppel is aan die tonele uitgebeeld op die friese,” het Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument gesê.

“Met behulp van die tegnologie het jy nie ’n toergids nodig nie. Die Wi-fi is gratis beskikbaar vir besoekers.”

Die nuwe tegnologie en ’n DVD met die naam ‘Vryheid’ wat die vryheidsideaal van die Voortrekkers verduidelik, is onder blyke van groot belangstelling tydens ’n kultuuraand bekendgestel.

Die DVD is tans in Afrikaans en Engels beskikbaar, maar sal later ook in Chinees, Duits, Spaans, Italiaans en in Portugees beskikbaar wees.

Die bekendstelling is voorafgegaan met sangnommers uit die FAK, ’n volkspele-vertoning deur die Erika volkspelelaer, die bekendstelling van eg eie Suid-Afrikaanse mampoerlikeurs en ’n boekvoorlesing uit Louis Trichardt se dagboek.

Misdaad en toerisme

Image

Marthinus

Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, is bekommerd dat die teiken van tien miljoen toeriste teen 2010 nie bereik gaan word nie, tensy die regering “die oorlog teen misdaad” met meer ywer aanpak.

Van Schalkwyk het Maandag, tydens die opening van die plaaslike konferensiebedryf se nasionale konferensie, openlik oor die impak van misdaad op die toerismebedryf gepraat. “Navorsing wat deur SA Toerisme uitgevoer is, het aangedui dat, alhoewel Suid-Afrika in baie opsigte ’n aantreklike toerismebestemming verteenwoordig, vrees vir misdaad moontlik potensiële besoekers kan afskrik,” het hy gesê.

Naas waarde vir geld, is veiligheid die tweede belangrikste kriterium vir Suid-Afrika se potensiële toeristemark. Dit is vasgestel in die studie wat SA Toerisme in 2005 oor hierdie onderwerp laat doen het. Volgens Van Schalkwyk voer sy departement tans samesprekings met die departement van veiligheid en sekuriteit met die doel om een polisiebeampte per stasie beskikbaar te stel vir toerismeverwante misdade. Die polisie se begroting is verder vermeerder en teen 2010 behoort daar sowat 190 000 polisiebeamptes op straat te wees.

Van Schalkwyk meen ook dat dit nie net die polisie en justisie is wat misdaad moet beveg nie. In hierdie verband het hy verwys na wanpraktyke in die plaaslike toerismebedryf, soos die gebruik van onwettige toeriste-kredietkaarte en ongelisensieerde toeroperateurs.

Na aanleiding van Sapa se beriggewing oor die minister se toespraak, het sy kantoor ’n verklaring uitgereik om hom van Sapa se berig te distansieer, aangesien die verslaggewer nie genoeg klem gelê het op die aksies wat die regering beplan om misdaad te bekamp nie.

воронеж подъемникиtopcargo отзывы сотрудников