praag.co.za

China bekyk GMO-beheer

Written by

in

,

’n Chinese amptenaar het gister gesê dié land gaan te midde van toenemende kommer oor veiligheid sy navorsing, beheer en bewusmaking oor die genetiese modifikasie van organismes (GMO) verbeter.

“GM-tegnologie is baie belowend en daarom moet ons die voortou met navorsing neem aangesien China oor beperkte landbouhulpbronne beskik,” het die adjunkhoof van die mees gevorderde navorsingsgroep op die gebied van landbou, Han Jun, gesê.

Volgens Han is dit te danke aan hierdie groep uitstekende wetenskaplikes dat China op die gebied van navorsing oor genetiese manipulering van rys en mielies die voortou kon neem.

“Ons GMO-mark sal nie deur buitelandse produkte versadig word nie,” het hy gedurende ’n mediakonferensie gesê.

Bron: Xinhua

Comments

13 responses to “China bekyk GMO-beheer”

  1. Witbeer Avatar
    Witbeer

    verban monsanto

    1. jan Avatar
      jan

      Ek Google toe gou Monsanto – haatlike lot bio-ingenieurs wat niks voel vir gesond nie.

      Maar hulle is nog nie naastenby vergelykbaar nie met die grootste oorsaak van voorkombare siektes naamlik Tabak. Tabak is ook die mees verslawende van almal. Meer as 31 soorte siektes waarvan die helfte ongeneesbaar is. – permanente skade aan gebruiker en passiewe rokers…
      Die grootste besoedelaar van alle tyde.
      Maar dit lyk of Monsanto ‘n kompetisie aan het met Tabak.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die mens is te slim vir homself. – ek lees elders dat dit nou wettig word om van jou kind se genetika in engeland te laat verander voordat die kind nou gebore word (Gebeur tydens die embriofase – 3 ouers word toegelaat). Ek wonder wat gaan uit die goed gebore word.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Verdwaasde siele in die verkeerde liggaam…

  3. jan Avatar
    jan

    Die Chinese is glo voor met biologiese ingeneurswese deur gistingsprosesse. [Wat Noag ontdek het] Genetiese modifikasies het ook die skuld gekry vir die ontstaan van die MIVirus.
    Hierdie wetenskap is ontsaglk gevaarlik en het absoluut alles te doen met biologiese oorlogswapens van massavernietiging. Die werk wat Dr Basson gedoen het

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Ag, jan – jy en jou ongekwalifiseerde stellings! Waar in die Bybel lees jy dat Noag biologiese ingeneurswese ontdek het?

      1. jan Avatar
        jan

        Alkohol is die produk van ‘n gistingsproses. En suurdeeg ook – koolsuurgas in brood.

        Noag het genetiese materiaal vir een jaar gestoor – watter ontsaglike wetenskaplike implikasies is dit nie..
        Wie anders het dit voor Noag reggekry?
        Vertel ons daarvan Rifrug

        1. Rifrug Avatar
          Rifrug

          Tipies!

          jan, jy verander die onderwerp … en probeer die bewyslas op my afskuif.

          “Alkohol is die produk van ‘n gistingsproses” – daar sal ek jou gelyk gee … maar dit is ‘n natuurlike proses! GEEN ingeneurswese is daarby betrokke nie!

          1. Rifrug Avatar
            Rifrug

            Dis ‘grammatika’ … http://af.wikipedia.org/wiki/Grammatika
            Sien? – dit is die nut van ‘n skakel – deur net op dit te kliek – maak dit dadelik duidelik dat ek REG is.

            Jy het dié plan van jou ook al telkemale met my probeer – plaas skakels met BAIE inligting maar niks daarin ondersteun jou siening nie! Onthou ek het nie met jou verskil dat Noag moontlik die eerste wyn gemaak nie.

            Waarmee ek steeds met jou verskil, is jou stelling dat Noag biologiese ingeneurswese ontdek het! Om jou verder ‘n bietjie reg te help – die berig gaan oor Genetiese Ingenieurswese/Genetiese modifikasie (GM) – iets wat Noag hom geensins mee sou besig gehou het nie – omdat hy geweet het dit is iets wat God HAAT! Google gerus “god hates gmo” … daar is meer as 400 000 skakels. Lekker lees ( ‘n bietjie van jou eie medisyne )

            Ek sê weer:
            “Alkohol is die produk van ‘n gistingsproses” – daar sal ek jou gelyk
            gee … maar dit is ‘n natuurlike proses! GEEN ingeneurswese is daarby
            betrokke nie!

            Oor en uit.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Duidelik het hy hom vergis. Daaroor gis ek nie vir een oomblik nie.

            Onderskeidingsvermoë is soos olie en water – party verwar dit met soet en suur…

          3. Ut Servirent Avatar
            Ut Servirent

            Die feit van die saak is dat genetiese manipulasie n gevolg
            is van die soeke van die mense om meer te weet en grense te toets en sonder dieeerste tree kon daar nie n tweede tree gewees het nie. Genetiese manipulasie is nie noodwendig alles uit die bose nie soos jy beweer dat God GM “haat” nie. Dit is gewoon net nie waar nie, trouens dit is juis in lyn met die Goddelike opdrag om verantwoordelik te heers oor Sy Skepping.

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Jan, genetika en eenvoudige Chemiese reaksies is ligjare verwyder van mekaar. Helaas, net omdat jy gesuip raak, beteken dit nie dat jou nageslag daarom ‘n Afrikaan gaan raak nie. (Slegs as stof tot nadenke…)

Leave a Reply