Die dae van korrupte en onbekwame amptenare by die Departement van Binnelandse Sake is glo iets van die verlede, het RSG berig. Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba het dit gesê by die bekendmaking van die “Motho Pele”-inisiatief by die departement se nuwe kantore in Edenvale, oos van Johannesburg. Die inisiatief het ten doel
Nog ‘n aardbewing skud Nepal
Nog ’n aardbewing, wat 7,3 op die Richterskaal geregistreer het, het Nepal geruk. Bevreesde inwoners van die land se hoofstad, Katmandoe, het gister verskrik in die strate uitgehardloop. Die aardbewing het om 12:35 plaaslike tyd die Himalajas-nasie getref. Die middelpunt van die aardbewing was ongeveer 76 kilometer oos van Katmandoe. Die jongste skok vir die
Konflik neem toe in Suid-Soedan
Gewapende mans in Suid-Soedan het meisies verkrag, seuns ontvoer om soldate te word en dorpe aan die brand gesteek in van die hewigste gevegte in die 17-maande lange burgeroorlog, het die Verenigde Nasies (VN) gister bekend gemaak. Meer as 300 000 burgerlikes is sonder enige lewensreddende hulp in die noordelike slagveldstaat Unity gestrand, nadat die
Ooste van DRK raak onrustig
Vyf mense is dood in ’n aanval wat vermoedelik deur Ugandese rebelle naby Beni in die ooste van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) uitgevoer is, het amptenare gister bekend gemaak, het AFP berig. Meer as 300 mense het in sewe maande van menseslagtings in die onluste geteisterde Noord-Kivu-provinsie deur rebelle van die Allied Democratic
Rusland, China sê VN moet uit Burundi bly
Betogers in die hoofstad, Bujumbura, betoog steeds teen pres. Pierre Nkurunziza van Burundi se aankondiging om homself vir ’n derde termyn as staatshoof verkiesbaar te stel. Die betogings duur voort ondanks die feit dat veiligheidsmagte versperrings afgebreek het wat die afgelope dae deur betogers opgerig is. Diplomate van Rusland en China het vroeër ‘n Franse
Verslag beveel aan dat McBride geskors word
Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê ‘n verslag het aanbeveel dat Robert McBride geskors word uit sy amp omdat hy meegewerk het om sewe Zimbabwiërs in 2010 uit die land te sit. Nhleko het die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie toegespreek. Hy het gesê ‘n onafhanklike verslag het bevind dat die omstrede McBride, wat
Steve Hofmeyr wil referendum oor Afrikanerverraaiers sien
Die sanger Steve Hofmeyr het gister getwiet dat hy graag ‘n referendum oor Afrikanerverraaiers sou wou sien. Afrikaner referendum om verraaiers te bepaal sal my ook goed pas RT @danroodt: @Etiennefdt Afrikanerverraaiers … — Steve Hofmeyr (@steve_hofmeyr) May 12, 2015 ‘n Twieter met die naam @Bruinkameelperd het kort daarna vir Adriaan Basson as verraaier “genomineer”:
Lees verder: Steve Hofmeyr wil referendum oor Afrikanerverraaiers sien
Luukse viertrekwaens: Brits of Duits?
Party mense glo aan groter is beter. Wanneer dit by motors kom, is dit nie altyd die geval nie, veral nie met vandag se neiging na kleiner enjins en meer kompakte motors nie. Daar bestaan egter lande waar die groter-is-beter-reël nog geld en plaaslik in Suid Afrika is dit steeds die geval wanneer dit by
Seuntjie se lyk in dam opgespoor
Die lyk van ’n kleuter wat Sondag in Hartebeespoortdam geslingers is toe ’n rubber-boot omgeslaan het, is deur polisie duikers gevind. Noordwes-polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone, sê Zandré Vosloo se liggaam is Maandag met behulp van ‘n snuffelhond opgespoor. Hy het gesê die kind se liggaam is deur ‘n polisiesnuffelhond, wat deur ‘n beampte van die duikeenheid
SA staar voedseltekorte in die gesig
Die Wêreld-voedselprogram sê Suidelike Afrika kan in die volgende maande voedseltekorte ondervind nadat die droogte in Suid-Afrika se mieliegordel, die oeste tot minder as 50 persent beperk het. Die WVP sê Suid-Afrika se mielieoes is minstens `n derde minder as verlede jaar. Die geskatte 9,6 miljoen ton is die swakste in agt jaar, het RSG
