
Drie Suid-Afrikaners is in ‘n mislukte transito-rooftog net buite Maseru in Lesotho doodgeskiet.
‘n Burger van Lesotho het gehoor hoe die drie planne vir die rooftog maak.
Die Lesothopolisie en die weermag is oor hul planne ingelig en ‘n skietery het net buite die hoofstad in Khubetsoana ontstaan waarin die mans doodgeskiet is.
Die verdagtes het in ‘n dubbelkajuitbakkie gery en was met AK 47 gewere gewapen.
Hulle was ook in besit van 90 rondtes ammunisie en polisie-reflekteerders.
Suid-Afrika en Lesotho het intussen Dinsdag ‘n memorandum van verstandhouding onderteken op arbeidsake.
Minister van Arbeid Mildred Oliphant het in ‘n toespraak wat voorberei is vir aflewering in Pretoria gesê probleme in die arbeidsmark en moontlike oplossings is die enigste manier om positiewe resultate te bereik.
Sy het gesê Suid-Afrika kan Lesotho help in gebiede soos die hersiening van loonvasstellings, eise met die vergoedingskommissie, en ook die moontlikhede van die stigting van ‘n Werkloosheidsversekeringsfonds. – RSG/praag
