NVG ontken ondersoek na beeldmateriaal van dossiere in asblik

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat die hoofaanklaer in KwaZulu-Natal, Moipone Noko, die dossiere in ‘n multi-miljoenrand belastingsbedrogsaak laat verdwyn het. In nog ‘n kinkel in die mislukte verhoor teen die Durbanse tenderpreneur Mpisane, kan die provinsie se hoofaanklaer krimineel vervolg word as inkriminerende beeldmateriaal oor die verdwyning van die dossiere geverifieer word. Die

Lees verder: NVG ontken ondersoek na beeldmateriaal van dossiere in asblik

Sassa na Grondwethof oor uitkerings aan 5 miljoen mense

Die maatskaplike agentskap Sassa wat gemoeid is met die uitkering van staatstoelaes, sê die tenderproses vir die toewysing van uitkerings sal nie oorgedoen kan word nie. Die Grondwethof het laat verlede jaar bevind dat die tenderproses ongeldig was. Sassa sal betoë aan die Grondwethof rig om ‘n oplossing te vind sodat die betaling van die

Lees verder: Sassa na Grondwethof oor uitkerings aan 5 miljoen mense

Polisie op Kaapse Vlakte ontplooi

Die polisie is in Kaapstad ontplooi by Brown’s Farm in Phillipi op die Kaapse Vlakte waar ‘n groep oproeriges Dinsdagoggend paaie versper het. ‘n Woordvoerder van die polisie sê die oproeriges het die kruising by Varkensvlei- en Weltrevredeweg met rommel en brandende motorbande afgesper. Volgens die polisie word verkeersvloei tans nog nie geraak nie. Die

Lees verder: Polisie op Kaapse Vlakte ontplooi

Zuma, Kubane na Brazzaville om ‘Cuito-oorwinning’ te vier

President Jacob Zuma sal Dinsdag vieringe in die Kongo-Brazzaville bywoon vir die 25ste herdenking van die Brazzaville-vredesverdrag wat die burgeroorlog in Angola beëindig het. Verteenwoordigers van die regerings van Angola, Kuba en Suid-Afrika het die vredesakkoord op 13 Desember 1988 in Brazzaville, Kongo onderteken. Na die slag van Lomba waar die Russe en Kubane ‘n finale

Lees verder: Zuma, Kubane na Brazzaville om ‘Cuito-oorwinning’ te vier

Kaapstad: Lyk van twaalfjarige in bed gevind

ʼn Man van Kaapstad word ondervra nadat ʼn minderjarige meisie dood aangetref is op sy bed. “Die polisie is Saterdagaand na Delft ontbied nadat inwoners die 26-jarige man aangerand het, het ‘n woordvoerder van die polisie gesê. Die man is op die toneel behandel en later na ʼn hospitaal geneem. Die polisie is daarna na

Lees verder: Kaapstad: Lyk van twaalfjarige in bed gevind

Prostituut vrygespreek na moord op Amerikaner

‘n Werknemer van die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg wat met ‘n mes in sy bors by sy huis se oprit gevind is, het vir die dienste van ‘n prosituut betaal wat glo nie na sy wense was nie. Die vrou wat tereggestaan het op die moord van die Amerikaner is in die Palm Ridge-landdroshof vrygespreek.

Lees verder: Prostituut vrygespreek na moord op Amerikaner

Vyf swart aanvallers skiet man, martel vrou by Centurion

‘n Egpaar wat in Mnandi buite Centurion op hul hoewe aangeval is, het in die vroeë oggendure van skote wakker geword. Die vyf swart aanvallers het Rina de Villiers (70) se 73-jarige man Henk in die hart geskiet en haar vir dood agtergelaat nadat hulle haar geslaan, gemartel en deur ‘n venster gestamp het. Hulle het

Lees verder: Vyf swart aanvallers skiet man, martel vrou by Centurion

Klipgooiers by Zeerust voor

Twee-en-twintig mense wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met openbare geweld, sal vandag in die Zeerust Landdroshof in Noordwes om borgtog aansoek doen. Sowat 300 gemeenskapslede van Kruisrivier naby Zeerust het klippe gegooi na die huis van ‘n plaaslike sakeman, en die gebou aan die brand gesteek. Hulle beskuldig Tshepo Kraai daarvan

Lees verder: Klipgooiers by Zeerust voor

Finale sekwestrasiebevel teen dwelmbaas Agliotti verwag

Die veroordeelde dwelmhandelaar, Glen Agliotti se voorlopige sekwestrasie sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Pretoria ‘n finale bevel gemaak word. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het in November verlede jaar ‘n voorlopige bevel vir sekwestrasie bekom, het RSG berig. Volgens hofdokumente skuld Agliotti SAID/SARS meer as 38 miljoen rand, sowel as rente van meer as

Lees verder: Finale sekwestrasiebevel teen dwelmbaas Agliotti verwag