Zuma bevestig wit vrese na ontmoeting met Dooieboommedia

President Jacob Zuma het koerantredakteurs van die dooieboommedia by die Presidensiële Gastehuis in Pretoria ontmoet ter voorbereiding van sy staatsrede. Dié stap kom te midde van ‘n groeiende ongemak by Afrikaners dat hulle geen politieke verteenwoordiging meer geniet nie en van alle invloed gestroop is, ten spyte van die enorme rol wat Afrikaners steeds speel

Lees verder: Zuma bevestig wit vrese na ontmoeting met Dooieboommedia

Terug na die volk: ‘n literêre slagspreuk?

Geruime tyd reeds dink ek daaraan om iets oor die Afrikaanse letterkunde te skryf, daardie letterkunde wat dreig om saam met ons taal uit te sterf soos wat Engels en politieke korrektheid tsoenami-gewys oor ons spoel. Miskien bied die dood van André P. Brink eergisteraand ‘n gepaste oomblik vir nabetragting oor die rol van letterkunde

Lees verder: Terug na die volk: ‘n literêre slagspreuk?

Malleus maleficarum herskryf: van heksery tot rassisme

Deur die eeue heen het die mensdom ʼn geneigdheid getoon om onderworpe te wees aan massahisterie. Graag onderskei ons ons van die diereryk deur ons vermoë om logies te redeneer en dit onafhanklik van ander te kan doen. Eufemisties en arrogant eien ons ons die alleenreg op die vermoë om individueel te kan dink op.

Lees verder: Malleus maleficarum herskryf: van heksery tot rassisme

Suid-Afrika onder blanke beheer was ‘n reus in 1988

In 1988 het ‘n Duitser in boekvorm uitgegee hoe die Wit reus van Afrika in werklikheid gelyk het. Ons en die wereld is ‘n rat voor die oë gedraai: Kyk na die feite (verwysing 1988 tensy anders aangetoon): In 1972 besit swartes in SA 360 000 voertuie. (Meer as al die swart state van Afrika

Lees verder: Suid-Afrika onder blanke beheer was ‘n reus in 1988

André P. Brink sterf op 79

Die skrywer André P. Brink het gisteraand op ‘n KLM-vlug vanaf Europa na Kaapstad gesterf. Behalwe sy kinders uit vorige huwelike, laat hy sy Pools-gebore vrou Katrina Szczurek agter. Hoewel Brink aanvanklik in Afrikaans begin skryf het, het hy ná die verbod op Kennis van die aand (1973) tweetalig begin skryf en in later jare

Lees verder: André P. Brink sterf op 79

Henry Jeffreys en Nico Koopman: twee van Die Burger se rubriekskrywers

Die Burger (6 deser, p 11) het pas aangekondig dat “vyf ervare rubriekskrywers” hulle buiging in dié koerant gaan maak, naamlik: Max du Preez, van Vrye Weekblad-faam, wat glo geen bekendstelling nodig het nie; Allister Sparks, oud-redakteur van die Rand Daily Mail; Judith February, voorheen van Idasa; Tony Weaver, voorheen van die Rand Daily Mail:

Lees verder: Henry Jeffreys en Nico Koopman: twee van Die Burger se rubriekskrywers

Doelbewuste eensydige misleiding deur Naspers-joernaliste en hulle meelopers

Na verloop van ‘n kwart eeu het 2 Februarie vandeesweek aan Naspers-joernaliste en hulle meelopers die geleentheid gebied om hulle linkse politieke eensydigheid en gebrek aan doodgewone integriteit met oorgawe uit te stal. Dit is nie die moeite werd om die artikels van mense soos Gert Coetzee, Henry Jeffreys, Leopold Scholtz, Charles Smith en Christi

Lees verder: Doelbewuste eensydige misleiding deur Naspers-joernaliste en hulle meelopers

Sapa-werknemers boos oor onreëlmatige ontslag

Personeellede van die South African Press Association (Sapa) weier om hul afdankings te aanvaar. Hulle beplan om hul onreëlmatige ontslag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te neem. ‘n Woordvoerder van die vakbond, Gerhard Ueckermann, het Vrydag gesê dat hulle nie in die onderhandelingsproses geken is nie, ten spyte van ‘n erkenningsooreenkoms

Lees verder: Sapa-werknemers boos oor onreëlmatige ontslag

City Press beweer wit skoolseuns ‘verkrag’ swarte met dweilstok

Die antiwit koerant City Press, wat al voorheen deur die Persombudsman voor stok gekry is weens fiktiewe beriggewing oor wit-op-swart geweld, het vanoggend die land op hol oor die beweerde “verkragting” van ‘n swart landbouskoolleerling deur sy wit koshuismaats, blykbaar as deel van ‘n ontgroeningseremonie. City Press is ‘n Engelse Sondagkoerant in die Naspersstal en

Lees verder: City Press beweer wit skoolseuns ‘verkrag’ swarte met dweilstok

Eskom waarsku dat herstel tyd neem

Eskom het laat Donderdagaand sy fase drie beurtkrag beëindig, maar het gewaarsku dat dit kan tyd neem om die kragtoevoer na alle gebiede te herstel, het RSG berig. Die kragverskaffer gaan gebuk onder geweldige druk om die ligte aan te hou, met 27 van sy 87 kragopwekkers wat Donderdag nie behoorlik gefunksioneer het nie. Dit

Lees verder: Eskom waarsku dat herstel tyd neem