City Press beweer wit skoolseuns ‘verkrag’ swarte met dweilstok

Die antiwit koerant City Press, wat al voorheen deur die Persombudsman voor stok gekry is weens fiktiewe beriggewing oor wit-op-swart geweld, het vanoggend die land op hol oor die beweerde “verkragting” van ‘n swart landbouskoolleerling deur sy wit koshuismaats, blykbaar as deel van ‘n ontgroeningseremonie.

City Press is ‘n Engelse Sondagkoerant in die Naspersstal en het die insident met geskal aangekondig as: “Schoolboy raped in horror ‘race attack’”.

dweilDie vier leerders tussen die ouderdomme van 14 en 19 van ‘n skool in die Noord-Kaap wat vanoggend in die landdroshof op Jan Kempdorp op aanklagte van verkragting en aanranding verskyn, is sedert die beweerde voorval in die sorg van hul ouers.

‘n Klag van verkragting is intussen by die polisie aanhangig gemaak en die vier wit seuns tussen die ouderdomomme van 14 en 19 sal vanoggend in die landdroshof op Jan Kempdorp op aanklagte van verkragting en aanranding verskyn. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Mooi, gebruik egter nie die term “verkragting” in sy verklaring nie. Hy sê bloot dat “dit beweer word dat die verdagtes die slagoffer se koshuiskamer Sondagaand om 9:30 binnegekom het. As deel van ‘n ontgroeningseremonie by die skool is hy kaal uitgetrek, sy hand en voete vasgemaak en met sy gesig na onder neergelê. Na bewering is die slagoffer deur die verdagtes gemolesteer en verneder.”

Die molestering is glo met ‘n besemstok of dweilstok gepleeg. Tot dusver is dit onbekend of daar wel penetrasie plaasgevind het, maar aanraking met die besemstok of dweilstok is volgens City Press die nuwe definisie van verkragting. Die koerant sê: “Aan die einde van die video, wat City Press gesien het, word die kind duidelik verkrag.”

Was dit ‘n tandeborsel of ‘n dweil?

In ‘n ander berig oor die voorval op die webblad van IOL, beweer die slagoffer se moeder dat hy met ‘n tandeborsel verkrag is. Sy sê:

“(Terwyl hulle hom vasmaak), het die kinders rassistiese taal gebruik.

Hulle het toe ‘n dweil geneem en seep en skeerseep op hom gesmeer. Nog ‘n leerling het ‘n tandeborsel geneem en dit in sy rektum gedruk. Daar is berigte dat hulle selfs die houtstok van die dweil in sy rektum gesteek het.”

Intussen het ‘n woordvoerder van Noord-Kaapse onderwysderpartement, Sydney Stander, die gedrag van die leerlinge as verkriklik beskryf terwyl ‘n LUR dit as “onswart” (unAfrican) tipeer. Stander sê:

“Dis met leedwese en groot teleurstelling dat die NKOD van die verskriklike, onmenslike voorval by Landbouhoërskool verneem het. Ons is deur die voorval geskok. Die LUR, Cjiekella-Lecholo, het geen woorde gehad toe hy daarvan in kennis gestel is nie. Hy het gesê dié tipe gedrag is onswart, onmenslik en hoort nie in die skoolstelsel nie.”

Die voorval word ook as “rassisties” gesien. Die departementshoof van onderwys in die Noord-Kaap, Tshepo Pharasi, sê die skool  het “‘n geskiedenis van rassistiese voorvalle, en is daar al met die skool gewerk om sulke gedrag hok te slaan”.

Die skool het intussen die swart kind se skoolgeld terugbetaal. Daaroor sê die kind se moeder:

“Die skool het gesê dat my kind nie goed aanvaar sal word nie, indien hy na die skool sou terugkeer… nie dat ek hom wil terugneem nie.”