Aardbewing van 4,6 skud Johannesburg

‘n Aarbewing van 4,6 op die Richterskaal het Johannesburg net na middernag geskud.

Die Amerikaanse geologiese opname (USGS) sê die aardbewing het om 1:14 vanoggend 12 kilometer wes van Orange Farm in die suide van Johannesburg voorgekom.

Nog geen berigte van skade of ongevalle is aangemeld nie.

Dit is die tweede aardbewing in die land die afgelope drie weke nadat die grootste aardbewing nog van 5,6 op 5 Augustus Orkney geskud het. Orkney lê in die Noordwes-provinsie, sowat 170 km suid-wes van Johannesburg.

Die USGS het dié aardbewing aan “natuurlike oorsake” toegeskryf, maar wetenskaplikes van die WNNR sê die aardbewings hou verband met mynbedrywighede.

Een persoon is dood en minstens 34 mense beseer in die aardbewing wat die KOSH-gebied geruk het.

Mynbou veroorsaak grootste skudding

Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op nog meer aardbewings.

Die Raad vir Geowetenskap van Suid-Afrika het bevestig dat die Orkney-aardbewing op 5 Augustus nou die grootste myn-verwante seismiese gebeurtenis is wat ooit aangeteken is in Suid-Afrika.

Dit het aan die lig gekom tydens ‘n seminaar van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oor aardbewings aangebied in Pretoria.

Die skudding was gesentreer in Orkney, ‘n dorp geleë sowat 120 km suidwes van Johannesburg met ‘n hoë konsentrasie van diep goudmyne in die Klerksdorp-Orkney-Stilfontein-Hartebeesfontein (KOSH) area.

‘n Swart man, 31, het sy lewe verloor nadat ‘n muur ineengestort het in ‘n mynbou-nedersetting naby Orkney.

‘n Totaal van 600 huise in die Khuma-lokasie naby die episentrum, is erg beskadig en minstens 34 mynwerkers is beseer.

Inwoners in Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die Vrystaat en so ver as Botswana het die trilling gevoel.

Die raad se Michelle Grobbelaar sê ​​die aardbewing het ‘n 5,5 gemeet op die Richterskaal, groter is as die 5,3 Stilfontein aardbewing van 2005.

Sy sê die gebeurtenis het op ongeveer vyf kilometer onder die oppervlak plaasgevind.

Wits Universiteit se seismoloog professor Ray Durrheim sê seismiese gebeure sal voortgaan om vir so lank as mynbou voortgaan.

“Daar is mense wat opgelei is om te handel met aardbewings, maar kry ons een van hierdie seldsame gebeurtenisse, moet ons hulpbronne nie oorweldig word nie.”

Hy sê rampbestuur agentskappe moet aardbewings in hul beplanning insluit.

Durheim, en `n span navorsers het gevind dat meer as 90 persent van aardskuddings in Suid-Afrika aan goudmyne toegeskryf kan word.

Durrheim sê mynbou oor meer as 100 jaar het bygedra tot die druk op die kontinentale plate. Volgens hom, kan groot aardbewings in `n stabiele kontinentale streek voorkom.

Beeld het voorheen berig dat die episentrum deur die Amerikaanse geologiese opname (USGS) bepaal is en dat dit “enkele kilometer van Khuma, Orkney, Stilfontein en Klerksdorp” was.

Dr. Herman van Niekerk van die departement geologie aan die Universiteit van Johannesburg wat in strukturele geologie spesialiseer, sê die fokuspunt van die aardbewing was “10 km onder die aardoppervlak, sowat 6 km van Orkney in Noordwes”.

Die episentrum was in dié provinsie se goudveld, “maar het volgens Van Niekerk niks met mynboubedrywighede te doen nie” het Beeld berig.

In 2005 het ʼn soortgelyke aardbewing ‘n woonstelblok in Stilfontein vernietig is.

Strukturele skade aan geboue en huishoudelike artikels in die KOSH-area wat deur mynbou veroorsaak word beteken dat versekeringsmaatskappye nie eise uitbetaal nie.

Versekeringsmaatskappye betaal wel vir skade wat deur natuurrampe veroorsaak word.

Zuma belowe werk en wetenskap

merakaPresident Jacob Zuma sê die regering het nog nie sy planne laat vaar om vyf miljoen nuwe werksgeleenthde teen 2020 te skep nie.

Statistiek Suid-Afrika het vroeër die week bekendgemaak dat die getal werklose mense in die tweede kwartaal van die jaar tot vier komma sewe miljoen toegeneem het – die grootste nog.

Tussen die eerste en tweede kwartale van vanjaar het 122 000 werksgeleenthede verlore gegaan.

Zuma het Donderdagaand in Johannesburg by die bekendstelling van die SAUK se 24-uur nuuskanaal op DSTV gesê die uitdaging is dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei om werkskepping te bevorder nie.

Die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad werk intussen onverpoosd om tegnologie te ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om beter lewens te lei.

Die bestuurshoof van die WNNR, Sibusiso Sibisa het by die Raad se Meraka Instituut in Pretoria ‘n beroep op jong Suid-Afrikaners gedoen om wiskunde en wetenskap as vakke op skool te neem.

Hy het die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom, op ‘n toer vergesel van sommige van die projekte waaraan gewerk word.

Sibisa sê geleenthede soos die WNNR se Wetenskapsweek, wat vandeesweek plaasvind, is daarop gemik om belangstelling in wiskunde en wetenskap te help bevorder. – RSG