praag.co.za

Drie Suid-Afrikaners geskiet in Lesotho

Written by

in

,
Maseru
Maseru

Drie Suid-Afrikaners is in ‘n mislukte transito-rooftog net buite Maseru in Lesotho doodgeskiet.

‘n Burger van Lesotho het gehoor hoe die drie planne vir die rooftog maak.

Die Lesothopolisie en die weermag is oor hul planne ingelig en ‘n skietery het net buite die hoofstad in Khubetsoana ontstaan waarin die mans doodgeskiet is.

Die verdagtes het in ‘n dubbelkajuitbakkie gery en was met AK 47 gewere gewapen.

Hulle was ook in besit van 90 rondtes ammunisie en polisie-reflekteerders.

Suid-Afrika en Lesotho het intussen Dinsdag ‘n memorandum van verstandhouding onderteken op arbeidsake.

Minister van Arbeid Mildred Oliphant het in ‘n toespraak wat voorberei is vir aflewering in Pretoria gesê probleme in die arbeidsmark en moontlike oplossings is die enigste manier om positiewe resultate te bereik.

Sy het gesê Suid-Afrika kan Lesotho help in gebiede soos die hersiening van loonvasstellings, eise met die vergoedingskommissie, en ook die moontlikhede van die stigting van ‘n Werkloosheidsversekeringsfonds. – RSG/praag

Comments

9 responses to “Drie Suid-Afrikaners geskiet in Lesotho”

  1. EricBornman Avatar
    EricBornman

    “….probleme in die arbeidsmark en moontlike oplossings is die enigste manier om positiewe resultate te bereik.

    Sy het gesê Suid-Afrika kan Lesotho help in gebiede soos die hersiening van loonvasstellings, eise met die vergoedingskommissie, en ook die moontlikhede van die stigting van ‘n Werkloosheidsversekeringsfonds….”

    Dit gaan beslis help en die transito rowe dadelik stop, kyk na NSA ons is n goeie voorbeeld, hier is almal happy en niemand steel of roof nie……….. goeie d@nner, hoe dom dink die politici is ons??!!

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Goeiemore Eric,
      Logies gesproke maar net op die vlak waartoe hulle instaat is tot parallelle trek – n fout wat hulle maak wat hulle nie kan besef nie. 😉

    2. betjie Avatar
      betjie

      Kyk net wat het gebeur nadat die plaaswerkers se lone “hersien” is!

  2. Josef Fourie Avatar
    Josef Fourie

    Net 90 rondtes tussen die drie van hulle? Een magasyn elk. Hulle het nie juis beplan om die polisie teë te kom nie.

  3. A.D.K. Avatar
    A.D.K.

    Trots Suid-Afrikaans wanneer ons ons vaardighede kan begin uitvoer na ons broeders in Afrika. Net jammer dit was nie ons beste nie.

  4. frikkiebotes Avatar
    frikkiebotes

    SA wil vir Lesotho help? SA kan homself nie eers help nie.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ja Frikkie – die ANC wat met n die Afrikanervolk se kallers ploeg (met wat daar nog oor is van die land) en hulle verbeel hulle is die kat se snor. Kinders in n roomys fabriek en dit sal nooit verander nie.

  5. Gawie Avatar
    Gawie

    Drie Swart Nuwe Suid Afrikaners?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Lekker skerp ne! 😉

Leave a Reply