Roy Bennet, tesourier van Zimbabwe se opposisieparty, het ‘n oproep om weerstand teen Robert Mugabe se bewind gedoen.
“Ek praat van passiewe weerstand. Ek praat van mense wat die land tot stilstand bring – moenie julle rekeninge betaal nie, moenie gaan werk nie.”
Hy het dié oproep gedoen vir ‘n veldtog om die land tot ‘n stilstand te bring nadat pres. Robert Mugabe ‘n oorwinning in Woensdag se verkiesing voorspel het.
“Daar moet weerstand teen hierdie diefstal wees en die mense van Zimbabwe moet opstaan en dit aanspreek,” het Bennett Donderdag aan AFP in Johannesburg gesê. – Sapa/AFP
Die MDC se leier, Morgan Tsvangirai, het vroeër gesê die verkiesing was ‘n klug.
Die party het ook beswaar gemaak oor ‘n gebrek aan deursigtigheid oor die druk van stembriewe, die groot aantal kiesers wat by stembusse weggewys is en die kiesersrol wat chaoties was.
Die finale uitslae moet nog bekend gemaak word, maar Mugabe se Zanu-PF voorspel reeds ‘n oorweldigende meerderheid.
Die Zimbabwiese opposisiepolitikus Roy Bennett staan moontlik op nuwe aanklagte tereg wat verband hou met die onwettige besit van ‘n groot hoeveelheid mielies.
Bennet het vanoggend by die hooggeregshof in Harare aangekom om te hoor of sy aansoek vir die tersydestelling van die terreuraanklagte teen hom suksesvol was, toe hy oor die nuwe gebeure ingelig is.
Hy moet op 6 April in die hof verskyn op aanklag dat hy in Oktober 2001 onwettig in die besit was van 109 ton mielies op sy plaas.
Die owerheid het intussen op die mielies beslag gelê.
Bennett sê die mielies is gebruik vir voer en kos vir sy werkers.
Die MDC sê dit is ‘n hernieude poging deur die Zimbabwiese regering om Bennett uit die politiek te hou.
‘n Regter het gesê dat aantygings dat die hoofgetuie in die Roy Bennett-saak gemartel is, in die saak ter sprake kan kom.
Die regter het ‘n versoek dat die verdediging verbied word om te argumenteer dat ‘n wapenhandelaar, wat die hoofgetuie teen Roy Bennett is, gemartel is totdat hy skuld erken het en ander by die saak ingesleep het.
Die wapensaak teen Bennett, ‘n top assistent van die eerste minister Morgan Tsvangirai, kom van aantygings oor ‘n komplot om president Robert Mugabe omver te werp.
Volgens Tsvangirai het die klagtes nie gronde nie en is dit deel van pogings deur Mugabe se volgelinge om die koalisie wat in Februarie tussen die opponente tot stand gekom het, te ondermyn.
Regter Chinembri Bhunu het ook ‘n versoek deur die verdediging, dat die wapenhandelaar nie getuig nie, van die hand gewys.