VN-gesprekke oor outonome wapens misluk ná Russiese teenkanting

Internasionale onderhandelinge oor die regulering van outonome wapens het in Genève vasgeval nadat Rusland ‘n voorgestelde mandaat vir ‘n bindende verdrag teengestaan het. Meer as 100 lande steun nuwe reëls vir KI-gedrewe wapens.

Lees verder: VN-gesprekke oor outonome wapens misluk ná Russiese teenkanting

Bokke se bomme ontplof in hul eie gesigte: Het Rassie se rugbyresep verouder?

Die Springbokke is ondanks twee agtereenvolgende nederlae in die eindstryd van die Nasieskampioenskap. Maar die vertoning teen Ierland wek ernstige vrae oor die span se taktiek, sy losskakel en die invloed van Rassie Erasmus.

Lees verder: Bokke se bomme ontplof in hul eie gesigte: Het Rassie se rugbyresep verouder?

Skeidsregter onder die vergrootglas terwyl Bokke na Dublin-sege mik

Die Springbokke mik na ’n belangrike sege in Dublin, waar skeidsregter Christophe Ridley en TMO Ian Tempest besondere aandag sal geniet ná Rassie Erasmus se skorsing.

Lees verder: Skeidsregter onder die vergrootglas terwyl Bokke na Dublin-sege mik

Ramaphosa se verganklike swartkapitaalryk

In ‘n indringende politieke opstel ondersoek Johann Theron hoe Cyril Ramaphosa se strewe na ‘n nuwe swart kapitalistiese elite dreig om die magsnetwerke van die Stellenbosse mafia na te boots. Hy bevraagteken die groot Silikonvallei-afvaardiging, ontleed die ANC se opvolgpolitiek en voer aan dat Suid-Afrika se werklike ekonomiese krisis nie ‘n gebrek aan kapitaal is nie, maar ‘n gebrek aan staatsvermoë en verantwoordbaarheid.

Lees verder: Ramaphosa se verganklike swartkapitaalryk

’n Week van kuberaanvalle

Van die Europese Kommissie tot Japan se Fugaku-superrekenaar en Amerikaanse banke en watervoorsieningstelsels: ’n reeks kuberaanvalle en tegniese ontwrigtings plaas die veiligheid van kritieke infrastruktuur onder die vergrootglas. Die opvallende teenwoordigheid van Israeliese tegnologieverskaffers in verskeie van hierdie stelsels laat vrae ontstaan oor toegang op afstand, onafhanklike veiligheidsoudits en aanspreeklikheid. Wie hou werklik die sleutels tot die wêreld se digitale infrastruktuur?

Lees verder: ’n Week van kuberaanvalle

Gauteng se miljardeskuld laat hospitaalpasiënte sonder medisyne

Gauteng se gesondheidsdepartement skuld verskaffers R3,6 miljard. Nuwe berigte oor medisyne- en voorraadtekorte wek kommer oor die behandeling van pasiënte by openbare hospitale en klinieke.

Lees verder: Gauteng se miljardeskuld laat hospitaalpasiënte sonder medisyne

Harmer se ses paaltjies besorg Proteas klinkende sege oor Bangladesj

Simon Harmer se ses paaltjies vir 51 lopies het die Proteas gehelp om Bangladesj op die Wanderers met nege paaltjies te verslaan. Suid-Afrika loop nou 1–0 voor in die toetsreeks, maar kaptein Temba Bavuma is beseer.

Lees verder: Harmer se ses paaltjies besorg Proteas klinkende sege oor Bangladesj

Vyf kremetartbome gered ná beweerde onwettige uitvoerpoging

Vyf beskermde kremetartbome, na raming 200 tot 300 jaar oud, is ná ‘n beweerde onwettige uitvoerpoging na Georgië gered. ‘n Strafsaak is aanhangig en natuurbewaarders probeer nou die bome in Timbavati hervestig.

Lees verder: Vyf kremetartbome gered ná beweerde onwettige uitvoerpoging