Eskom se kragonderbrekings het tot watertekorte in sekere dele van die land gelei. Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo moes inwoners vra om water te spaar weens die kragprobleme.
“Verskeie woonbuurte in die stad en ander gebiede word reeds deur die watertekorte geraak,” het Tidimalo Chuene, woordvoerder van die munisipaliteit, in ‘n verklaring gesê.
Opgaardamme se vlakke se reeds laag en hoogliggende dele word hierdeur geraak.
“Die munisipaliteit maak gebruik van watertenks om tydelike verligting aan die betrokke gebiede te bring,” lui die verklaring.
“Watertenks sal tussen die betrokke gebiede vervoer word.”
