ʼn Tweede swart verdagte is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Micky Hampson (68).
Jabulani Ngobese (28) is ook skuldig bevind aan poging tot moord op Hampson se seun, Murray (34).
Ngobese het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.
Sy medebeskuldigde Siboniso Mtolo (25) is vroeër die maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het.
Hampson, van die plaas Eston naby Illovo in KwaZulu-Natal, en sy seun is op 27 September 2013 deur twee verdagtes aangeval terwyl hulle in Hampson se bakkie gery het. Hampson is geskiet en is op slag dood.
Die swart aanvallers het Hampson glo met sy eie haelgeweer doodgeskiet voordat hulle daarmee gevlug het.

