’n Senior lid van die Britse House of Lords, wat verantwoordelik is om standaarde te handhaaf, is dié week versoek om te bedank nadat hy verfilm is waar hy na bewering dwelms van ’n prostituut se borste gesnuif het.
Lord John Sewel het as adjunkspeaker van die parlement se opperhuis bedank nadat The Sun Sondag die foto’s gepubliseer het. Hy is egter onder druk om permanent uit te tree.
Parlementêre owerhede het die polisie ontbied nadat die poniekoerant die beeldmateriaal beskikbaar gemaak het.
Nog was dit nie die einde nie en Maandag is ’n foto gepubliseer waar hy ontspan in ’n oranje bra en leerbaadjie wat behoort aan een van die twee prostitute saam met wie hy glo gefuif het.
