praag.co.za

Rassepolarisering oorheers sosiale media

Written by

in

,

Die radiopersoonlikheid Gareth Cliff, Standardbank se ekonoom Chris Hart en eiendomsmakelaar Penny Sparrow se beweerde rassisme het Suid-Afrikaanse sosiale media die afgelope week aan die gons gehad.

Meer as 45% van die sosiale gesprek in sewe dae het oor rassisme gehandel met ‘n kloof wat al hoe dieper tussen wit en swart raak.

Die land se swak matriekuitslae en krieket kon nie meer as 20% se belansgstelling wek nie.

Die matriekuitslae en Hashim Amla se bedanking is deur wedersydse rasaanvalle oorheers.

Sparrow het onder skoot gekom nadat sy op Facebook swart strandgangers as “ape” beskryf het.

Cliff is ingeroep nadat hy op Twitter gesê het dat mense nie regtig vryheid van spraak verstaan ​​nie.

Hart het die huidige regime se swak bestuur uitgelig.

Internasionaal maak Donald Trump, Star Wars en die Siriese oorlog opslae met byna 45% van die internasionale mediadekking.

Ten spyte van grootskaalse sensuur in Duitsland, het die etniese massaverkragtings tydens Nuwejaar en migrante-kriminaliteit uitgelek en oorheers die media in Duitsland.

Die invloedryke New York Times, ‘n NeoCon-mondstuk, het intussen gevra dat die Duitse kanselier Angela Merkel moet bedank omdat die nuus uitgelek het.

Duitse koerante word aktief ontmoedig om oor swart en bruin kriminaliteit te berig en die nuus het vir groot verleentheid gesorg by linkse meningsmouse.

Indien bevind word dat hulle aan die voorvalle van seksuele geweldpleging op Nuwejaar in Keulen deelgeneem het, sal asielsoekers gedeporteer word het die owerhede gesê.

Die polisie sê getuies het die aanvallers as van “Arabiese of Noord-Afrika-oorsprong” beskryf.

Byna 1,1 miljoen mense het verlede jaar in Duitsland politieke asiel gekry.

Amptenare het probeer vure doodslaan en inwoners gemaan “om nie alle vlugtelinge oor dieselfde kam te skeer nie”, en die verlinkse minister van justisie, Heiko Maas, moes inderhaas strenger maatreëls teen migrante belowe.

Minstens 106 vrouens het kriminele klagte van seksuele aanvalle en roof gelê.

“Indien dit aan die lig kom dat die aanvallers vlugtelinge was, het hulle die reg verbeur om ons gaste te wees,” het die hoofsekretaris van die konserwatiewe CSU, tans die sterkste party in kanselier Angela Merkel se koalisieregering, gesê.

Comments

8 responses to “Rassepolarisering oorheers sosiale media”

  1. Chroom Avatar
    Chroom

    Is dit nie deel van die komunistiese opset nie, wil hulle nie sien daar onderlinge geweld uitbreek nie. Dit is ‘n alom bekende feit dat die kommunis die Blanke haat daarom teer hulle op die naiewiteit van die oningeligte. Daarom sou ek sê word hierdie hele ras storie deur die media en die ouens wat nie so mooi weet wat aangaan nie, uit verband geruk en aangeblaas.

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Ek sien op n ander Webwerf die vraag wat van die Zuma must fall veldtog geword het, dit is tjoepstil oor hierdie beweging van die einde van 2015.Was die argitators van die beweging nou die DA of die Xhozas , ek kan nie onthou nie.
    Dit is n pragtige stukkie voetwerk van die opinievormers om die rasse ding te dryf,,,,aandag mooi afgelei en gefokus op alle blankes, liberaliste veral in gesluit! Hoe lyk dit met n derde verkiesing van JZ na n uitgebreide verandering van die grondwet?
    Nog n belangrike stilte is die nuus dat Robber Mugabe deur sy vrou na bewering vervang is ,SABC nuus is stil daaroor, dit kan broodnodige lewe in die revolusie in Suiderlike Afrika inblaas.

  3. Thys Human Avatar
    Thys Human

    En die media is vanoggend vol van die vrou (nogal met die De Klerk-van!) wat swart wedrengangers in die Kaap as K….. uitgeskel het. Sy het self op ‘n twiet om verskoning gevra, maar haar inset was onsamehangend – en as mens dit saamlees met ‘n berig op een van die webwerwe waarin die swartvelle haar glo woordeliks aanhaal, klink en kom dit vir my voor of sy dalk bietjie getrek was! Selfs op die foto van haar lyk sy maar bietjie deurmekaar! Maar “rassisties” word dit uitbasuin!

  4. Laura van Rensburg Avatar
    Laura van Rensburg

    Soros se Daily Maverick het sopas sy kommentaarfasiliteite gesluit agv sg “rassisme.” Libgestremdes sukkel maar met die waarheid.

  5. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Op ‘n ander noot, ek sien David Bowie is oorlede. Totsiens Majoor Tom

    Though I’m fast one hundred thousand miles
    I’m feeling very still
    And I think my spaceship knows which way to go
    Tell my wife I love her very much (she knows!)
    Ground Control to Major Tom
    Your circuit’s dead, there’s something wrong
    Can you hear me, Major Tom?
    Can you hear me, Major Tom?
    Can you hear me, Major Tom?
    Can you hear….

    Here am I floating ’round my tin can
    Far above the Moon
    Planet Earth is blue
    And there’s nothing I can do

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Iets vir jou.

Leave a Reply