Die Ombudsman vir kinders in Swede het Saterdag besnydenis verbied, ‘n praktyk wat hulle meen die basiese regte van seuns oortree. “Besnyding van ‘n kind sonder mediese regverdiging of sy toestemming oortree hierdie kind se menseregte,” het Fredrik Malmberg gesê. Mediese beroepslui was mede-ondertekenare van die verklaring wat gepubliseer is in die koerant Dagens Nyheter.
Beeld besluit dat dood van forensiese patoloog nie verdag is nie
Prof. Cathy Beukes, hoof van die departement anatomiese patologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het glo haar eie keel met ’n elektriese mes oopgesny, het Beeld berig. Beukes (64) is Sondagoggend deur haar man, prof. John Shipley, oudhoof van die departement ortopedie by die Universitas-hospitaal, in hul studeerkamer met ’n snywond aan haar
Lees verder: Beeld besluit dat dood van forensiese patoloog nie verdag is nie
Diplomaat geskiet na agtervolging van OR Tambo-lughawe
Eyewitness News (EWN) berig dat ’n verdagte in Bryanston, Johannesburg, doodgeskiet is nadat aanvallers waarskynlik hul slagoffer vanaf die OR Tambo-lughawe na die huis agtervolg het. ’n Diplomaat is glo beseer. Hy was Saterdagoggend van die lughawe na sy dogter se huis in Bryanston onderweg. ’n Skietery het ontstaan waarin die diplomaat raakgeskiet is. Dis
Lees verder: Diplomaat geskiet na agtervolging van OR Tambo-lughawe
Belastingverligting vir ‘huwelik’ kry lou ontvangs by Britte
Brittanje se regering het ‘n belastingvergunning voorgestel om huwelike aan te moedig. Dit sluit huwelike tussen mense van dieselfde geslag in. David Cameron, Britse premier, se voorstel dat getroudes – met die uitsondering van topverdieners – belastingverligting van tot £200 pond per jaar per paartjie kry. As die parlement die voorstel goedkeur, sal die belastingverligting
Lees verder: Belastingverligting vir ‘huwelik’ kry lou ontvangs by Britte
Russel Botman op die Rooiplein
deur Leon Lemmer Aan die Universiteit Stellenbosch (US) word die ANC se vakansiedae, soos die herdenking van Sharpeville, die Soweto-opstand en die paswetoptog deur hardegat vroue, deesdae graag gedenk. Gebeure sonder sodanige “vryheidsdimensie”, soos Beskawingsdag (6 April) en Afrikaansdag (14 Augustus), word glad nie erken nie. Die universiteit as akademiese inrigting is egter van huis
Sirië se chemiese wapenafbouprogram begin volgende week
Die wêreldwaghondliggaam wat chemiese wapens beheer, se kundiges sal waarskynlik Dinsdag begin om Sirië se voorraad chemiese wapens te inspekteer. ’n Ooreenkoms betreffende die wapenafbouprogram is Vrydagnag ná middernag in Den Haag, Nederland, deur die uitvoerende raad van die Organisasie vir die Afskaffing van Chemiese Wapens (OPCW) bereik. Die organisasie het ’n beroep op lidlande
Lees verder: Sirië se chemiese wapenafbouprogram begin volgende week
Veiligheidsraad aanvaar resolusie oor Sirië se chemiese wapens
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het eenparig ‘n resolusie aanvaar dat Sirië se chemiese wapens onder internasionale beheer geplaas moet word met die doel om dit te verifieer en te vernietig. Dit is die eerste keer in die konflik van langer as twee jaar dat die raad konsensus kon bereik oor enige saak wat
Lees verder: Veiligheidsraad aanvaar resolusie oor Sirië se chemiese wapens
Doodse stilte oor swart-op-wit aanvalle
Mnr Ben Pretorius, ’n pensionaris van Stilbaai, monitor die media landswyd oor aanvalle van swart op wit. Die volgende verslag pas van hom ontvang: Graag hou ek verslag nr. 2 aan u voor oor die voortgesette aanvalle op boere en bejaardes. Die berigte strek oor die periode 30 Augustus tot 7 September 2013 en is
Rioollek ‘n kopseer in Tshwane
Die riool wat by ’n mangat in ’n verlate veld langs Nellmapiuslaan uitstroom, vloei moontlik in die Ecorivier wat aansluit by die Hennopsrivier. ’n Lekkasie by ’n mangat in Irene kan moontlik bydra tot die toenemende besoedeling van die Hennopsrivier. Riool wat by ’n mangat in ’n verlate veld langs Nellmapiuslaan uitstroom, het moontlik in
Amcu-staking skop af
Die staking deur die mynwerkers vakbond, AMCU by Anglo American Platinum se myn op Rustenburg in Noordwes, het begin. Die vakbond staak oor die beplande aflegging van meer as drieduisend werkers by die Amplats-myn. Dit volg nadat onderhandelinge oor die afleggings tussen Amplats en die vakbonde by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie vroeër
