Die Zimbabwiese regering gaan voort met sy omstrede planne om lewende olifante uit te voer, het RSG berig.
‘n Woordvoerder, Prince Mupazviriro sè hulle sal dit ooreenkomstig die reëls van die wèreldwye wildhandelsverdrae hanteer.
Tot 80 olifantkalwers is in die Hwange Nasionale Park gevang, wat internasionaal groot woede ontlok het.
Die finansieel gestremde wildtuinowerheid sê hy het die geld van die olifantverkope nodig om sy bedrywighede te finansier.
Omgewingsbewaarders sè dit is wreed om die olifantkalwers van die res van die trop te skei. China het na bewering van die olifante bestel.

Wat se manier sal Bob nog gebruik om geld te steel. Het hy nie al genoeg gesteel nie. Dit lyk my sy oc het duur smaak en sy spandeer meer as wat hy kan steel.