SA het 5 op Brics-ranglys van beste universiteite

Vyf Suid-Afrikaanse universiteite is in die top 100 van ‘n nuwe internasionale ranglys wat meer as 700 instellings vir hoër onderwys in 22 lande beoordeel. Times Higher Education (THE) het Woensdag “die wêreld se eerste ranglys van universiteite in Brics en opkomende ekonomieë” bekendgemaak. Brasilië, Rusland, Indië , China en Suid-Afrika, asook 17 ander lande wat die

Lees verder: SA het 5 op Brics-ranglys van beste universiteite

Staat wen eerste ronde teen Krejcir

Die staat het die eerste ronde teen die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir gewen toe landdros Reginald Dawa geweier het dat ‘n bekentenis deur Krejcir se mede-beskuldigde aan die mafiabaas se verdedigingspan getoon word tydens sy borgaansoek. ‘n Eiendomsontwikkelaar van Sandton Desai Luphondo se getuienis het glo die name van die staatsgetuies en verdagtes bevat wat

Lees verder: Staat wen eerste ronde teen Krejcir

Vyf damme om Ermelo breek weens reën

Vyf damme om Ermelo en omliggende gebiede in Mpumalanga het meegegee na aanhoudende swaar reën. Meer as 100 millimeter reën het sedert die naweek in die provinsie uitgesak. Van die boere is in hulle skik met die reën terwyl ander bekommerd is oor die beskadigde damme. Die R-39 van Morgenzon suid van Ermelo na Standerton

Lees verder: Vyf damme om Ermelo breek weens reën

Gru-ongeluk eis drie op Sir Lowryspas

Drie passasiers is dood en drie beseer toe drie motors Woensdag naby Gordonsbaai op Sir Lowryspas in die Wes-Kaap in ‘n botsing betrokke was. Twee volwassenes en ʼn kind is op die toneel dood verklaar. Een van die passasiers het kritieke beserings opgedoen en moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word. “Een van die voertuie

Lees verder: Gru-ongeluk eis drie op Sir Lowryspas

Wat van kostes wat verswyg word?

Ons betaal reeds duur vir energie, medisyne, bankwese, en telekommunikasiedienste. Maar ‘n bietjie navorsing toon dat ons veel meer betaal op ‘n verskeidenheid maniere waarop ons sakevriendelike hoofstroommedia nie sal praat nie. 1. Farmaseutiese maatskappye: Die bedryf gaan baie verder as winste, met die werklike privatisering van ons liggame. Een vyfde van die menslike genoom

Lees verder: Wat van kostes wat verswyg word?

Vavi: SAKP deel van ‘oligarge wat sal moor’

Die ANC verdeel die werkersklas, volgens Cosatu se geskorsde sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het The Star Woensdag berig. “Dit is duidelik dat die post-apartheid-staat ‘n kapitalistiese staat is,” het Vavi glo Dinsdag gesê. “Is dit nie die tyd om … ‘n beweging vir sosialisme, ‘n breë anti-kapitalistiese front te bou nie?” Vavi het ook na bewering

Lees verder: Vavi: SAKP deel van ‘oligarge wat sal moor’

ANC, OB Nkandla mekaar

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, het die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se lekkasies as “gevaarlik” beskryf. Nadat die verslag aan die Mail & Guardian gelek is, het veiligheidsministers Vrydag met die OB vergader. Die voorlopige Nkandla-verslag is deur die OB vir “poltieke doeleindes” uitgelek, het hulle gesê, want dit kon niemand

Lees verder: ANC, OB Nkandla mekaar

Zim-gevangenes sterf van honger

Minstens 100 Zimbabwiese gevangenes is van honger en siekte dood hierdie jaar, want die platsak regering kan slegs bekostig om een maaltyd ‘n dag vir gevangenes te gee. Plase het glo nie genoeg saad en kunsmis van die regering gekry om voldoende voedsel vir gevangenes te produseer nie, volgens die koerant Newsday. Adjunk-Kommissaris van tronke

Lees verder: Zim-gevangenes sterf van honger

Drie Suid-Afrikaners geskiet in Lesotho

Drie Suid-Afrikaners is in ‘n mislukte transito-rooftog net buite Maseru in Lesotho doodgeskiet. ‘n Burger van Lesotho het gehoor hoe die drie planne vir die rooftog maak. Die Lesothopolisie en die weermag is oor hul planne ingelig en ‘n skietery het net buite die hoofstad in Khubetsoana ontstaan waarin die mans doodgeskiet is. Die verdagtes

Lees verder: Drie Suid-Afrikaners geskiet in Lesotho

Mandela se begunstigdes veg vir sy ‘Opus’

Die geldkraan wat Nelson Mandela heet, sal waarskynlik toegedraai word as die wêreld van hom vergeet. Die minister van Staatsdiens, Lindiwe Sisulu, het Dinsdag plegtig belowe Mandela se nalatenskap sal nooit vergeet word nie. “Ek wil aan almal van julle belowe dat ek sal veg … om seker te maak dat die geskiedenis ‘n verpligte vak

Lees verder: Mandela se begunstigdes veg vir sy ‘Opus’