Vrae oor Danny Jordaan se betrokkenheid by FIFA

Die nuwe burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro, Danny Jordaan, het ‘n ope brief ontvang met vrae oor sy betrokkenheid by ‘n FIFA-skandaal.

Die Amerikaanse speurdiens, die FBI bekyk onder meer bewerings dat Suid-Afrika tien miljoen dollar se omkoopgeld betaal het om die sokkerwêreldbekertoernooi aan te bied.

Die sekretaris-generaal van FIFA, Jerome Valcke het Suid-Afrika en FIFA verontskuldig in beweerde wanbesteding. Hy het gesê die ontvanger van die skenking, die sokkerliggaam, CONCACAF, eerder moet verduidelik.

Die bodproses om die 2026 Sokkerwêreldbeker aan te bied is intussen opgeskort.

Valcke sê die huidige klimaat van korrupsiebewerings het dié stap genoop. Die proses sou in Mei 2017 in Kuala Lumpur begin.

Rusland en Katar se komende toernooie is tans onder die vergootglas weens beweerde ongerymdhede. Die VSA, wat net-net teen Katar verloor het in sy bod vir 2022, blyk nou die gunsteling te wees om in 2026 gasheer te speel.

Die DA-lid van die provinsiale wetgewer, Atholl Trollip het in die ope brief aan Jordaan ‘n beroep op die sokkerbaas gedoen om te reageer op bewerings dat Suid-Afrika omkoopgeld van R120 miljoen betaal het om die 2010 Sokkerwêreldbeker aan te bied.

Trollip sê Jordaan se aanstelling hou, benewens die FIFA-skandaal, ook die samestelling van ‘n burgemeesterkomitee, sowel as die stad se begroting terug.

Hy sê die vertragings weens Jordaan se aanstelling sal ‘n impak op dienslewering in die stad hê.

Zimbabwe het die Amerikaanse ondersoek na korrupsie by FIFA veroordeel.

Die Zimbabwiese Minister van Buitelandse Sake, Samuel Mumbengegwi sê Suid-Afrika het verdien om die bod te wen en het een van die beste toernooie nóg aangebied.

Die voormalige vise-president van die wêreldsokker beheerliggaam, Jack Warner, word nou ook verbind met die verdwyning van geld wat vir die slagoffers van die aardbewing in Haiti in 2010 bestem was.

Die BBC berig dat dokumente onder sy aandag gebring is wat toon dat noodfondse van $750 000 na ‘n rekening onder Warner se beheer, vir sy persoonlike gebruik oorgeplaas is.

Daar kon vier jaar later nog nie rekenskap van die geld gegee word nie.

Warner het na bewering $7 miljoen van Egipte gevra in ruil vir hulp met die land se bod vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010.

Volgens die voormalige hoof van Egipte se sokkervereniging, Al-Dahsjoeri Harb, het Warner daarin belang gestel het om ’n raadgewer vir Egipte se bod te wees.

‘n Argentynse sakeman wat vroeër deur die Amerikaanse owerhede gesoek word in verband met die ondersoek na korrupsie by FIFA het hom aan die polisie in Italië oorgegee.

Alejandro Burzaco, die president van ‘n Argentynse sportbemarkings-maatskappy is een van 14 persone wat van korrupsie aangekla word.

Burzaco het verdwyn na die arrestasie van sewe FIFA uitvoerende lede op 27 Mei.

Danny Jordaan stom oor FIFA-aantygings

Onthullings dat twee Suid-Afrikaners na bewering die sokkerliggaam FIFA met 120 miljoen rand omgekoop het sodat Suid-Afrika die Wêreldbeker sokkertoernooi in 2010 kon aanbied, het “Madiba-koors” waarskynlik vir goed laat verdamp.

Die kantoor van die Amerikaanse prokureur-generaal sê die twee Suid-Afrikaners het FIFA amptenare omgekoop om stemme vir die 2010-bod te bekom.

Dit blyk dat die swart sokkeradministrateur, Jack Warner, met die FBI saamgewerk het om die name van korrupte amptenare te oorhandig. Warner het die tronk in Trinidad intussen verlaat omdat hy “ongesteld” is.

Hy het gesê dis jammer dat net mense van die Derde Wêreld geteiken word.

Dit is nie bekend wie die twee Suid-Afrikaanse amptenare is nie.

Danny Jordaan, die uitvoerende hoof van SAFA, die Suid-Afrikaanse sokkervereniging, wat nou betrokke was by die bod, is stom oor die onthullings. Hy is intussen verkies tot burgemeester van die Nelson Mandela Metro.

Suid-Afrikaners en die wêreld is vertel dat die land die bod gewen om die Wêreldbekertoernooi aan te bied omdat algar so ‘n bewondering vir Nelson Mandela koester. Toe nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het intussen aantygings ontken van reuse bedrae omkoopgeld wat betaal is om 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir Suid-Afrika te verseker.

Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het in Kaapstad aan verslaggewers gesê Suid-Afrika het ná die toernooi ‘n skoon ouditverslag van Ernst en Young ontvang.

Hy het gesê daar was nooit enige aanduiding dat enigiets verdags in Suid-Afrika plaasgevind het nie.

Radebe was destyds self lid van die plaaslike reëlingskomitee.

Die ekonoom, Mike Schussler, het aan RSG gesê die opvatting dat die land gesien kan word as een wat bereid is om mense om te koop om dinge gedoen te kry, kan dalk potensiële beleggers bekommerd maak.

Hy sê die Wêreldbeker self het positiewe publisiteit geskep.

Die regering sê hy het 36 miljard rand bestee om die toernooi aan te bied.

Opposisiepartye in Port Elizabeth het ooreengekom om die spesiale metroraadvergadering waarop die Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, as nuutverkose burgemeester aangewys word, te boikot.

Jordaan moes kort ná die vergadering Switserland toe vlieg vir “SAFA-sake”.

DA se etniese planne in PE ontbloot

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het bewerings ontken dat hulle Danny Jordaan in Port Elizabeth gekies het om bruin kiesers te lok.

Jordaan se aanwysing as burgemeester van die Nelson Mandelabaai metropool is verdoem as ‘n politieke taktiek om bruin steun te werf.

Mantashe het in reaksie gesê Jordaan, ook president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, is ‘n bewese administrateur en bedrewe politikus.

Die DA het voorheen staatgemaak op bruines se antipatie teenoor swartes om stemme te trek. Die party is woedend oor Jordaan se aanstelling wat hulle eie ondermaanse etniese strategie ontbloot.

Die leier van die DA in die Oos-Kaap, Athol Trollip het uitgevaar teen die ANC in Port Elizabeth en gesê hulle bly dieselfde party wat die stad tot op sy knieë gedwing het.

Trollip het gesê die ANC is bang om politieke beheer te verloor en het misluk om ‘n gepaste kandidaat onder sy eie raadslede in Port Elizabeth te kry.

‘Bafana-Bafana is nikswerd verloorders’

Isegund raadop
Isegund raadop

President Jacob Zuma het die uitbarsting van die minister van Sport, Fikile Mbalula weerlê dat iets drasties verkeerd is met die land se nasionale sokkerspan.

Die Bafana-Bafana is in die groepfase van die Afrika Kampioenskapsbeker uit die toernooi geskakel na hulle teen Nigerië met 3 -1 verloor het.

Mbalula het gesê dis nie die afrigting nie, maar die gehalte van die groep wat veel te wense oorlaat. “Ons het ‘n krisis van monumentale proporsies,” het hy gesê.

Hy wou hulle nie eens gaan groet na afloop van die wedstryd nie, het hy gesê.

Hy het die spelers uitgekryt as nikswerd verloorders voor ‘n groot skare verslaggewers.

Die president van SAFA, Danny Jordaan het gesê die spankultuur moet in sy geheel hersien moet word. Hy het geskimp dat die afrigter die trekpas moet kry.

Die president het in ‘n onderhoud op ‘n SAUK-radiostasie gesê die span het drasties verbeter en het die land se steun nodig.

Hy het ook sy steun aan die beleerde afrigter, Gordon Igesund, gegee.

Polisie is ondankbaar, sê CDP

“Dit kom voor asof die waarheid in Suid-Afrika uiters ongeleë is, en die waarheid praat dus uiters onpopulêr is.” So sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratise Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).

“Die ontstokenheid van die SAPD en ander oor die uitsending van ‘n program op E TV waarin misdadigers openlik dreig om buitelandse besoekers tydens die Wêreld Sokkerbekertoernooi aan te val, dui op die absolute minagting vir die veiligheid van mense wat ons land gaan besoek.

“Voorafkennis beteken die nodige voorsorg kan getref word,” sê Botha.

“Die polisie behoort dankbaar te wees oor hierdie inligting, aangesien dit hulle op die ware bedreigings en uitdagings wys, en stel dit hulle in staat om maatreëls te tref om mense se veiligheid te verseker.

“Die onthullings maak ‘n klug van Danny Jordaan se aansprake dat veiligheid in Suid-Afrika onder beheer is, en dat besoekers niks te vrees het nie.

“Dit lyk na net nog ‘n poging om Suid-Afrika ongeag die gevolge rooskleurig te bemark.”

светильники потолочные светодиодныеДанильченко Харьков

Sokkerkaartjies verkoop nie

Minder as 100 000 kaartjies is aan aanhangers van die ses Afrika-lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, verkoop, het die uitvoerende hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Danny Jordaan, Dinsdag gesê.

Jordaan is ook bekommerd omdat min plaaslike aanhangers kaartjies vir Bafana Bafana se Groep A-wedstryde koop.

“Dit sal die eerste keer in Wêreldbekergeskiedenis wees wat die gasheerland nie bo aan die lys van kaartjieverkope is nie,” het hy by ‘n persverklaring in Johannesburg gesê.

“Ongelukkig is Bafana nie eers in die top 10 nie. Engeland sal in hierdie stadium meer ondersteuners by hul land se wedstryde hê as wat by Bafana-wedstryde sal wees.”

“Dit sal hartseer wees as hierdie verskynsel voortduur en ek versoek plaaslike ondersteuners om hulle land te kom ondersteun.”

Bafana gaan die toernooi by Soccer City op 11 Junie teen Meksiko afskop.

 

купить детский гольф для мальчикаАлександр Фильчаков Васильевич