Kraaifontein-lyke dalk dwelmverwante teregstelling

Die ses lyke wat by Kraaifontein, noord van Kaapstad naby die Joostenberg Vlakte gevind is, is nog nie uitgeken nie. Inwoners van die plaas waar die moorde gepleeg is, sê hulle het al voorheen lyke op dieselfde plek gesien. Die polisie sê die mans se hande en voete was vasgebind, en dit lyk of hulle met

Lees verder: Kraaifontein-lyke dalk dwelmverwante teregstelling

Raspolitiek maak van Namibië eenpartystaat

Politieke ontleders kla dat Namibië ’n eenpartystaat is omdat die opposisie te verdeeld is. Vorige pogings om ‘n koalisie tussen opposisiepartye te vorm, het ook skipbreuk gelei weens Swapo se onbeskaamde rassebeleid. Alhoewel die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) goed in die onlangse verkiesing gevaar het, is daar nie gemeenskaplike gronde vir samewerking met ander partye nie, meen

Lees verder: Raspolitiek maak van Namibië eenpartystaat

Swapo spoeg vuur oor grond

Die amptelike bekendstelling van Namibië se geskiedkundige Nasionale Aksieplan vir Menseregte 2015 – 2019 is Dinsdag oorskadu deur die pres. Pohamba se woede-uitbarsting teen koloniale grondbesitters en diegene wat oor grondbelasting kla. President Hifikepunye Pohamba het vir ’n tyd van sy amptelike toespraak afgewyk en sy aanval begin deur uit te vaar teen die “Duitsers”

Lees verder: Swapo spoeg vuur oor grond

Wrede moord en verkragting op bekende vroueveearts

Terwyl Helen Zille en die polities korrekte media veldtogte teen “blanke rassisme” voer, word al hoe meer blankes en Afrikaners uitgemoor. Die jongste slagoffer op Witrivier is dr. Rensia de Wet, 46, ‘n briljante veearts en perdekenner wat in 2002 die Theilermedalje as topstudent by Onderstepoort ontvang het. De Wet is vermoedelik verkrag alvorens sy

Lees verder: Wrede moord en verkragting op bekende vroueveearts

Mr. Price reageer oor Afrikaans-klagte deur PRAAG

Nadate dr. Dan Roodt van PRAAG op Twitter navraag gedoen het oor ‘n klant wat deur ‘n Mr. Price-werknemer vertel is dat hulle verbied word om Afrikaans te praat, het die winkelgroep binne enkele ure soos volg gereageer: U mag onlangs gehoor het dat ons nie ons winkel lede toelaat om met kliënte te praat

Lees verder: Mr. Price reageer oor Afrikaans-klagte deur PRAAG

Kees gryp vierjarige

‘n Vierjarige dogtertjie is verlede Woensdag vir etlike meter aan die arm gesleep toe sy deur ‘n bobbejaan by ‘n bekende piekniek-plek in die Nasionale Kruger-wildtuin (NKW) gegryp is, het die Lowvelder berig. ‘n Oog-getuie, mnr. Theuns Koen, het aan Laevelder vertel hoe ‘n groot bobbejaan, waarskynlik die brandwag, die kind by die Nkuhlu-piekniekplek gegryp

Lees verder: Kees gryp vierjarige

Gauteng-inwoners waarsku teen aanvallers

Die Lytteltonse Gemeenskapspolisieforum in Centurion, het inwoners gewaarsku om op die uitkyk te wees vir twee “mans” wat hulle as polisiebeamptes voordoen. Dié twee in uniform is daarop uit om inwoners aan te val en te beroof. Die forum se woordvoerder, Clive Niepieer sê dit is ‘n ernstige misdaadprobleem, het RSG berig. Hy sê die regte

Lees verder: Gauteng-inwoners waarsku teen aanvallers

AgriSA bekommerd oor minimumloon

Agri SA het Dinsdag gesê dat ‘n nasionale minimumloon tot werksverliese sal lei. “Dit sal uiters kortsigtig wees, selfs onmenslik, om nie die desperate toestand te erken waarin baie Suid-Afrikaners hulself bevind nie,” het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê. “Ons kan as individue en as ‘n land beslis nie onsself blind hou vir die absolute

Lees verder: AgriSA bekommerd oor minimumloon

Kragtekorte veroorsaak waterprobleme

Eskom se kragonderbrekings het tot watertekorte in sekere dele van die land gelei. Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo moes inwoners vra om water te spaar weens die kragprobleme. “Verskeie woonbuurte in die stad en ander gebiede word reeds deur die watertekorte geraak,” het Tidimalo Chuene, woordvoerder van die munisipaliteit, in ‘n verklaring gesê. Opgaardamme se vlakke se reeds laag

Lees verder: Kragtekorte veroorsaak waterprobleme

Gautengse premier ‘beplan 3 megastede’ in provinsie

Die ANC-premier in die Gautengprovinsie, David Makhura, het aangekondig dat hy beplan om drie “nuwe stede” in die provinsie te vestig. Die presiese liggings word tans nog geheim gehou, maar Makhura het laat blyk dat die stede aan die Wesrand en in “Sedibeng” oftewel die Vaaldriehoek sal wees. ‘n Aankondiging sal blykbaar aanstaande jaar gedoen

Lees verder: Gautengse premier ‘beplan 3 megastede’ in provinsie