Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek

Die departement van verdediging gaan glo bewerings van fisieke asook verbale mishandeling by die weermag se infanterieskool op Oudtshoorn ondersoek, het Sapa berig.

“Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula wil dit graag duidelik stel dat geen vorm van mishandeling op militêre basisse geduld sal word nie,” het Joy Nonzukiso Peter, woordvoerder van die departement, in ‘n verklaring gesê.

Volgens Peter is daar bewerings dat rekrute by die infanterieskool aan mishandeling blootgestel word. “Minister Mapisa-Nqakula veroordeel die fisieke en sielkundige mishandeling van rekrute ten sterkste.”

Die minister het voorts gesê daar sal streng opgetree word teen oortreders in die jongste voorval.

Die militêre ombudsman, Temba Matazima, het verlede jaar ‘n ondersoek geloods ná klagtes van soldate ontvang is. Matanzima het verskeie voorstelle ingedien rakende sulke voorvalle wat sedertdien geïmplementeer is deur die SANW.

45 thoughts on “Klagtes van mishandeling by Infanterieskool ondersoek”

  1. Foeitog! Die groot prentjie is dat ‘n soldaat nie ‘n sussie moet wees nie. Hoe erger die opleiding – hoe gladder verloop ‘n skermutseling… Ons was geskop en geslaan, by tye het dit soos “hel” gevoel… – sonder dat ons ons sou waag teësit het ens. Nie uit vrees nie – omdat jy ‘n man is. Verskriklik huis te verlang ja maar, nie een van ons het klagtes ingedien nie.En ons was dienspligtiges! 😉

    1. Naand Dolk,
      nou moet jy weet hoe het ons staandemag manne “afgechop” , ai wat n lekker ou woord.
      hê hê.
      Ek het op daardie stadium ook al een kameelbyt (O/Kpl) rang gehad. Hardegat, met so n dun draaisnor.
      Ek het byna n Sersant met sy eie passtok bygekom na n ligte onderonsie op die paradegrond.
      Selfbeheersing het toe sterk “ingeskop”.

      1. Goeie more aan u. Dit bring sommer wrewel in my op… Niks persoonlik nie! 😉

        Moet nie ‘n fout maak nie – ek het die “PV”s (ook) verfoei… Wat ek GEHAAT het was die barbaarse gevloek en geskreeu… Straf “p.t.” en swaarkry kon ek met ‘n grimlag vat – daardie banale en vieslike gevloek van die offisiere nie…

          1. En dan dink mense dis “manlik” of indrukwekkend om te vloek!? Mense vloek vir verskeie redes: of hulle weet nie van beter nie – plein onopgevoed, of hulle het ‘n beperkte woordeskat en dalk ‘n swak selfbeeld, of hulle dink dis ‘n bakgat-ding om te doen – aandag te trek of, dit is die norm en almal konformeer maar… Wil nie uit voel nie. Om kru taal voor ‘n vrou te gebruik – maak nie saak wie sy is nie, is in kort laakbaar – tensy jy haar iets toesnou? (LMAA!)

            As iemand vir my sê dis oordrewe en onnodig, dan vra ek: waar trek mens die streep…?

          2. As al my kommintare geplaas was en nie verwyder nie het ons n gesonde argument gehad.

          3. Uit jou mond, sal ek dit werklik waardeer. Uit ‘n ander s’n, sal ek dit as vrekken vermetel en meerwaardige, egoïstiese reaksie beskou het. Ek wag vir jou sinvolle breinskaar Krisjan. Baie dankies.:))

          4. Krisjan,
            ek is verstom oor hierdie inligting, want wat sou dit nou wees wat so sleg of onaanvaarbaar kan wees dat dit nie geplaas kon word nie.
            Ek is nie bewus daarvan dat jy geneig is tot kru taal gebruik of beledigende aantygings nie. Ek is uiters jammer om dit te verneem.

          5. Jammer vir die ongerief. Disqus het die kommentaar gevang om een of ander onverklaarbare rede. Dis nou geplaas.

            Praagspan

      1. Hulle sal verseker weghardloop! Ek was in 8 SAI (soos ek voorheen iewers gesê het.) Ons was bloedjonk maar dank die Heer – die oorgroot meerderheid was vreesloos gedurende kontakte… Ek het gesien hoe swart vyandige magte hul gewere weggooi en rieme neerlê – wanneer ons hulle bestorm het. As jy dit doen, dan moet jy mal van vrees wees! LMAA!

        1. So van die os op die jas ons moet net passop om te veel te glo in ons eie onfeilbaarheid. Onthou net al die huidige regime se soldate is nie pateties nie. In die SAR [Battle of Bangui] het die valskerm soldate hulle uiters goed van hulle taak gekwyt en daar is letterlik n paar duisend rebelle gedood vir die amper 30 SA soldate wat dood is. Ek praat nou van bevestigde bronne.
          So daar is oor die algemmen in totale insinking maar party eenhede het n trotse tradisie wat oorgedra is uit die ou dae wat vandag nog steeds gebou word al is dit nie meer op dieselle vlak nie is dit nog daar.
          Ons was sonder twyfel n ligjaar of twee voor die huidige leer en weermag ,daaraan is geen twyfel nie maar ons moet pasop vir die skep van mites wat almal naderhand as die waarheid aanvaar.

          1. Buite konteks gesien kan jy so sê en die afleidings maak wat jy maak. Binne die konteks – soos ek dit geskryf het, gaan dit nie oor onfeilbaarheid, bravade of meerwaardigheid nie. Dis nie hoorsê nie – dit is eie ondervinding. Eer aan God vir ons oorwinning. (Dit ook daar gesê.)

            Wat is die mites waarna jy verwys asb.?

            Bygevoeg moet ek ook sê dat niemand vir my gaan oortuig dat die Afrikaan namens ons Volk in ons voetspore, op ons “vlak” en in die bresse vir ons gaan tree nie.

          2. Melkskommel jou inset-insig – sodat die feil van weleer jou nie raak feil nie… (Skuus, melodrama het haar meriete. ;))

  2. Is die infantetrie nie hoofsaaklik ingestel vir Indiërs nie?
    Hoe dit ookal sy gaan hulle agter kom as die slappies wat daar opleiding kry nie vir alles opgelei is nie gaan hulle sukkel in n oorlog situasie, oorlog het nie wette nie en die doel is om of jou lewe fisies of psigies te vernietig.

    1. Riempies,
      ek dink nie so nie. Dit is n leër opleidings eenheid vir ALMAL wat infanterie korps opleiding wil meemaak. Met ander woorde, voetsoldate. Ek noem dit maar nie menende dat jy dit nie weet nie.
      By so n “skool” , artillerie of genie of sein, word die leiers korps opleiding gegee vir
      Aspirant offisiere en onder offisiere.

      1. Dankie vir die reghelp Andy – hoe dit ookal sy die punt bly
        dat soldate (offisiere) almal geestelik en fisies en strategies disipliner weerbaar
        moet wees ander is hulle lewe niks werd as soldaat nie en stel die hele peleton
        se lewens in gevaar. Maar ons ken mos die swartes hulle kan nie individueel
        optree nie hulle kan net funksioneer is groepe met een aanstigter en wat oor
        geen self disipline beskik nie en die agter hom wat blindelings volg. Dit moet
        voorwaar n baie dapper opleier wees wat glo hy kan hulle disiplineer en van
        hulle konvensionele soldate maak. Guerilla soldate – ja.

    2. Infanterie is die ruggraat van die weermag. Terloops… Die probleem wat ons “ou” S.A. weermag “keuringsbeleid” gehad het, was om jong mans voor die voet op te lei as infanterie soldate (Dis nou wanneer “jy” opgeroep was vir diensplig na so basis.) Ek het self gesien hoe vors geboude jong mans opvries van vrees gedurende ‘n skermutseling; selfmoord gepleeg het of van hul kop af geraak het… Hulle moes eerder kokke ens. geword het. Dit is die “banges” wat veroorsaak dat daar onnodige sterftes is…

    3. Die Indiers het meesal in die vloot beland sover ek kan onthou . In die Leer was hulle meesal in die ondersteunings korpse . In die ou dae het net een Indier in die bestaan van Spesmagte ooit n operateur geword. Hulle is nie noodwendig gebou vir die kneukel loper/graspol in die h@l tipe bedrywe nie.

  3. Foeitog ja. Waar was hierdie arme bloedjies in die jare 1963 tot 1966/67.
    Mmmmmm net n fonkel in sy pa en ma se oog miskien of dalk nog nie eens nie.
    Jy moes in daardie jare n instrukteurs kurses meeloop boetie, jy het so bietjies , bietjies geskuit, met permissie gesê.
    Ag nee wat, vandag is dit n kindertuinklas.
    Wat betref die ministerie van verdediging, is dit n groter klug.
    Hulle blaas groot borrels in die media oor wat hulle gaan doen, en dit is die einde daarvan. Geen haan kraai ooit weer daarna nie, en almal vergeet tog so maklik en vinnig.
    Alles net n rookskerm. Ek vertrou en glo niks van hulle sodanige stories nie. Ek was self n oud weermag offisier en weet, as die bevelvoerder sy sout werd is sal sulke ongerymdhede nie plaasvind in sy eenheid nie. KLAAR.

    1. Andy,
      Daar is van bo tot onder met min uitsonderings [ ek sou se sowat 20 oud SAW SOLDATE] niks meer oor in die Leer nie.
      Hierdie bloedjies sou almal in n gestig beland het as hulle die ou Deel I/II of Junior Leiers kursusse moes meemaak. Die korporaal het nie aldag belang gestel in jou pyne en spyskaart voorkeure nie en die Luitenant was nie veel beter nie,pas was min en hardloop was aan die orde van die dag , veral ver hardloop.
      Een “bosbus” op die ou Infanterieskool sou beteken 80% van die huidige “leiers” wat daar opgelei word sou handdoek ingooi.En dit sonder teerpale wat jy net buite die noord-hek kon kry sonder dat jy n sent aan “paalhuur” ens hoef af te staan nie.
      ….dalk maar beter so.

      1. Aha, Krisjan,
        hier kom nou n ding deur.
        Klink hierdie name vir jou bekend; P.W. van Heerden, Jack Pearce, Lang Faan Forster, Jorrie Jordaan.
        Mmmmm lekker man lekker.
        Toe was opleiding nog opleiding. Genugtig om pas te kry oor n naweek was iets ongeloofliks lekker.
        Wie onthou nog die stories van Maggie tenbob, en sy het n maaitlie gehad ek kan haar naam nie onthou nie.
        Genugtig ek het nou nog n “sloppy Joe” trui wat ek daar gtekoop het in 1966.
        Pas hom op soos goud. Nostalgie ai.

          1. Ja-nee nou weet ek dat jy kennis van hulle dra.
            JCJ was ongenaakbaar. Hy was baie omgekrap toe ek die weermag verlaat in 1966. Hy het dit onomwonde gestel dat die Inf. skool n goeie instrukteur verloor. Komende van hom sê dit nogal iets.
            ‘n Feer in my hoed!

  4. Miskien het die korporaal hulle die paradegrond laat natdra of miskien was die sersant sarkasties tydens inspeksie en het die troep geforseer om ‘n sluitorde-mars aan sy tandeborsel te gee. Miskien was daar weer ‘n stukkie aartappelskil in die kapokaartappel of ‘n beentjie in die landmynhoender of miskien was die kanonghries vir brekfis ‘n bietjie droog. Miskien moes die troepe aanvalsbaan toe met staaldak, webbing en geweer. Sjym, die arme goed.

    Dit is soos Josephus se opmerking oor die Romeinse legioen: Hul drils is bloedlose oorlog en hul oorlog is bloedige drils. Weermagopleiding, veral juniorleiersopleiding, is “taf” en nie vir sussies nie. Dit is ‘n seleksieproses om van die ongeskiktes en die moangatte ontslae te raak. Ek haal ook graag die ander sêding aan: Oefen hard en veg maklik.

      1. Ek gesels Sondag met ‘n Malawiër wat my vertel dat Dr Banda sy land op die spoor gehou het met towerkrag teen die Britse besetters. Hy lag te lekker oor die SA soldate wat afgemaai is in die Sentraal-Afrika Republiek omdat die Zulus sulke slegte mense is.

  5. Ek ken (voor die handliggend) nie jou posisie, agtergrond en betrokkenheid met die weermag nie. As ‘n (gewese) voetsoldaat kan ek vir jou sê dat ons baie dae deur hel gegaan het… Ons was bereid om ons lewe vir ons volk af te lê – en baie het… Ek wens dat ek daardie “leiers” in die weermag kan aanvat wat fw de klerk gehelp het om ons in hierdie vervloekte gemors te dompel! Dat ons op die rand van ‘n burger oorlog gestaan – waar “ons” uitgemoor sou word, was loutere onsin. In kort: mens sou sweer ons was sonder ‘n weermag, polisie en kommando’s.

    As jy my skrywe oor my eie ondervinding in infanterie lees, sal jy wel sien dat ek nie “ons” “verheerlik” nie – dis waarom ek die SAW se keuringsbeleid – gedurende “vredestyd” kritiseer – dat hulle mans voor die voet gebruik het as voetsoldate. Gedurende skermutselings het ek gesien hoe brekers sissies word en hou bleeksiele alle verwagtinge oortref.

    Oor 32bn. ens… Wil jy vir my sê dat hulle dienspligtige SUID Afrikane was?

    My jonger broer was ‘n PTI recce en het saam met 32bn opse gedoen – self het ons 8SAI by Omega met 32bn ‘n ops. gedoen…

    Krisjan, ek gaan nie vir jou vertel waar my weersin vir die Afrikaan sy oorsprong het nie, want dit is nie van toepassing nie. (Ek dink ek’s so gebore – my ouers kon daarvoor getuig…) Ek egter het nêrens die Suid Wes Afrikaanse (Angolees en Boesman spoorsnyers) bydraes ontken nie.

    My standpunt oor die plaaslike Afrikane en hul soollekkers is: indien ek nie iets slegs van hulle kan sê nie, bly ek stil. En ek sê dit sonder ‘n enkele greintjie meerwaardigheid.

Maak 'n opvolg-bydrae