Aardbewing van 4,6 skud Johannesburg

‘n Aarbewing van 4,6 op die Richterskaal het Johannesburg net na middernag geskud.

Die Amerikaanse geologiese opname (USGS) sê die aardbewing het om 1:14 vanoggend 12 kilometer wes van Orange Farm in die suide van Johannesburg voorgekom.

Nog geen berigte van skade of ongevalle is aangemeld nie.

Dit is die tweede aardbewing in die land die afgelope drie weke nadat die grootste aardbewing nog van 5,6 op 5 Augustus Orkney geskud het. Orkney lê in die Noordwes-provinsie, sowat 170 km suid-wes van Johannesburg.

Die USGS het dié aardbewing aan “natuurlike oorsake” toegeskryf, maar wetenskaplikes van die WNNR sê die aardbewings hou verband met mynbedrywighede.

Een persoon is dood en minstens 34 mense beseer in die aardbewing wat die KOSH-gebied geruk het.

5 thoughts on “Aardbewing van 4,6 skud Johannesburg”

  1. Ja Karen julle is nou besig om weg te dryf van die Noordkaap af!! Grappie!!
    Terloops:
    In Gaza het die IDF 5 x bunker busting bomme gebruik om een Hoof Hamas hoederhaan vankant te maak. Hulle het minstens 3 kolskote maar die een ou met die afbene reken hy leef nog. [Wat ek betwyfel]
    Daai goed skiet deur gewapende beton teen ‘n helse spoed van wit lig asteware , meters onder die grond in. en veroorsaak ook ‘n aardbewing. Daarom seker die kundige spekulasie dat dit mininukes kan wees…..

  2. So vertel Koos du Plessis in Molberge , herinneringe aan Springs , van ‘ hierlangs is die wêreld halfpad hol ‘ . Figuurlik gesproke kan dit soveel sê ‘ En mettertyd het alles uitgerafel . ‘ Ook met betrekking tot ons land .

Maak 'n opvolg-bydrae