Al-Kaïda gebruik Trump vir werwing

Al-Kaïda se Oos-Afrika-filiaal het ‘n werwingsvideo uitgereik wat swart Amerikaners en Moslems teiken en ‘n videogreep van die presidentskandidaat Donald Trump insluit waar hy sê Moslems moet verbied word om Amerika binne te gaan. Die 51-minute lange video deur die Somaliese al-Sjabaab militante groep stel Amerika voor as ‘n land met geïnstitusionaliseerde rassise teen swartmense

Lees verder: Al-Kaïda gebruik Trump vir werwing

Swak matriek-uitslae vandag bekend

Swak matriekuitslae sal na verwagting Dinsdag bekend wees. Die gehalteversekeringsliggaam Umalusi het vroeër bekend gemaak dat die 2015-matrikulante swakker gevaar het as die vorige jaar. Matrieks wat nie deurgekom het nie, kwalifiseer vir aanvullende eksamens of ‘n hermerk vir die vakke waarin hulle gedink het hulle beter in sou vaar. Die slaagsyfer is voorheen kunsmatig

Lees verder: Swak matriek-uitslae vandag bekend

Mielieprys styg verder

Suid-Afrika se mielieprys het Maandag sy rekord opwaartse kurwe in 2016 voortgesit. Te midde van toenemende kommer oor die droogte en die swak rand, raak die druk op voedselvoorsiening al hoe groter. Die Maart-kontrak vir witmielies, swart landelike inwoners se stapelvoedsel, was 2,6 persent duurder op ‘n rekordprys van R4781.00 per ton. Dieselfde termynkontrak vir

Lees verder: Mielieprys styg verder

Senekal: Lokasiebewoners drink riool weens waternood

Terwyl dele van die land toenemend onder waterbeperkings gebuk gaan met die droogtekrisis wat vererger, het die gemeenskap van Senekal in die Vrystaat reeds vir weke al geen watertoevoer nie. Die situasie het so drasties geraak, dat verslae van lokasiebewoners wat rou rioolwater drink na vore gekom het. Die uitwerking van die droogte het selfs

Lees verder: Senekal: Lokasiebewoners drink riool weens waternood

Standard Bank skors voorste ekonoom oor ‘rassistiese ondertone’

Standard Bank het Maandag een van sy voorste ekonome, Chris Hart, geskors na ‘n omstrede twiet oor die land se swart regering. “Standard Bank het mnr Chris Hart geskors hangende ‘n ondersoek na die gebeure rakende sy kommentaar op Twitter op Sondag 3 Januarie. Die ondersoek sal gedoen word in ooreenstemming met gevestigde prosedures van

Lees verder: Standard Bank skors voorste ekonoom oor ‘rassistiese ondertone’

GERD: Waterpolitiek raak warm

Soedan, Egipte en Ethiopië het ‘n ooreenkoms bereik oor die bou van die omstrede “Grand Ethiopian Renaissance Dam” (GERD). Die projek het betrekkinge tussen Kaïro en Addis Abeba versuur, het AP berig. Afvaardigings van Egipte, Ethiopië en Soedan het die byeenkoms bygewoon in Kartoem waar die ooreenkoms onderteken is. Die ooreenkoms bevat ‘n “verklaring van

Lees verder: GERD: Waterpolitiek raak warm

Liberale politikus glo EU moet grense sluit

Voormalig VVD-voorman Frits Bolkestein vindt dat de Europese Unie (EU) de Europese buitengrens moet afsluiten. Bolkestein denkt dat EU-landen de enorme aantallen migranten niet aankunnen. De liberaal betoogt zaterdag in een opiniestuk in NRC Handelsblad dat de EU Afrikanen moet verhinderen de oversteek naar Europa te maken. ‘Komt dit alles neer op ”Fort Europa”? Zeker,

Lees verder: Liberale politikus glo EU moet grense sluit

Protes oor uitgewers wat verdwyn

Hongkong se pro-demokrasie wetgewers het gesê hulle eis antwoorde van die regering nadat ’n vyfde personeellid van ’n uitgewer, wat spesialiseer in boeke wat krities is oor China se leierskap, verdwyn het. Die wetgewer, Albert Ho, sê die stad is “geskok en in afgryse” oor die verdwyning van Lee Bo. Soos vier ander mense wat

Lees verder: Protes oor uitgewers wat verdwyn

Saoedi-Arabië onder skoot na massa-teregstelling

Iranse betogers het die ambassade van Saoedi-Arabië in Teheran bestorm nadat ’n Sjiïtiese kerklike, Nimr al-Nimr, Saterdag in Saoedi-Arabië tereggestel is. Die betogers het daarin geslaag om die ambassadekompleks te betree en brande gestig voordat hulle deur die polisie verjaag is. Kort daarna het Iran se ministerie van buitelandse sake ’n verklaring uitgereik waarin vir

Lees verder: Saoedi-Arabië onder skoot na massa-teregstelling

#pennysparrow: MGK’s slaan vroeg toe met rasherrie oor swart strande

MGK’s (maatskaplikegeregtigheidskrygers) het gisteraand op Twitter toegeslaan met die eerste rasherrie van die jaar, rondom kommentaar deur ‘n Natalse eiendomsagent, Penny Sparrow, oor Durban se strande wat deur swartes oorgeneem en met vullis bestrooi is. Sy het die kommentaar op haar Facebookblad gelewer, waarvan ‘n skermskoot viraal op Twitter versprei het. In haar Facebookplasing noem

Lees verder: #pennysparrow: MGK’s slaan vroeg toe met rasherrie oor swart strande