Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek

Die departement van verdediging gaan glo bewerings van fisieke asook verbale mishandeling by die weermag se infanterieskool op Oudtshoorn ondersoek, het Sapa berig. “Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula wil dit graag duidelik stel dat geen vorm van mishandeling op militêre basisse geduld sal word nie,” het Joy Nonzukiso Peter, woordvoerder van die departement, in ‘n verklaring gesê.

Lees verder: Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek

Noord-Koreane ontken bande met wapenbedryf in Namibië

Die Namibiese tak van die Noord-Koreaanse staatsmaatskappy Mansudae Overseas Project Group of Companies (M.O.P.) sê hy het géén bande met die omstrede Korea Mining Development Trade Corporation (KOMID) teen wie streng internasionale sanksies ingestel is nie. KOMID is Noord-Korea se grootste wapenhandelaar en is by die verspreiding van ballistiese missiele en ander wapentuig aan lande

Lees verder: Noord-Koreane ontken bande met wapenbedryf in Namibië

Persklub betreur die sluiting van Sapa

Die Nasionale Persklub sê die sluiting van die nuusagentskap Sapa is ‘n hartseer dag vir die mediabedryf. Jos Charle sê Sapa was vir baie dekades ‘n betroubare vennoot in die mediabedryf wat nuusinhoud gegenereer en verskaf het wat deur die meeste mediahuise gebruik is. Sapa se raad het Donderdag aangekondig dat die nuusagentskap se laaste

Lees verder: Persklub betreur die sluiting van Sapa

Indonesië stel veiligheid vir lugrederye uit

Indonesië se ministerie van vervoer het Donderdag gesê planne om volgende maand die veiligheidgradering aan te kondig van lugrederye wat in die land werksaam is, is tot Junie uitgestel, het Xinhua berig. Die veiligheidsgraderings is daarop gemik om veiligheid binne die plaaslike lugvaarbedryf te verbeter, het ’n beampte gister gesê. Die land se minister van

Lees verder: Indonesië stel veiligheid vir lugrederye uit

China bekyk GMO-beheer

’n Chinese amptenaar het gister gesê dié land gaan te midde van toenemende kommer oor veiligheid sy navorsing, beheer en bewusmaking oor die genetiese modifikasie van organismes (GMO) verbeter. “GM-tegnologie is baie belowend en daarom moet ons die voortou met navorsing neem aangesien China oor beperkte landbouhulpbronne beskik,” het die adjunkhoof van die mees gevorderde

Lees verder: China bekyk GMO-beheer

Krisis in die Oekraïne nader breekpunt

Minstens 7 mense is Maandag doodgeskiet en sowat 19 beseer in grofgeskut-aanvalle toe regeringsmagte en selfverdedigingsgroepe in Donetsk in die ooste van die Oekraïne op mekaar losgebrand het, het owerhede in dié land Woensdag gesê. Die krisis in die Oekraïne nader breekpunt soos ontleders voorheen gewaarsku het dit sou, nadat die VSA ‘n kleurrewolusie vanaf

Lees verder: Krisis in die Oekraïne nader breekpunt

Oproer saai oral chaos

‘n Vierde skool is by Khakhanwa in Malamulele in Limpopo aan die brand gesteek omdat hulle klasse voortgesit het. Ouers het die skool probeer bewaak te midde van die laaste vier weke se oproer in die gebied. Drie skole in die gebied is vroeër dié week ook aan die brand gesteek. Dienste en toegang tot

Lees verder: Oproer saai oral chaos

DA betoog teen Eskom-monopolie

Die DA het Woensdag gesê die regering se monopolie op kragvoorsiening moet gebreek word en privaatelektrisiteitsprodusente moet in die mark toegelaat word om mee te ding, het Sapa berig. “Kom ons breek die monopolie voor Eskom ons breek,” het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, aan ondersteuners in Johannesburg gesê. Die DA het buite

Lees verder: DA betoog teen Eskom-monopolie

Verlamde wag reeds 2 weke tevergeefs op dokters

Die woordvoerder van die Vrystaatse regering, Mondli Mvambi, het gevra dat die verlamde Carina Visagie, wat al langer as twee weke in Bloemfontein se Pelonomi-hospitaal se spinale afdeling lê, nie moed moet verloor nie. Dit het dié week aan die lig gekom dat die 19-jarige Visagie reeds 18 dae ongeopereer in die hospitaal lê, weens

Lees verder: Verlamde wag reeds 2 weke tevergeefs op dokters