Die polisie op Senekal in die Vrystaat soek steeds na ‘n gevangene wat deel was van sewe gevangenes wat Saterdag uit die Senekal-tronk, waar hulle as verhoorafwagtendes aangehou is, ontsnap het. Ses van die gevangenes is reeds aangekeer nadat hulle bewaarders oorrompel en hul selsleutels gevat het. Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini, sê slegs Vasco Makubela (42)
Rassepolarisering oorheers sosiale media
Die radiopersoonlikheid Gareth Cliff, Standardbank se ekonoom Chris Hart en eiendomsmakelaar Penny Sparrow se beweerde rassisme het Suid-Afrikaanse sosiale media die afgelope week aan die gons gehad. Meer as 45% van die sosiale gesprek in sewe dae het oor rassisme gehandel met ‘n kloof wat al hoe dieper tussen wit en swart raak. Die land
Rand tuimel verder teen dollar, euro, pond
Die rand het verder teenoor die dollar verswak na R17,92, met vertroue in die ANC se ontluikende geldeenheid wat verwelk. Op ‘n stadium moes Mandela se note R19,59 vir een euro opdok. Sondagnag het die rand ‘n rekord laagtepunt van R17,92 teenoor die dollar behaal. Alhoewel die rand daarna effens versterk het, het dit steeds
‘Europese lente’? Nederlandse joernalis voorspel ‘revolusie in Mei’
In die gesaghebbende sakekoerant, NRC Handelsblad, het daar twee dae gelede ‘n artikel deur die joernalis Arnold Karskens verskyn waarin hy voorspel dat daar oor slegs enkele maande ‘n revolusie in Wes-Europa gaan plaasvind soos wat die spanning tussen Europeërs en derdewêreldimmigrante breekpunt bereik. Karskens word as ‘n “skrywer en oorlogsverslaggewer” beskryf. Lees hier die
Lees verder: ‘Europese lente’? Nederlandse joernalis voorspel ‘revolusie in Mei’
Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond: Pieter Groenewald
“Pres. Jacob Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met sy uitlating dat grond die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid en dat die grond in Suid-Afrika gesteel is. Met hierdie opmerking teiken Zuma die wittes in Suid-Afrika asof hulle die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid. Daar word ook gereeld in die parlement
Lees verder: Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond: Pieter Groenewald
Leon Lemmer: Bevrydingsteologie
Barack Hussein Obama (gebore in 1961) het in 2009 te midde van groot euforie die 44ste Amerikaanse president geword. Dié groot opgewondenheid het veral uit swart geledere gekom, mildelik gesteun deur wit liberaliste, want Obama is die eerste swart president in die Withuis. (Die ANC sou lankal die naam van die presidentswoning geafrikaniseer het.) Sedertdien
Velaphi Khumalo glo geskors by GP weens oproep om blanke volksmoord
Terwyl Suid-Afrika nuwe hoogte- (of laagte-)punte bereik in sy nabootsing van Amerikaanse politieke korrektheid en die obsessie oor ras en rassisme, het die Gautengse provinsie aangekondig dat sy werknemer Velaphi Khumalo glo ‘n tugverhoor in die gesig staar weens sy onlangs oproep om blanke volksmoord op sosiale media (skermafdruk hierby). Khumalo is ‘n werknemer van
Lees verder: Velaphi Khumalo glo geskors by GP weens oproep om blanke volksmoord
Nigeriese opposisie-korrupsie oopgevlek
Die waarnemende hoof van Nigerië se hoofopposisieparty, is van korrupsie aangekla het AFP berig. Hy was die man aan die hoof van oudpresident Goodluck Jonathan se mislukte veldtog om as president herverkies te word. Haliru Mohammed Bello en sy seun, Abba Mohammed Bello, het Dinsdag in ’n federale hof in Abuja verskyn waar hulle op
Motorverkope in SA hou aan daal
Verkope van nuwe voertuie het sy afwaartse neiging in Desember 2015 voortegesit, asook ‘n jaar-tot-jaar afname getoon, het die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika, Donderdag gesê. “Met die uitsondering van ligte kommersiële motorverkope, het nywerheidsverkope 2015 op ‘n swak noot geëindig met totale bedryfsverkope van nuwe voertuie van 49.250 eenhede. Dit is ‘n afname
AGOA-ooreenkoms op stewiger voet geplaas
Handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA is op ‘n stewiger voet geplaas nadat ‘n ooreenkoms bereik is tussen die twee lande. Die twee lande het na uitgerekte onderhandelings ‘n ooreenkoms bereik wat belastingvrye landbou-uitvoere na Amerika waarborg. Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, sê 38 persent van Suid-Afrikaanse uitvoere gaan ingevolge AGOA na
