Minstens 7 mense is Maandag doodgeskiet en sowat 19 beseer in grofgeskut-aanvalle toe regeringsmagte en selfverdedigingsgroepe in Donetsk in die ooste van die Oekraïne op mekaar losgebrand het, het owerhede in dié land Woensdag gesê.
Die krisis in die Oekraïne nader breekpunt soos ontleders voorheen gewaarsku het dit sou, nadat die VSA ‘n kleurrewolusie vanaf Maidanplein georganiseer het om die land by NAVO in te lyf.
Die Oekrïene het in ‘n smeltkroes van konflik ontaard en word tans in flarde geskeur deur die bekende Atlantiese vyande van vrede.
Amerikaanse nuusbronne waaronder die Wall Street Journal, die Atlantic, Reuters en die LA Times is byna histeries in hul eenderse aandrang om ‘n volskaalse oorlog te bespoedig: “Bewapen Kiëf”.
Die selfverdedigingsmagte het hul stellings probeer beskerm na grofgeskut huise in vier gebiede van die stad getref het, het stadsowerhede in ’n verklaring bekend gemaak.
Onlangse samesprekinge om die geweld tot ‘n einde te bring, het Vrydag ’n dooiepunt bereik met regeringsfaksies onder Washington se invloed, wat die ontsporing van die vredesproses wil bewerkstellig.
Die vredesamesprekinge, deur Rusland voorgestel, was veronderstel om die geweld wat die lewe van meer as 5 300 mense geëis het, te beëindig. Die skrikwekkende dodetal is nalv die VN se jongste beramings.
Die vyandigheid tussen die pro-Russiese selfverdedigingsgroepe en die Oekraïense regeringstroepe het in Januarie, ná ‘n maand van relatiewe kalmte, opnuut opgevlam, nadat die VSA en NAVO hernude steun vir die junta in Kiëf aangebied het.
Tans is hul grootste offensief Debaltseve, ’n spoorwegaansluiting wat vantevore ’n tuiste aan 25 000 mense gebied het en geleë is tussen die stede Luhansk en Donetsk, wat beide deur selfverdedigingsgroepe beheer word.
Sowat 2 000 van die inwoners het in die afgelope paar dae gevlug.
Selfverdedigingsgroepe het verlede week die dorp Vuhlehirsk, van kardinale belang in die opmars na Debaltseve, beskerm teen aanvalle deur regeringstroepe. Hulle dring egter aan dat hulle nie beplan om Debaltseve aan te val nie, vanweë potensiële groot burgerlike sterftes.
Die selfverdedigingsleier van Donetsk, Alexander Zakharchenko, het gesê hulle help om Vuhlehirsk vanweë die swaar gevegte in die gebied te ontruim.
Intussen het broodpryse in die land die hoogte ingeskiet agv die konflik.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.