Obama, VN waarsku teen terreur en burgeroorlog

Pres. Barack Obama sê die bomaanval op Somalië se hoofstad is ’n wekroep dat terreurgroepe soos Al-Sjabaab niks anders as verwoesting aan te bied het nie en gestop moet word. Obama het tydens ’n gesamentlike nuuskonferensie met eerste minister Hailemariam Desalegn in Addis Abeba, Ethiopië, gepraat. Hy sê Amerika en ander lande moet die druk

Lees verder: Obama, VN waarsku teen terreur en burgeroorlog

Trump se steun neem toe

Die eiendoms­miljardêr mnr. Donald Trump se steun onder Republikeinse party kiesers het vergroot en hy is nou die voorloper in die wedloop om die party se nominasie vir volgende jaar se presidentsverkiesing. Volgens die jongste CNN-meningsopname geniet Trump 18 persent steun onder Republikeine, gevolg deur die voormalige goewerneur van Florida, mnr. Jeb Bush, met 15

Lees verder: Trump se steun neem toe

Britse lord snuif sy standaarde

’n Senior lid van die Britse House of Lords, wat verantwoordelik is om standaarde te handhaaf, is dié week versoek om te bedank nadat hy verfilm is waar hy na bewering dwelms van ’n prostituut se borste gesnuif het. Lord John Sewel het as adjunkspeaker van die parlement se opperhuis bedank nadat The Sun Sondag

Lees verder: Britse lord snuif sy standaarde

LUR dagvaar koerant vir naamskending

Die voormalige Vrystaatse LUR van Sport, Kuns en Kultuur, Dan Kgothule, dagvaar die Vrystaatse koerant, The Weekly, vir R250 000 vir naamskending. Dit nadat dié weeklikse koerant tydens Kgothule se termyn, in ‘n artikel in Augustus 2010, berig het dat sy senior personeel oor sy gedrag kla; ook dat Macufe onder sy leierskap geen wins

Lees verder: LUR dagvaar koerant vir naamskending

Deneysville-inwoner sink in riool weg

‘n Swart inwoner van Deneysville se lokasie, Johannes Tlali sê die stank wat hom elke oggend groet as hy sy voordeur oopmaak, is ondraaglik. Rou riool is al reeds sedert Oktober verlede jaar besig om by sy voordeur op te dam. Hy het aan OFM-nuus se Cathy Dlodlo gesê dat beloftes deur die munisipaliteit om

Lees verder: Deneysville-inwoner sink in riool weg

T.T. Cloete is dood

Die Afrikaanse digter T.T. Cloete het vanoggend in die Mooimed-hospitaal op Potchefstroom gesterf. Hy was een van die bekendste moderne Afrikaanse digters wat veral in woordspel en kriptiese beeldspraak uitgemunt het. Theunis Theodorus Cloete is op Republiekdag, 31 Mei, in 1924 gebore en was dus 91 jaar oud ten tye van sy oorlye. Hoewel hy

Lees verder: T.T. Cloete is dood

Krieketreus groet, Tutu weer in hospitaal

Clive Rice, oudkrieketkaptein van Suid-Afrika en Transvaal is Dinsdag oorlede. Die 66-jarige Rice is in Maart in Indië geopereer om ‘n gewas in sy brein te verwyder. ‘n Neurochirurg in Suid-Afrika het hom egter met sy terugkeer ingelig dat daar niks meer is wat hulle vir hom kan doen nie. Die Krieketraad se uitvoerende hoof,

Lees verder: Krieketreus groet, Tutu weer in hospitaal

Afrikaans veroorsaak ‘asemnood’ by swart US-studente

Sowat 30 studente, waaronder ook wittes, het Maandagoggend ‘n derdejaarslesing in politieke wetenskap by die Universiteit van Stellenbosch ontwrig toe ’n dosent na Afrikaans oorgeskakel het. Een van die swart studente het opgespring en gesê hy “kan nie asemhaal nie”. Toe die dosent, Ubenicia Adams-Jack, hom vra wat fout is, het hy gesê onderrig in

Lees verder: Afrikaans veroorsaak ‘asemnood’ by swart US-studente

Israel, Palestyne bots oor moskee

Lede van die Israelse veiligheidsmagte het slaags geraak met Palestyne tydens botsings in Jerusalem. Geweld het uitgebreek tussen Palestynse betogers en die Israelse polisie, nadat owerhede beperkte toegang aan Moslemse aanbidders tot die al-Aqsa-moskee. Dié moskee is in die ou gedeelte van Jerusalem en word deur Moslems simbool beskou. Israelse polisie het die moskee, een

Lees verder: Israel, Palestyne bots oor moskee

Bekende Windhoeker in plaasaanval doodgeskiet

Die 76-jarige mnr. Gerald Leitner is Vrydag op sy plaas in die Hochfeld-omgewing sowat 76 km buite Okahandja deur vyf verdagtes aangeval en doodgeskiet. Die Republikein berig dat niemand nog in verband met sy dood in hegtenis geneem nie. Volgens die skakelbeampte van die Namibiese polisie, insp. Pendukeni Haikali, het rowers Woensdag verlede week probeer

Lees verder: Bekende Windhoeker in plaasaanval doodgeskiet