Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA

CNN berig dat ‘n swart man, die 32-jarige Jesse Matthew, in Texas gevang is en aangekla gaan word van moord op ‘n 18-jarige blanke studente, Hannah Graham. Die polisie van Alebmarle-distrik sal later vandag om 10:00 Amerikaanse oostelike tyd (17:00 in Suid-Afrika) ‘n perskonferensie hou om besonderhede oor die saak bekend te maak.

Jesse Matthew
Jesse Matthew

Graham, wat ‘n eerstejaartjie aan die Universiteit van Virginië was, is as vermis aangemeld. In Oktober verlede jaar is haar skedel en beendere egter gevind op ‘n plek wat ongeveer 15 kilometer van waar sy laas gesien is, gevind.

Kringtelevisie-opnames en ander getuienis het die owerheid daartoe oorreed om Matthew as verdagte wat vir haar verdwyning verantwoordelik was te eien.

Die meisie het net voor sonop vermis geraak op 13 September nadat sy laas op kringtelevisie by ‘n winkelsentrum in Charlottesville vasgevang is.

Hanna Graham, waarvan slegs die skedel en beendere gevind is
Hannah Graham, waarvan slegs die skedel en beendere gevind is

Matthew is verlede jaar op 24 September op ‘n strand in die Galveston-distrik, Texas, ongeveer 2000 kilometer van waar Graham laas gesien is, in hegtenis geneem.

Alvorens die klagtes teen hom tot moord verhoog is, is Matthew vir ontvoering met die bedoeling om te verkrag aangehou.

In ‘n ander saak staan Matthew tereg op die onsedelike aanranding van ‘n vrou in Fairfax, Virginië, in 2005. Dié verhoor sal in Maart vanjaar plaasvind. Volgens die Amerikaanse owerheid is dié dame in September 2005 van agter af gegryp en onsedelik aangerand. Haar aanvaller is egter deur ‘n voetganger afgeskrik.

Inligting wat van dié vrou verkry is, het die polisie in staat gestel om Matthew met die saak van nog ‘n vermiste meisie, Morgan Harrington, te verbind. Harrington was ‘n studente aan die Tegniese Universiteit van Virginië wat insgelyks in Oktober 2009 in Charlottesville vermis geraak en drie maande later dood aangetref is. Matthew is egter nog nie van daardie saak aangekla nie.

Speurders ondersoek sy moontlike verbintenis met ander, soortgelyke gevalle in dieselfde gebied. Dit sluit in: moorde op die Virginië-Tegniese studente Heidi Childs en David Metzler, asook die doodmaak van Cassandra Morton van Lynchburg, Virginië, in Oktober 2009.

Nog ‘n studente wat vermis word, is Samantha Anne Clarke van Orange, Virginië, waarvan Matthew insgelyks deur speurders verdink word.

 

 

6 thoughts on “Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA”

  1. “Wat n pragtige jong man”. Hy laat my onwillekeurig dink aan n liedjie wat Gé Kosten gesing het
    “Ek kyk graag so diep in jou oë
    Ek soen jou so graag op jou mond” JIG.
    Dit het ek Saterdag gesien toe n pragtige blanke nooientjie, so n “dude” in sy oë kyk en sy bakkies met haar hande streel,
    in Tygervallei sentrum. Ek dog ek skiet n korrener.

    1. ‘n Goeie geleentheid vir ‘n outydse “public shaming” of “shunning”. Moet nie weer so kans laat verbygaan nie! Wys jou afkeur op ‘n duidelike manier: trek ‘n gesig, sê “sies!” of “ugh!” kliphard, en gluur en wys vingers en skud jou kop.
      Meisies moet besef dat al het hul al die SAUK/DSTV breinspoeling gedweë opgesuig, gaan hulle uitgeworpenes onder hul eie mense word hierdeur.

Maak 'n opvolg-bydrae