Die Griekse premier, Alexis Tsipras het bedank en het aangekondig dat ‘n blitsverkiesing op die 20ste van aanstaande maand gehou sal word. Sy bedanking volg kort nadat die land die eerste betaling van 13 miljard Euro van die Eurogebied ontvang het, maar daar heers onenigheid in sy party weens ‘n nuwe ekonomiese reddingsboei wat met
Soldaat beseer tydens leërgevegskooloefening
Operasie Young Eagle by die leërgevegskool op Lohatlha in die Noord-Kaap, het skeefgeloop toe ‘n soldaat beseer is. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is besig om sy paraatheid tydens die operasie te toets vir enige gebeurlikheid vir wanneer hulle in Afrika ontplooi word. Sowat 1 600 soldate neem aan die oefening deel. ‘n Katroltou wat soldate
Twis tussen Rusland en SA oor visums
‘n Diplomatieke onderonsie dreig tussen Suid-Afrika en Rusland oor visums. ‘n Besluit deur Moskou om nie visum-vereistes vir Suid-Afrikaners te verslap nie, het glo gelei tot die verskil. Suid-Afrikaanse sakelui is ontevrede dat Suid-Afrika nie ingesluit word by BRICS-lande nie, aangesien visum-vereistes vir alle lede van die BRICS-lande intussen verslap is. Volgens Rusland moet Suid-Afrikaners
Vier wat Potch-boer vermoor het, steeds soek
Niemand is nog weens die moord op ‘n beesboer van Potchefstroom in hegtenis geneem nie. Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê vier swart aanvallers, wat ‘n blou Subaru sonder ‘n registrasienommer gery het, word gesoek. Die aanvaller het die 68-jarige Koos van der Leeuw Dinsdagoggend by die Potchefstroom Abbatoir in ‘n gewapende rooftog geskiet. Hy
Suid-Soedan verwerp vredesooreenkoms
Suid-Soedan se regering het Dinsdag ’n vredesvoorstel veroordeel, het AFP berig. Die regering is onder toenemende diplomatieke druk om die ooreenkoms te sluit nadat rebelle toegestem het om dit te doen en sodoende die burgeroorlog te beëindig. “Ons is van mening dat hierdie dokument nie die mense van Suid-Soedan sal red nie,” het die minister
EU vrees tweede ‘Somalië’ in Libië
Verskeie Europese lande en Amerika het Maandag ’n gesamentlike verklaring onderteken waarin die “barbaarse” dade veroordeel word wat deur die Islamitiese Staat-groep (ISIS) in Libië uitgevoer word. Italië se minister van buitelandse sake, Paolo Gentiloni, sê indien vredesamesprekings nie daarin slaag om ’n einde aan die burgeroorlog in die land te maak nie, “sal ons
Sierra Leone hoop Ebola is verby
Vyf maande ná die laaste Ebola-sterfte, het Musa Kamara na sy tuisdorp gereis om die einde van Ramadaan te vier. Sy skielike dood het egter die nuus laat versprei dat die dodelike virus nog nie die nekslag toegedien is in sy land nie. Amptenare het onmiddellik ‘n kordon by die nedersetting met sy nagenoeg 600
Bangkok-bommer is ‘uitlander’
Die man waarna Thailand se owerhede nou soek, is opgemerk op kringtelevisie-beeldmateriaal naby die Hindoe Erawan-tempel waar die bom ontplof het. ‘n Polisiewoorvoerder, het aan AP gesê die man is nie slegs die verdagte nie, hy is die bomplanter. Daar word vermoed dat die verdagte van Oeigoer-oorsprong is, maar premier Prayut Chan-o-cha het Woensdag die
Oscar bly sit
Die minister van justisie het aangekondig dat Oscar Pistorius nie Vrydag op parool vrygelaat gaan word, soos verwag is nie. Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, het die besluit om Oscar Pistorius onder korrektiewe toesig te plaas, opgeskort en na die Korrektiewe Toesig en Paroolhersieningsraad verwys. Dit volg na die Minister Maandag
Twee leerlinge van Witbank-skool aangerand
Twee leerlinge van ’n plaaslike skool in Witbank is in hegtenis geneem na ’n aanval op wit medeleerlinge. Die twee leerlinge is Vrydag 14 Augustus gearresteer en het Maandag 17 Augustus in Witbank Landdroshof verskyn op klagtes van aanranding en roof. Die name van die seuns word intussen weerhou omdat hulle minderjarig is. Dié aanranding
