Le Pen rig ope brief aan Franse bankgoewerneur oor goud

Die leier van Frankryk se Front Nasionaal het ‘n ope brief aan die goewerneur van die Franse Reserwebank, Banque de France gestuur waarin sy eis dat ‘n oudit gedoen word om vas te stel wat die stand van die land se goudreserwes is. Marine Le Pen het aangedui dat die kwessie van nasionale belang is

Lees verder: Le Pen rig ope brief aan Franse bankgoewerneur oor goud

Waarnemende SAL-hoof sê grade-fout is reggestel

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se waarnemende uitvoerende hoof, Nico Bezuidenhout, het sy stilswye verbreek ná bewerings dat hy soos sekere swart aanstellings oor sy akademiese kwalifikasies gelieg het. Die SAL het vroeër die week toegegee dat sy jaarverslae vir 2011 en 2012 nie korrek was om aan te dui dat Bezuidenhout ‘n B Comm-graad in Vervoerekonomie en Bedryfsielkunde het

Lees verder: Waarnemende SAL-hoof sê grade-fout is reggestel

NSA se watertoevoer dalk afgesny

‘n Wetmaker van die Amerikaanse deelstaat Utah wat bekommerd is oor die regering se spioenasie op sy burgers, bevraagteken die lewering van water aan die Nasionale Veiligheidsagentskap (NSA) se massiewe databergingsfasiliteit in Salt Lake City. Die Republikeinse Party se Marc Roberts het gesê ernstige vrae word gevra oor geheimhouding waarin die sentrum bedryf word. Ver­skeie Utah-inwoners

Lees verder: NSA se watertoevoer dalk afgesny

Energie-oorlog in parlement raak warm

Die DA sê die minister van energie, Tina Joematt-Petterson het die parlement mislei en moet geskors word hangende ‘n ondersoek. Die DA se Lance Greyling sê Joematt-Petterson het verlede week ontken dat sy betrokke was by die aanstelling van die voorsitter van PetroSA, Tshepe Kgadima. Hy sê sy het egter in ‘n brief aan die

Lees verder: Energie-oorlog in parlement raak warm

Parlementêre orde ver van herstel

Gesprekke tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa en opposisiepartye het Maandag op ‘n dooiepunt uitgeloop. “Die opposisiepartye wou vandag weet of daar ‘n manier is wat ons vir hulle ʼn verduideliking kan sê,” het Ramaphosa ná die vergadering aan verslaggewers gesê. “Ons het gesê die ooreenkoms kan nie bereik word nie.” Volgens Ramaphosa het die gesprek op ‘n

Lees verder: Parlementêre orde ver van herstel

Noord-Korea wil weerbaarheid verskerp

Noord-Korea sê hy sal sy oorlogsvermoë aansienlik versterk in protes teen die goedkeuring van ’n mylpaal VN-resolusie teen die land se wydveroordeelde skending van menseregte, het AP berig. ‘n VN-komitee het Dinsdag die resolusie aanvaar waarin daarop aangedring word dat die Veiligheidsraad die Noorde se menseregte­situasie na die Internasionale Strafhof verwys. Voordat die VN gestem

Lees verder: Noord-Korea wil weerbaarheid verskerp

VSA se buitelandse fiasko word net groter

Suid-Afrika se Staatsveiligheidsagentskap sê in sy monitering van aktiwiteite in Irak en Sirië, is hulle nie bewus van burgers wat aan die stryd deelneem nie. Koerante het die afgelope naweek berig dat 140 Suid-Afrikaners van Gauteng en die Wes-Kaap in Irak en Sirië veg vir die Islamitiese staat van Irak en Sirië (ISIS/IS). Intussen is die Amerikaanse sekretaris van Verdediging Chuck

Lees verder: VSA se buitelandse fiasko word net groter

Eskom verklaar noodtoestand vir nywerhede

Eskom het Sondag ‘n kragnoodtoestand vir groot nywerheidskliënte verklaar. “Eskom het ‘n kragnoodtoestand verklaar met groot industriële kliënte, en hulle versoek om dringend hul elektrisiteitsverbruik vandag tussen 15:00 tot 20:00 met 10 persent te verminder,” het Eskom in ‘n verklaring gesê. “Die verklaring van ‘n kragnoodtoestand volg bykomend tot die implementering van fase twee beurtkrag vroeër vandag [Sondag].”

Lees verder: Eskom verklaar noodtoestand vir nywerhede

MH17-wrak na Nederland, Duitsland blus NAVO-hoop

Wrakstukke is eindelik van die toneel in die ooste van die Oekraïne verwyder waar die Maleisiese Vlug MH17 neergeskiet is. Die stukke sal per vragmotor en per trein onder toesig van Nederlandse kenners vervoer word na Kharkof. Van die stukke was te groot om per trein vervoer te word, het die Nederlandse regering gesê. Die wrakstukke

Lees verder: MH17-wrak na Nederland, Duitsland blus NAVO-hoop

Israel wil Christene, Arabiere van hul regte stroop

Die Israelse regering het ‘n uiters omstrede voorstel goedgekeur om Christene en Arabiere van hul regte te stroop. Dié groepe, wat 20% van die bevolking uitmaak, sal dalk binnekort met ‘n mindere status tevrede moet wees. Dié besluit beteken dat Israel se status as ‘n nasionale tuisland vir die Joodse volk in wetgewing vervat mag word. Die

Lees verder: Israel wil Christene, Arabiere van hul regte stroop