Dan Roodt: 20 Mei en die heerskappy van terreur in Suid-Afrika

Toespraak gelewer op 20 Mei 2015, Kerkstraat, Pretoria by die geleentheid van die Kerkstraatbomherdenking. Vandag is 20 Mei, ‘n byna vergete dag op die Suid-Afrikaanse kalender. Soos ek egter nou aan u gaan verduidelik, moet 20 Mei 1983 as die aanvang van die huidige tydvak in ons geskiedenis gesien word, en nie 27 April 1994

Lees verder: Dan Roodt: 20 Mei en die heerskappy van terreur in Suid-Afrika

Hewitt gaan huistoe

Die gewese tennisster, Bob Hewitt, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is in die Hooggeregshof in Pretoria tot 19 Junie uitgestel. Hy is dié week deur regter Bert Bam tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en seksuele aanranding. Hewitt, ‘n gebore Australiër, sal nie agter tralies wees nie,

Lees verder: Hewitt gaan huistoe

Veearts by Modise-saak se lisensie opgeskort

Die veearts wat die DBV gehelp het in die ondersoek na dieremishandeling teen die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, is daaraan skuldig bevind dat hy die Suid-Afrikaanse Veeartsraad se reëls oortree het. Die Potchefstroomse veearts, Dr Sameer Abbas is op twee aanklagte skuldig bevind nadat hy geweier het om bewyse van

Lees verder: Veearts by Modise-saak se lisensie opgeskort

Noordwes-polisiekommissaris kry trekpas oor Marikana

Die polisiekommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Zukiswa Mbombo verlaat die polisiediens aan die einde van die maand, het RSG berig. Sy was aan die hoof van die provinsiale polisiediens ten tyde van die skietery by Marikana in 2012 toe 34 mynwerkers doodgeskiet is. Haar bedanking volg terwyl president Jacob Zuma ‘n verslag van die Farlam kommissie

Lees verder: Noordwes-polisiekommissaris kry trekpas oor Marikana

Uitspraak voorbehou teen premier wat ‘hotnot’ gebruik

Uitspraak is voorbehou in die saak teen die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas wat vandag in die gelykheidshof op Upington aangehoor is. ‘n Nasionale lid van die Nasionale Khoisanraad, Stanley Peterson, het die saak teen haar aanhangig gemaak nadat sy tydens ‘n amptelike begrotingstoespraak in 2010 op Upington die woord “hotnot” gebruik het. Lucas het gesê:

Lees verder: Uitspraak voorbehou teen premier wat ‘hotnot’ gebruik

Burundi-verkiesing onbepaald uitgestel

President Jacob Zuma sê Afrikaleiers het op ‘n streekberaad in Angola besluit dat die presidentsverkiesing in Burundi vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel moet word totdat daar weer politieke bestendigheid in die land is. Die spesiale vergadering in Luanda is byeengeroep ná ‘n mislukte staatsgreep in Burundi teen president Pierre Nkurunziza, wie se besluit om vir

Lees verder: Burundi-verkiesing onbepaald uitgestel

Minister van Justisie wil regsberoep verswart

Die minister van Justisie, Mike Masutha, wil ’n prokureur-generaal aanstel om transformasie in die regsberoep te dryf. Hy het dié aankondiging vandag tydens ‘n mediasessie by die Parlement gedoen en gesê die prokureur-generaal se statuur, magte en salaris sal gelykstaande wees aan dié van ’n regter. Masutha het al dikwels in die verlede kritiek gelewer

Lees verder: Minister van Justisie wil regsberoep verswart

Staat en vakbonde kom ooreen oor verhogings

Staatsdiensvakbonde en die regering het ‘n ooreenkoms bereik om salarisse met sewe persent te verhoog. Reuters berig dat die ooreenkoms ‘n staking deur sowat 1,3 miljoen staatsamptenare afgeweer het. Vakbonde wat by Cosatu ingelyf is, het aanvanklik ‘n verhoging van 15% geëis, maar dit later gedurende uitgerekte samesprekings na tien persent verminder. Staatsamptenare sal ook

Lees verder: Staat en vakbonde kom ooreen oor verhogings

Suid-Afrika val uit die Wiskunde-skoolbus

Dit blyk dat die meeste skoolkinders in Suid-Afrika steeds nie die mas opkom wanneer dit kom by wiskunde en wetenskap nie. Die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling sê in ‘n verslag dat 90% van leerlinge nie die basiese vaardighede geleer word nie. Die organisasie sê verder dat slegs sowat 70% van tieners in die

Lees verder: Suid-Afrika val uit die Wiskunde-skoolbus

DA se etniese planne in PE ontbloot

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het bewerings ontken dat hulle Danny Jordaan in Port Elizabeth gekies het om bruin kiesers te lok. Jordaan se aanwysing as burgemeester van die Nelson Mandelabaai metropool is verdoem as ‘n politieke taktiek om bruin steun te werf. Mantashe het in reaksie gesê Jordaan, ook president van die Suid-Afrikaanse

Lees verder: DA se etniese planne in PE ontbloot