Die N1-snelweg tussen Laingsburg en Prince Albert in die Wes-Kaap is heropen na oorstromings in die gebied.
Die plaaslike Wilgerhoutrivier het vroeër oor sy walle gestoot, wat die sluiting van die N1 genoodsaak het en ‘n swaar las op die verkeer geplaas het.
Motoriste wat deur Laingsburg ry, is aangeraai om met omsigtigheid te bestuur. Die swaar reën het miljoene rande in skade veroorsaak in die dorp .
Die polisie het intussen die lyke van twee mense wat in Robertson deur die oorstroomde Breederivier meegesleur is, gekry. Hulle het onder ‘n brug geslaap toe die voorval plaasgevind het Woensdag .
Die polisiewoordvoerder, Elvis Mahote sê nog ‘n man het in die rivier geval van die Adderleystraatbrug in Robertson.
“Die polisie is steeds op soek langs die rivier na die liggaam van ‘n 36-jarige man van Nkqubela, Robertson.”
Intussen is daar geen uitkoms vir die reeds oorstroomde dorpie Pearston in die Oos-Kaap nie, nadat meer swaar reën geval het.
Fratsvloede het die gebied getref vroeër in die week nadat die Blyderivier sy walle oorstroom het.
Die hoof van Rampbestuur in die Cacadu distriksmunisipaliteit, Mandisa Nohashe, sê die dorp kan moontlik tot ‘n rampgebied verklaar word.
Hy sê hulle sal Vrydag vergader om die skade te bekyk, ‘n kosteberaming te doen en dan te besluit of dit ingevolge wetgewing ‘n ramptoestand is of nie.
Verskeie mense is op Ladismith in die Wes-Kaap van die buitewêreld afgesny nadat die Touwsrivier sy walle oorstroom het.
Die verkeer op talle hoofroetes is steeds ontwrig.
Verskeie plase is weens die reën van die buitewêreld afgesny en huise in die Breederiviervallei, Laingsburg, Hessequa en George is oorstroom.
In die Oos-Kaap is agt kinders uit die Thinarivier gered na swaar reën in die Mpindwenigebied.
Die polisie se woordvoerder, luitenant-kolonel André Traut, het gesê die polisie het geen rekords van dreigemente wat teen ene Carina Papenfus van die Freedom Trust of die Engelbrechts gerig is nie.
Papenfus, wat ‘n voormalige geestespasiënt van die Lentegeur Psigiatriese Hospitaal is, het haar as ‘n “verontregte” plaaswerkerseun, Flippie Engelbrecht, se beskermer aangestel. Sy is vroeër van die rol geskrap en kan dus nie as regsverteenwoordiger vir Engelbrecht optree nie, alhoewel sy nie enige mediaberigte wat haar só aandui, aanvanklik betwis het nie.
Papenfus, wat voorheen psigiatriese behandeling ontvang het – onder meer vir ‘n obsessiewe kompulsiewe versteuring – het aan die media gesê sy ontvang “vieslike” dreigemente.
Intussen het ‘n swart vrou, MarthaKunene –wat eers virPapenfus gewerk het – na vore gekom. Kunene het glo ‘n huis vanPapenfus gekoop, maardie eiendomis nooit inhaar naam oorgedra nie.
Kunenehet gesê: “Ek sal haardoodmaak.Ekhet alles verlooras gevolg van haar, alles,my man, myhuis,my werk..Alles asgevolg vanCarina.“
Die Burgergesin, teen wie Papenfus ‘n volgehoue veldtog voer, het hul swye oor hul 62-jarige gesinshoof se dood uiteindelik verbreek.
Die boer, wat van aanranding op Engelbrecht in 2008 aangekla word, het homself ‘n week of wat gelede by sy huis op die Rietvallei-wynlandgoed in Robertson doodgeskiet.
Sy seun Kobus wat die bestuur van die landgoed oorgeneem het, het aan die Cape Argus gesê dat die gesin “ruimte” nodig het.
“Op hierdie punt fokus ek op my familie,” het hy gesê.
Burger se dood beteken dat “Dozi” Treurnicht alleen die hofverrigtinge sal moet trotseer. Tydens die vorige verskyning, net ‘n dag of twee voor Burger se selfmoord, moes die polisie skokgranate gebruik om woedende betogers buite die hofgebou uiteen te jaag.
Dit staat beweer dat Burger en Treurnicht Engelbrecht in 2008 vir Engelbrecht aangerand het. Die Freedom Trust beweer Engelbrecht het as gevolg daarvan blind geword en epileptiese aanvalle begin kry.
Hy het weens die epileptiese aanvalle in die vuur geval en het albei sy hande verloor.
Die polisie het bevestig dat hulle nog drie klagtes van aanranding teen die plaasbestuurder ondersoek .
“[Daar is] twee aanklagte van aanranding en een van seksuele aanranding. Ons kan egter nie oor die ondersoek op hierdie stadium uitbrei nie.”
Papenfus beweer dat “baie” ander plaaswerkers na vore gekom het ná Burger se dood en Treurnicht kan van ‘n “berg klagtes” in die toekoms verseker wees.
Papenfus se pogings om die wynbedryf te kry om Rietvallei-wynlandgoed se produkte op die internet te boikot, het kritiek uitgelok weens haar volgehoue en opvallend vyandige sosialemediaveldtog teen Burger en Treurnicht .
Hierdie week is ‘n anti-Papenfuswebwerf, Carina de Vries Papenfus Uncut, en ‘n parodie-Twitter-rekening geopen. Die webwerf bevat skakels na die bladsy vir haar man se eiendomsmaatskappy, wat Papenfus as een van sy werknemers vermeld.
Wyne van Suid-Afrika se woordvoerder André Morgenthal het bevestig dat dié groep, onder andere ‘n e-pos in Julie ontvang het waarin ‘n boikot van die landgoed se wyne vereis word.
Die e-pos beweer dat die plaas se huidige bestuurder, Kobus Burger, die aanval op Engelbrecht gesien het en niks gedoen het nie.
Volgens boere in die gebied, het sommige kleinhandelaars reeds die wyne van hul rakke verwyder.
Engelbrecht het aan epilepsie gely het ten minste twee jaar voordat hy na bewering aangerand is. Maandag het die Cape Argus berig dat ‘n voormalige buurman van die Engelbrechts Engelbrecht tydens ‘n epileptiese aanval in 2006 gesien het.
Hierdie en vele ander oënskynlike teenstrydighede – soos getuienis vervat in Engelbrecht se mediese rekords – het daartoe gelei dat mense Papenfus se motiewe en agtergrond bevraagteken.
Werkers in die Bredevallei het aangedui dat Flippie nou “baie ryk” gaan word omdat Papenfus haar so oor hom ontferm het. Die Burgers gaan glo hul vier plase moet verkoop en “kaal uitgetrek” word, meen hulle.