Vrese dat hospitale, lughawens sonder krag sit

Suid-Afrikaners staal hulself vir landwye kragonderbrekings. Die uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het egter vrese oor beurtkrag by lughawens en hospitale probeer besweer. Hy het gesê sulke sleutelinstellings sal nie by die kragvoorsiener se voorgestelde beurtkragskedule ingesluit word nie. Matona het die media by die Eskomhoofkantoor in Megawattpark in Johannesburg toegespreek om verbruikers te maan dat beurtkrag vir minstens nog ‘n

Lees verder: Vrese dat hospitale, lughawens sonder krag sit

WGO-liggaam wil ebola-entstowwe vir SA bespoedig

Die organisasie African Vaccine Regulatory Forum (AVAREF) het in Pretoria vergader in ‘n poging om wyses te bespreek waarop entstowwe asook die behandeling vir die ebolavirus so gou moontlik deur Suid-Afrikaanse owerhede goedgekeur kan word. Die eerste twee dae van die vergadering sal gewy word aan die nood wat die ebola-virussiekte (EVD) veroorsaak en die potensiële behandeling

Lees verder: WGO-liggaam wil ebola-entstowwe vir SA bespoedig

Resep vir Afrikanerherlewing

In ‘n Afrikanerherlewing speel innerlike of geestelike/nie-tasbare sake sekerlik die deurslaggewende rol, bv bewustheid van ons geskiedenis, kultuur en identiteit; die durf of wil tot handhawing; om op te staan en nie vertrap of verswelg te word nie. In hierdie skrywe gaan ek my aandag egter beperk tot uiterlike of materiële/konkrete aspekte waarmee uitdrukking aan

Lees verder: Resep vir Afrikanerherlewing

Ons kort ‘n neoreaksionêre beweging in die kunste

Vanoggend word ek vieruur wakker en dink aan daardie roman wat ek al lankal wou skryf oor ‘n taamlik geleerde blanke boemelaar wat in Johannesburg se strate rondswerf. Of liewer, hy gebruik sy skeppende vermoëns en sy vindingrykheid om sonder enige inkomste hoegenaamd homself te klee, te voed, terwyl hy oor geen vaste adres beskik

Lees verder: Ons kort ‘n neoreaksionêre beweging in die kunste

Beeld wil ons soos Sonja Loots afbreek

Beeld is veronderstel om vir die mense te praat – al die mense – hoekom is daar so min oor die gewelddadige aanvalle en moorde op die blankes/ boere in julle koerant? Media 24 waarvan julle deel is, vervreem sy mark met berigte soos dié van Sonja Loots wat op beroepsouers/ma’s afgaan en oor mense

Lees verder: Beeld wil ons soos Sonja Loots afbreek

Aan Beeld: swartes het saam met ons op sypaadjies geloop!

Dalk dink die …okkers ons outoppies van 1948 is al dood en weet nie van beter nie. Anekdote : In 1963 -15 jaar oud – ry ek fiets poskantoor toe met ‘n pakkie. ‘n Volwasse Skilpadnek kom ry langs my en snou my toe “jou bliksemse Boer kom uit my pad uit”. Skaamkwaad noem ek

Lees verder: Aan Beeld: swartes het saam met ons op sypaadjies geloop!

Repliek aan Beeld se Virginia Keppler

Geagte me. Keppler, Moontlik is dit ongevraag van my om ‘n skrywe aan u te rig, maar dan was dit ewe ongevraag van u om ‘n ope brief aan Steve Hofmeyr te skryf waarin u die Afrikaanslesende heelal met u histrioniese gemeenplase teister. Oktober, soos C. Louis Leipoldt gedig het, is “die mooiste, mooiste maand”.

Lees verder: Repliek aan Beeld se Virginia Keppler

Barbaarse boosaards slaan toe in jongste plaasmoord

Die tragiese, sinnelose en barbaarse moord op die bejaarde mnr. Janse van Vuuren is die jongste op die telbord teen diegene wat ‘n nuwe, verbeterde Suid-Afrika aan Afrikaners probeer smous. Die plaasaanval Donderdagaand om ongeveer 23:00 op die plaas Nuwejaarsbos, het die groter gemeenskap weer geruk. Die plaas is tussen Odendaalsrus en Kroonstad. Vyf swart plaasaanvallers het mnr.

Lees verder: Barbaarse boosaards slaan toe in jongste plaasmoord

Te veel ekstremiste is al vernoem

Die Kaapse stadsraad wil Tafelbaai-boulevard na F.W. de Klerk hernoem en De Klerk se minnesanger Leopold Scholtz vind dit uitstekend aangesien “ekstremiste” daarteen gekant is. Die probleem is egter dat sommige “ekstremiste” in Leopold se eie verbeeldingswêreld nes geskop het, waarmee hyself sy “gematigde” draadsitterstatus onder verdenking plaas. Linkse ekstremiste meen De Klerk was ’n nare apartheidspresident

Lees verder: Te veel ekstremiste is al vernoem

Slegs 57% van mense in Suid-Afrika werk

Die statistikus-generaal Pail Lohohla, het gister Suid-Afrika se droewige indiensnemingsyfers bekendgemaak. Nie net is werkloosheid hoog nie, maar vele mense is ook al baie lank sonder werk, wat van strukturele werkloosheid getuig. “Die verhaal in Suid-Afrika is dat ons in ‘n hoëwerkloosheidstoestand verkeer, oor ‘n baie lang tydperk, vanaf 2008, maar dit strek tot 2001

Lees verder: Slegs 57% van mense in Suid-Afrika werk