Die Tubatse plaaslike munisipaliteit sê hy het berigte ontvang dat gewelddadige betogings in die gebied werksaamhede by myne in die Steelpoort-gebied ontwrig, het RSG berig. ‘n Munisipale woordvoerder, Thabiso Mokoena sê die mynwerkers kan nie werk toe gaan nie omdat paaie in die gebied deur betogers versper word. Hy sê busse en taxi’s word nie
IMF kritiseer Eurosone-hulppakket aan Grieke
Die Internasionale Monetêre Fonds het die voorwaardes van die finansiële reddingspakket deur die Eurosone aan Griekeland skerp gekritiseer omdat hulle meen die land se skuld sal waarskynlik binne die volgende twee jaar twee keer soveel as die nasionale inkomste styg. Die IMF sê ook dat die Eurosone nou veel verder sal moet gaan om Griekeland
Magsbalans in Midde-Ooste verander na Iran-ooreenkoms
Die kernooreenkoms wat dié week in Wene deur Iran en ses groot moondhede bereik is, sal waarskynlik die magsbalans in die Midde-Ooste verander. Ná ‘n dekade van onderhandelinge wat met tye aan die gang was, maar telkens op ‘n dooie punt uitgeloop het, kon onderhandelaars van die Internasionale Atoomenergie-agentskap ‘n strategiese plan onderteken om lig
Lees verder: Magsbalans in Midde-Ooste verander na Iran-ooreenkoms
Rosatom ontken dat kerntender toegeken is
Die Russiese staatsenergiekorporasie Rosatom het ontken dat ‘n Suid-Afrikaanse tender in die geheim reeds aan hom toegeken is. Rosatom se streeksvisepresident, Victor Polikarpof sê dit is net gerugte dat die kernkragtender aan Rusland gegee is. Polikarpof neem aan ‘n energieberaad in Kaapstad deel. Die departement van Energie het Dinsdag aangekondig dat die tenderproses vir agt
Regering appèlleer teen al-Bashir-beslissing
Die regering het hofstukke ingedien om te appèlleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat die Soedannese president, Omar al-Bashir nie die land mag verlaat nie. Die hof het verlede maand aanbeveel dat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings dit oorweeg om strafregtelike aanklagte oor die verontagsaming van die hofbevel in te stel. Die
Duitsland erken Namibiese volksmoord
Of daar ’n formele Duitse verskoning sal wees of nie, is onbekend, maar die federale regering in dié land het uitdruklik erken dat die gruweldade teen die Nama en die Ovaherero wel volksmoord was. Volgens internasionale media het die Duitse Bundestag president, mnr. Norbert Lammert, Woensdag reeds van volksmoord gepraat, het die Republikein berig. Hy
Jesus se doopplek in Jordanië
Vir jare stap Christen-pelgrims van beide oewers die Jordaanrivier in om ‘n verbintenis met een van die hoekstene van geloof, die dood van Jesus Christus, te vorm. Die parallelle tradisie het sowel Israel as Jordanië uit toerismedollars voordeel laat trek, het AP berig. UNESCO het nou egter ingeklim in die meedinging en Jordanië se doopplek
Aanvallers in Parys nog op vrye voet
Gewapende mans wat Maandagoggend probeer het om ‘n winkel in ‘n sentrum in Villeneuve-la-Garenne, net noord van Parys, te beset, was nog op vrye voet. “Omstreeks 06:30 het drie gewapende misdadigers die Primark-winkel binnegegaan. Ons vermoed dit het begin as ‘n gewapende roof,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê. ‘n Werknemer van die winkel het haar kêrel
Meksiko se dwelmbaas dreig Trump
Meksiko se prokureur-generaal, Arely Gomez het die einde van ‘n tonnel besoek waardeur die Meksikaanse dwelmbaas Joaquin “El Chapo” Guzman Sondag uit die hoë sekuriteitsgevangenis Altiplano na ‘n huis in Almoloya de Juarez kon ontsnap het. Dit was Guzman se tweede ontsnapping in 14 jaar. Hy is nog op vrye voet. Mexiko se mees gesoekte
Premier vir korrupsie ondersoek
As deel van ‘n ondersoek na korrupsie, het Roemeense aanklaers dié week aangekondig dat hulle hul premier, Victor Ponta, gaan aankla. Dit plaas toenemende druk op die beleërde politikus om te bedank. Ponta word van bedrog, belastingontduiking en geldwassery tussen 2007 en 2011 aangekla, nog voordat hy in 2012 eerste minister geword het. Die owerhede
