DA-optog verby na geweld uitbreek

Foto van Twitter
KFC op die spyskaart. Foto van Twitter

Die DA het die witvlag gehys nadat geweld uitgebreek het in Rissikstraat in die middestad van Johannesburg.

DA-ondersteuners moes inderhaas teruggelei word na die Westgate-vertrekpunt.

Oproermakers wat by die optog wou aansluit is in Rissikstraat met skokgranate afgekeer.

Die polisie het ook met rubberkoeëls op ANC-ondersteuners gevuur by Luthulihuis.

Duisende DA-lede is Woensdagoggend ingebus vir die opmars teen die ANC.

Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het vroeër gesê die sowat 6 000 DA-lede is daarop uit om kwaad te stook en hulle “hoop vir drama.”

“Ons sal die ANC-ondersteuners so goed as wat ons kan in toom hou. Ons verwag uitlokking. Dis al wat ons nou kan doen,” het Duarte bygevoeg.

Duarte het gesê die DA moes die optog na die parlement of die Unigebou gelei het.

Sy het ook gesê Zille weet nie hoe om vreedsaam te betoog as sy deur veiligheidwagte vergesel moet word nie.

Die DA het sowat 500 private veiligheidsbeamptes vir die optog gehuur. Dit is nie bekend of die beamptes betrokke was in die geweld nie.

Daar is steeds ‘n groot polisie-teenwoordigheid rondom Luthulihuis en toegangsroetes daarheen.

“Ons maak vandag ‘n statement,” het Marcel Maritz, DA-raadslid van Mokopane in Limpopo aan Beeld gesê.

Helen Zille het gesê die DA moet wys “hoe gewelddadig die ANC geword het”. Sy het nie kommentaar gelewer oor die DA se uitlokking nie.

Adv. Antony Stein SC, vir die DA, het ontken dat die DA met uitlokking besig is. Hy het gesê die DA het “geen intensie om tot by Luthuli-huis te beweeg” nie.

Die DA is egter voor hulle opmars telkens ook deur hul wit ondersteuners gewaarsku dat dié optog tot geweld sal lei.

Zille het aan DA-lede gesê ANC het nie toestemming om te betoog nie, en die ANC-teenwoordigheid in die strate is onwettig.

Die polisie is Woensdag glo in die middestad van Johannesburg ook met petrolbomme bestook.

Die DA-ondersteuners het ‘n uur laat met hul optog begin. Helen Zille het intussen verklaar dat die optog verby is.

ANC- en EFF-lede is steeds in die middestad uitgekamp en KFC-wegneemhoender en gaskoeldrank word tans vir middagete bedien.

ANC, OB Nkandla mekaar

nkandla-residenceGwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, het die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se lekkasies as “gevaarlik” beskryf.

Nadat die verslag aan die Mail & Guardian gelek is, het veiligheidsministers Vrydag met die OB vergader.

Die voorlopige Nkandla-verslag is deur die OB vir “poltieke doeleindes” uitgelek, het hulle gesê, want dit kon niemand anders gewees het nie.

“Ons waardeer die OB se werksaamhede, maar ons is bekommerd oor optrede wat blykbaar ’n openbare ophef wou veroorsaak.

“Die OB moet na deeglike ondersoek aanbevelings maak, nie uittreksels laat uitlek, die publiek aanhits en dán die finale verslag bekend maak nie.”

Madonsela het ontken dat die verslag deur haar kantoor uitgelek is. Sy het die publikasie van die voorlopige bevindings veroordeel.

Die staat het vroeër die hof genader om te verhinder dat die verslag openbaar gemaak word.

Mantashe het egter gesê die OB-verslag asook die departement van openbare werke se geklassifiseerde Nkandla-verslag moet dringend openbaar gemaak word.

Daar word vermoed dat die geld gekom het uit ‘n padkontrak ter waarde van R1 miljard.

Die naam Nkandla kom van die Zoeloewerkwoord  “khandla”, wat beteken om moeg te wees.

‘ANC sal volgende verkiesing met groter meerderheid wen’

Jesse Duarte
Jesse Duarte

Die ANC is vol vertroue dat hy sy meerderheid in volgende jaar se verkiesing sal verhoog, het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte gesê.

“Ons gaan werk vir ‘n groter meerderheid. Ons is vol vertroue dat ons hierdie verkiesing beslissend sal wen. “

Sy het gesê dit is nie gebaseer op die stembus nie, maar eerder op die “grondvlakwerk“ waarmee die African National Congress tans besig is.

Duarte het gesê die ANC sal hard werk om die Kaapstadse metro van die Demokratiese Alliansie terug te wen.

Sy het gesê die party is hoofsaaklik besig met swart gemeenskappe in die Wes-Kaap.

“Daar is agterdog oor die DA, maar daar is ook ongelukkigheid met die ANC,” het Duarte gesê.

“Mense sê ons moes nie die Wes-Kaap weggegee het nie. Ons moes harder gewerk het om dit te behou en as gevolg daarvan ly hulle.“

Sy het gesê die ANC onderneem deur-tot-deur-veldtogte gemik op nege miljoen mense wat nie geregistreer is as kiesers nie.

Sy het gesê ‘n beduidende hoeveelheid mense het gesê hulle is tevrede met basiese dienslewering. Maar die middelklas wou weet oor die “volgende stap“.

“Die prioriteit vir die ANC is nou landelike infrastruktuur. Vir baie middelklasmense beteken dit dat daar nie baie infrastruktuur-ontwikkeling in en rondom stede sal plaasvind nie,” het Duarte gesê.

“Ek wil nie apartheid blameer vir iets nie, maar daar is ‘n reuse-agterstand in dienslewering, veral in landelike gebiede.“

Sy het gesê die ANC was nie bekommerd oor die laaste verkiesing, waar sy meerderheid gekrimp het nie.

Sy het gesê die ANC sal egter in hierdie verkiesing ingaan asof dit was die eerste een in 1994 is.