Die N1-snelweg tussen Laingsburg en Prince Albert in die Wes-Kaap is heropen na oorstromings in die gebied. Die plaaslike Wilgerhoutrivier het vroeër oor sy walle gestoot, wat die sluiting van die N1 genoodsaak het en ‘n swaar las op die verkeer geplaas het. Motoriste wat deur Laingsburg ry, is aangeraai om met omsigtigheid te bestuur.
Zambiese opposisielid vas nadat hy president patat noem
Zambiese polisie het ‘n leier van die opposisie vir laster in hegtenis geneem en aangekla, nadat hy die president met ‘n patat vergelyk het. Frank Bwalya , hoof van die Alliance for a better Zambia, het na bewering verwys na president Michael Sata as “Chumbu Mushololwa” tydens ‘n radio -uitsending. Die Bemba-term verwys letterlik na ‘n
Lees verder: Zambiese opposisielid vas nadat hy president patat noem
Bodem 2: ‘Noem my Harpoen’
´n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 1: ‘n Vuurtoring vol skel oranje vlamme Die toring van vuur word dof en in die lig daarvan, vir ’n oomblik, kan die rollende bolle swart, olierige rook gesien word. Daan-Dirk maak sy hand vol met die nat mou van sy seun se T-hemp. “Kom!” Hy stoot
Minder swart meisies skryf matriek
Die Departement van Basiese Onderwys se tegniese verslag na die 2013 matriekuitslae toon dat swart tienermeisies steeds swakker vaar as tienerseuns. Van die seuns het tagtig persent verlede jaar matriek geslaag teenoor 78 persent van die meisies. Met ‘n groter groep meisies wat matriek geskryf het, was die algehele slaagsyfer 78,2%. Die neiging het oor
‘Armes kan ook presteer’
Die Departement van Basiese Onderwys het woedend gereageer op oproepe van die Demokratiese Alliansie dat ‘n volskaalse oudit van verlede jaar se matriekuitslae gehou word. Die DA-leier, Helen Zille het gister gesê die regering moet dringend en onafhanklik die geloofwaardigheid van verlede jaar se uitslae en dié van toekomstige matriekeksamens ondersoek. Die departement voer aan
Rusland sê terreur volg oral dieselfde patroon
Rusland sê misdadige terreuraanvalle volg oral in die wêreld presies dieselfde patroon. Die land se veiligheidsmagte het, ‘n maand voordat die winterspele in die Swartsee-oord, Sotsji begin, een van die grootste veiligheidsoperasies in die geskiedenis van die Olimpiese spele van stapel gestuur. Die onlangse selfmoordbomaanvalle in Wolgograd toon dat dit tyd vir internasionale spelers is
Sanral begin 2014 met faktuur-ramp
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral ) het die jaar begin met ‘n faktuurramp. Die agentskap is die implementeerders van die omstrede e-tolstelsel wat op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking getree het. Padgebruikers wat die skyfies aangeskaf het in die hoop om afslag te kry, het Praag gekontak om te kla oor hemelhoë rekeninge
Onwettige myners uit ou skag gered
Volgens die polisie is sowat 30 vermeende onwettige myners uit ‘n ou goudmynskag op Florida aan die Wes-Rand gered. Hulle sal Woensdag die soektog vir meer mense hervat, wat vermoedelik nog ondergronds vasgekeer is. Minstens drie van hulle het ernstige beserings opgedoen nadat gevegte ondergronds tussen twee strydende bendes uitgebreek het. Die mans was vasgekeer nadat
Polisie betrek by moord op winkeleienaar
Die polisie word betrek by die ontvoering en moord van ‘n winkeleienaar by die Montana-handelaarsmark in die noorde van Pretoria. Usman Saeed se liggaam is in Desember verlede jaar langs ‘n grondpad naby Cullinan gevind. Die ondersoekbeampte, Mari Petzer, het aan die landdroshof in Pretoria-Noord gesê getuies sal getuig dat een van die ontvoerders ‘n
Nog oor die Flip Buys/Lina Spies-debat
Dit is moeilik om te besluit wanneer ‘n mens genoeg van ‘n debat gehad het. Blykbaar is daar nog voldoende belangstelling in die Flip Buys/Lina Spies-debat. Dit gaan immers om belangrike Afrikanersake. Pieter Hunter van Hermanus se brief (Die Burger, 7 deser, p 8) is nie sonder verdienste nie. Dit is met die opskrif “Moet
