Die polisie is in Kaapstad ontplooi by Brown’s Farm in Phillipi op die Kaapse Vlakte waar ‘n groep oproeriges Dinsdagoggend paaie versper het.
‘n Woordvoerder van die polisie sê die oproeriges het die kruising by Varkensvlei- en Weltrevredeweg met rommel en brandende motorbande afgesper.
Volgens die polisie word verkeersvloei tans nog nie geraak nie.
Die gedeelte van die nabygeleë Vanguard-rylaan is weer heropen nadat dit Maandag versper is deur ontevrede inwoners.
Inligting dui daarop dat Brown’s Farm in Philippi verlede jaar in November deur optogorganiseerders geteiken is wat ook die mobilisering van mense van Khayelitsha, Dunoon en Wallacedene insluit.
Inwoners van plakkerskampe is opgevorder om in Kaapstad te gaan betoog en aangemoedig om te gaan plunder tydens die beplanningsvergaderings wat plaasgevind het.
Organiseerders het voorgestel dat kos en Kersgeskenke “maklik beskikbaar in die middestad sal wees” vir die betogers.

‘ Maklik beskikbaar sal wees ‘ beteken net een ding – STEEL.
Deur wie word hierdie buitebande aangery, of is dit deel van die diefstal-proses? Wie is verantwoordelik vir die opruiming na hierdie barbaarsheid? ‘n Swarte kan mos nie soos ‘n opgevoede mens hul misnoeë uitspreek nie, alles moet altyd met geweld gepaardgaan. Dan is daar nog mense wat die goed jammer kry. Onthou die Wet van Transvaal.