Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA

CNN berig dat ‘n swart man, die 32-jarige Jesse Matthew, in Texas gevang is en aangekla gaan word van moord op ‘n 18-jarige blanke studente, Hannah Graham. Die polisie van Alebmarle-distrik sal later vandag om 10:00 Amerikaanse oostelike tyd (17:00 in Suid-Afrika) ‘n perskonferensie hou om besonderhede oor die saak bekend te maak. Graham, wat

Lees verder: Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA

Woede oor Zim olifantkalwers uitvoer

Die Zimbabwiese regering gaan voort met sy omstrede planne om lewende olifante uit te voer, het RSG berig. ‘n Woordvoerder, Prince Mupazviriro sè hulle sal dit ooreenkomstig die reëls van die wèreldwye wildhandelsverdrae hanteer. Tot 80 olifantkalwers is in die Hwange Nasionale Park gevang, wat internasionaal groot woede ontlok het. Die finansieel gestremde wildtuinowerheid sê

Lees verder: Woede oor Zim olifantkalwers uitvoer

Hittegolf duur voort

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat die hittegolf oor Gauteng en Noordwes tot more kan voortduur. Die westelike dele van Noordwes, soos Vryburg, Bloemhof en Klerksdorp sal veral geraak word en in sekere gebiede sal die kwik nie tot onder 35 grade celsius daal nie. Die warm weer word veroorsaak deur hoogdrukstelsels in die hoër

Lees verder: Hittegolf duur voort

Geen beurtkrag vandag?

Volgens ‘n twiet op Eskom se Twitterblad van gisteraand 11-uur, is fase-1-beurtkrag gekanselleer omdat verbruikers glo “elektrisiteit bespaar” het. Soos praag egter gister berig het, kan verbruikers steeds beurtkrag en kragonderbrekings oor die langer termyn verwag soos wat Eskom se probleme weens ‘n jare lange gebrek aan instandhouding en goeie bestuur toeneem.

Lees verder: Geen beurtkrag vandag?

Paniek oor Eskom: binnekort dalk geen krag en water, maar wel onluste, plundery

Soos wat meer en meer nuus oor Eskom uitlek, kom dit voor asof jare se wanbestuur deur hoogs besoldigde “uitvoerende beamptes” uiteindelik hul tol begin eis. Die koerant Business Day berig vandag dat die elektrisiteitsreus Donderdag “ten minste 10 000 Mw van sy vermoë verloor het”, die ergste sedert die kragonderbrekings in 2008. Hierdie toestand

Lees verder: Paniek oor Eskom: binnekort dalk geen krag en water, maar wel onluste, plundery

Le Pen sien regdeur Amerikaanse oorlogsplanne

Die leier van Frankryk se opkomende Front National (FN), Marine Le Pen, het Brussel daarvan beskuldig dat hulle “Amerikaanse lakeie” is wat die EU-beleid in die Oekraïne betref. Sy het Washington voorts beskuldig dat hulle probeer om ‘n “oorlog in Europa” te ontketen en met NAVO uit te brei tot teenaan Rusland se grense. “Europese

Lees verder: Le Pen sien regdeur Amerikaanse oorlogsplanne

Rassehaat word deur die media aangemoedig

Rassehaat word op baie plekke aangeleer. Een daarvan is die media, wat skreiende dubbele standaarde besig. Wanneer ‘n voorval soos by die Curroskool plaasvind, waar witmense die skuldiges is, is daar ‘n geskree in die media wat dikwels weke duur. Wanneer talle blankes daagliks deur swartes aangeval, vermoor, verkrag en gemartel word, swyg die media

Lees verder: Rassehaat word deur die media aangemoedig

Beurtkrag waarskynlik met sukkelende Eskom

Die geskeduleerde instandhoudingswerk by Eenheid 1van die Koeberg Kernkragsentrale naby Kaapstad begin Maandag en sal na verwagting tot einde Mei duur. Eenheid 1 het weens ‘n onverwagse tegniese fout aan die einde van Januarie onklaar geraak. “Die stelsel sal hierdie week ook onder druk bly, dus bly die risiko vir beurtkrag hoog,” het Eskom gesê.

Lees verder: Beurtkrag waarskynlik met sukkelende Eskom

Palestynse terroris: ISIS = Apartheid

Die voormalige Palestynse terroris, Leila Khaled, het die bedrywighede van die militante groep, die Islamitiese Staat, skerp veroordeel. Sy het gesê die dade van ISIS is vergelykbaar met dié van verregse Joodse setlaars en Sioniste wat apartheid en rassisme ondersteun het. ISIS word hoofsaaklik deur Saoedi-Arabië befonds om Wahabi-Islam, ‘n fundamentalistiese Moslemvertakking, te bevorder. By

Lees verder: Palestynse terroris: ISIS = Apartheid

Afrika kry sy eerste swart heilige

Die eerste swart heilige van Afrika is nie Nelson Mandela nie, het die Sunday Times berig. Benedictus Daswa, ‘n Limpopo-skoolhoof wat gestenig, geslaan en doodgebrand is vir sy Katolieke oortuigings is, sal as die eerste swart heilige van Afrika verklaar word. “Hy het ‘n beginselvaste standpunt teen heksery ingeneem. Hy het dit openlik gedoen, selfs

Lees verder: Afrika kry sy eerste swart heilige