Gautengse premier ‘beplan 3 megastede’ in provinsie

Die ANC-premier in die Gautengprovinsie, David Makhura, het aangekondig dat hy beplan om drie “nuwe stede” in die provinsie te vestig.

Die presiese liggings word tans nog geheim gehou, maar Makhura het laat blyk dat die stede aan die Wesrand en in “Sedibeng” oftewel die Vaaldriehoek sal wees.

megacity_-_still_asleep‘n Aankondiging sal blykbaar aanstaande jaar gedoen word.

“Teen daardie tyd sal ons die kwessies van grond en wie daarin gaan belê, opgelos het,” sê Makhura.

“Betreffende die bou van nuwe menslike vestigings en nuwe stede, het ons nou die plan oor waar ons nuwe mega- menslike vestigings oor die volgende vyf jaar gaan bou tesame met munisipaliteite voltooi.

“Hierdie Gautengse menslike vestigingsplan sal beleggings in grootmaatinfrastruktuur rig en sal ook beslag aan ons openbarevervoer- en ekonomiese ontwikkelingsplanne gee,” het hy bygevoeg.

Die plan word reeds gekritiseer omdat die skep van Stalinistiese megamunisipaliteite of “metro’s” dienslewering bemoeilik en korrupsie stimuleer. Die drie metro’s in die provinsie sukkel steeds om rekeninge aan verbruikers te lewer nadat die onderliggende munisipaliteite jare gelede reeds saamgesmelt is.

 

8 thoughts on “Gautengse premier ‘beplan 3 megastede’ in provinsie”

  1. Is dit nou STEDE of STATTE. Want daar is beslis ‘n verskil.
    As ‘n persoon nou nou al ooit ‘n klomp “bubbles” geblaas het dan is dit nou. Hy het nie die faagste benul watter mate van impakstudies eers gemaak moet word voordat daar eers GEDINK kan word oor die moontlikheid van so ‘n stap nie.
    Dit is net ‘n klomp rookblasery, wat dien as aandagafleiers.
    Dit is nou verseker ‘n klomp sr*****nt.
    Hulle kan nie eers die huidige munisipaliteite se boeke laat klop nie, wat praat nog van ‘n megastad.

  2. Plan: Bou nuwe lae koste woonstelle (eintlik krotte opmekaar). Skuif blankes soontoe tesame met ‘n klomp swartes. Vat blankes se huise en gee dit vir die elite/middelklas swartes – hulle het mos groter grond.
    So ‘n scenario kan nie uitgesluit word nie.

  3. “Die plan word reeds gekritiseer omdat die skep van Stalinistiese megamunisipaliteite of “metro’s” dienslewering bemoeilik en korrupsie stimuleer” Ek stem saam met die stelling…..AGENDA 21. Kry die mense van die landelike gebiede af en beheer hulle in mega stede
    Maar wie dit gaan betaal is duidelik en wie daar gaan bly is duidelik. Zuma het mos gese hy gaan Tjings hierna toe bring om die tekort aan kennis te vul……

Maak 'n opvolg-bydrae